Die gebruik van Sink – Zinchem
Agtergrond
3Mnr. Vorster, beter bekend as Vossie onder sy mede boere, boer sedert 1971 op ’n deeltydse basis saam met sy vader Mnr. JP Vorster op die plaas Roodebank in die Standerton omgewing. Gedurende 1982 koop hy sy eie grond in die Bronkhorst-spruit omgewing en begin hy hom toespits op Vleis Merinos as hoof bron van sy boer-dery inkomste.
Gou het hy besef dat as gevolg van die hoë voerkoste, waarvan mielies die grootste bydraer is tot die voerkoste, hy self voorsienend in die proteïen behoeftes van sy skaapboerdery sal moet wees. Grond is egter ’n beperkende faktor in die omgewing en is dit dus van kardinale belang dat elke vierkante meter optimaal benut moet word. Lammers wat slag gereed is, word direk van die plaas bemark en uitskot vee word op veilings verkoop.
Mielie verbouing
Mielies word geplant deurgaans met dieselfde stand, bemesting en kultivar. Hy het geplant op 26/11/2010 met ’n stand van 30 000 plante per hektaar, maar as gevolg van droë toestande het slegs 22 000 plante per hektaar gerealiseer. Daar is geplant met ’n kunsmis mengsel van 2.3.2 (22) (+ 0.5% Zn oksied) teen 150kg per hektaar.
Op 4 Jan 2011 na 202mm reën sedert plant tyd is daar opvolg bemesting met KAN(28) teen 150kg per hektaar toegedien. Zinchem is genader vir raad aangesien die mielies sigbare tekort getoon het. Die Zinchem verteenwoordiger het bepaal dat dit ’n sink tekort is.
Zinchem het aanbeveel dat 25kg per hektaar Zn Sulfaat (korrels) ingemeng word by sy KAN(28), maar dat ’n kontrole strook gelaat word. Na die bemesting het nog 428mm reën geval voor die fi siologies ryp word stadium van die mielies. Gedurende die stadium het Vossie gemerk dat hy geen visuele verskil kan sien tussen die mielies wat met Zn Sulfaat behandel is en die wat nie behandel is nie.
Toe dit egter by strooptyd kom het hy ’n merkwaardige 15,6% verbetering in sy mielieopbrengs gerealiseer. Daar is waargeneem dat oor die algemeen die mieliekoppe wat met sinksulfaat behandel is 12 rye per kop het en ongeveer 340g geweeg het. Terwyl die mieliekoppe op die onbehandelde strook eerder 10 rye per kop gehaat het en ongeveer 270g per kop geweeg het en ook meer Diplodia (kopvrot) gekry as die mielies wat met sink-sulfaat behandel was.
Wat merkwaardig is, is dat die sinksulfaat wat op die laatstadium ongeveer 4 weke na opkoms (topbemestingtyd) nog steeds sulke goeie resultate gelewer het. Zinchem is van mening dat dit toegeskry kan word aan die produk se 100% water oplosbaarheid. Die mielieplante kon dus die sink kort nadat dit toegedien is in die grond deur die wortels opneem en benut vir groei en ontwikkeling.Mnr. Vorster sê “hy is oortuig dat Zinchem se Zn Sulfaat beslis die toekoms vir sy boerdery is en sal hy dit ter enige tyd aanbeveel by medeboere. Waar hy vroeër die jaar ’n potensiale te kort aan mielie proteïene in die gesig gestaar het, en teen ’n addisionele koste sou moes mielies inkoop, gaan die groot verbetering op jy oes in ’n kritieke stadium, weens Zinchem se Zn Sulfaat, hom in staat stel om genoegsame mielies te stroop om aan sy behoeftes te voorsien”.
Zinchem het ’n rygewasse grondtoediening multimikro- element produk ontwikkel wat bestaan uit ’n volledige reeks essensiële mikro-elemente wat met planttyd toegedien kan word. Sodoende kan verbeter saailing groei verkry word deur die verskaffing van onmiddellik beskikbare essensiële mikro – elemente om ten minste gedeeltelik omgewings geïnhibeerde toestande te oorbrug. Die doel van die produk is nie om die hele gewas te voed nie, maar slegs om ’n goeie wegtrek te verseker maw. ’n Goeie wortelstelsel in plek te sit. ’n Goed ontwikkelde wortelstelsel sal die plant help om beter aan sy vog- en voedingsbehoeftes te voorsien en mindergevoelig wees vir ongunstige grond- en omgewingstoestande. Die rygewasse grond toedienings multimikro -element produk kan jaarliks gebruik word om te voorsien aan die rygewasse se mikro-element behoeftes.
Dit is ’n goeie praktyk om grondontledings te trek wat ook die mikro-elemente ontleed, sodoende kan ’n plan van aksie beplan word van hoe om die mikro-elemente te bestuur.
Voorkoming van tekorte is beter as krisis bestuur waar tekorte visueel waargeneem word en daarop gereageer word. Zinchem kan help om ’n mikro-element behoeftes aan te spreek sodat u meer winsgewend en volhoubaar kan bly boer. Daar kan net eenvoudig nie bekostig word om nie die vollepotensiaal van u gronde te ontgin nie. Hoekom alles reg doen soos die regte makro elemente, kalk, kultivar, bewerking en insek en onkruidbeheer doen, maar essensiële mikro-elemente, ignoreer wat kan help om u gronde se vollepotensiaal te bereik.
Kontak jou naaste Laeveld Agrochem gewasbeskermingsdeskundige om te help met die bereiking van u boerdery se vollepotensiaal deur die aanspreek van u mikro-element behoeftes.