Laeveld Agrochem (LAC) ondersteun die produsent van begin tot einde. LAC bied ‘n wye verskeidenheid chemiese en biologiese geïntegreerde plaagbestryding- en oesbeskermingsoplossings, wat deur plantvoeding ondersteun en deur tegnologie gerugsteun word. Dít alles, gekombineer met ‘n langtermynvennootskap, verseker ‘n suksesvolle oes vir die produsent.
LAC bied holistiese en innoverende oplossings vir die landbousektor.
Ons is verbind tot langtermyn vennootskappe soos in ons slagspreuk beskryf:
Saam boer ons vooruit.
’n Familie-onderneming wat in 1991 begin is
Die maatskappy is in 1991 deur Nick Liebenberg en Corné Liebenberg gestig, en vier vanjaar 30 jaar in die landboubedryf. LAC het, ondanks ’n nederige begin as ’n familie-onderneming, sedert sy ontstaan aaneenlopende groei getoon. Hierdie vader-en-seunspan is steeds aktief by elke deel van die onderneming betrokke. Hulle volg en bemark steeds dieselfde gevestigde familiewaardes waarvoor hulle oor die jare bekend geword het.
LAC het in die noord–oostelike deel van Suid-Afrika ontstaan – vandaar die verwysing na die Laeveld-streek in ons naam. Strategiese vennootskappe en samewerking het ons in staat gestel om vinnig na ander provinsies in Suid-Afrika en selfs oor die landsgrense uit te brei, met meer as 65 gevestigde depots wat tans bedryf word.
Moderne besigheid is lankal nie meer die enigste mikpunt waaroor dit gaan nie – dit gaan oor volhoubaarheid, vennootskappe en om terug te gee. Om ’n LAC-kliënt te wees, is soos om deel van ons familie te wees.
Terugploeg
Om terug te gee is ‘n belangrike waarde by Laeveld Agrochem; en ons werk hard om ons gemeenskappe en mense te ondersteun. Ons borg ‘n verskeidenheid projekte en aksies soos kuns- en kultuurbyeenkomste, musiekkonserte en plaaslike flieks. Ons ondersteun ook hulpprojekte soos voedingskemas, fondsinsamelings, brandhulp aan boere en help mense wat in nood is. Ons wil regtig ’n verskil maak in mense se lewens.
LAC-agente en tegniese kenners
In 2018 het LAC na ‘n franchise-model oorgeskakel, wat aan landboukundige verkoopsagente die geleentheid bied om hul eie ondernemings ten volle te besit.
Hierdie agente is gekwalifiseerde landboukundiges en word deur ‘n groot span tegniese spesialiste ondersteun. Saam beskik hulle oor die kennis en kundigheid om advies te lewer oor die volle spektrum van oesbeskerming, gewasoptimalisering, plantvoeding en presisiedienste.
Kennis word gekombineer met innoverende tegnologie om akkurate assesserings op ‘n produsent se plaas te maak. Dit sluit water- en grondontledings, regstellings, oesoptimalisering, groeistimulasie en meer in. LAC gee aan die produsent die geleentheid om ingeligte besluite te neem en te implementeer, wat maksimum opbrengste verseker.
Kontak ‘n LAC-agent vandag nog om ’n vennootskap met ons te sluit.

Ons missie
Ondersteun landbou in Suider-Afrika deur geoptimaliseerde voedselsekerheid en voorsiening te bewerkstellig.
Om die kliënt se voorkeurvennoot en verskaffer van waardetoegevoegde dienste (gewasverbetering), gewasoptimalisering, plant-, voedings- en gesondheidsprodukte te wees.
Gebruik slim innovasies met moderne tegnologie wat tot die volhoubaarheid van landbouproduksie bydra.
Tree op en doen besigheid op ’n eerlike manier, met integriteit en op ’n verantwoordelike wyse, wat aan die CropLife-beginsels rakende die omgewing voldoen.
Die kliënt se beste belange word eerste gestel.
Ons visie
Om die markleier in gewasbeskerming en plantvoeding in Suider-Afrika te wees.
Om elke kliënt se eerste keuse te wees wanneer hulle dienste kies en gewasbeskermings- en plantvoedingprodukte moet koop.
Om die beste, mees ervare en mees kundige verkoopspan te hê, gerugsteun deur hoogs gekwalifiseerde tegniese besigheidsbestuurders.
Om daadwerklik deel te wees van die plan om armoede en werkloosheid te verminder, en voedselsekerheid vir Suider-Afrika te verseker.
Om 'n nalatenskap te los wat vir ewig sal duur.
