Grondtoediening bly beter as blaartoediening
’n Onafhanklike kweekhuisproef is vir Zinchem gedoen om te bepaal wat die bydrae van essensiële mikro-elemente is op die opbrengs van aartappels. Die praktyke met die toediening van mikro-elemente en die tye van toediening is ook in berekening gebring.
Die aartappelkultivar Valor G 4 is in silikasand verbou om te verseker dat daar geen bydrae van voedingstowwe deur die grond is nie. Die proef het uit vyf verskillende behandelings bestaan naamlik:
- Behandeling A het bestaan uit die basiese oplossing van voedingstof sowel as mikroelemente – sink (Zn), koper (Cu), yster (Fe), mangaan (Mn), boor (B) en molibdeen (Mo) – wat met planttyd toe gedien is.
- Behandeling B was die kontrole waar slegs die basiese oplossing van voedingstof toegedien is. Dit het bestaan het uit makrovoedingselemente, naamlik stikstof (N), fosfor (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swael (S).
- Behandeling C het die basiese oplossing van voedingstof bevat en drie blaarvoedingsbespuitings met mikro-elemente drie, vyf en sewe weke ná planttyd.
- Behandeling D het die basiese oplossing van voedingstof bevat en twee grondtoedienings van mikro-elemente vier en agt weke ná planttyd.
- Behandeling E het bestaan uit die basiese oplossing van voedingstof sowel as die grondtoediening van mikro-elemente vier en agt weke ná planttyd en die blaarvoedings drie, vyf en sewe weke ná planttyd.Die foto toon die verskil in blaarmassagroei met die verskillende behandelings.
Zinchem kan aartappelboere voorsien van essensiële mikro-elemente. Die produkte vir grondtoediening en blaarvoeding is formulasies wat die maatskappy bemark as deel van sy multimikroreeks vir groentegewasse. Die maatskappy het besluit om spesifiek vir aartappels produkte vir grondtoediening en blaarvoeding te ontwikkel wat sink, yster, koper, mangaan, molibdeen en boor bevat. Dit sal teen die middel van die jaar beskikbaar wees.
Uit die tabel kan die volgende waardevolle inligting afgelei word:
- Mikro-elemente is essensieel vir die produksie van biomassa, ongeag of dit blaar-, wortel- of aartappelmoermassa is.
- Ongetwyfeld is die toediening van mikroelemenente met planttyd die beste vir optimale opbrengste by aartappels. Die toediening van mikro-elemente in die grond ná planttyd gee wel ’n toename in alle biomassafasette, maar dit behoort eerder as noodmaatreël gebruik te word as dit om welke rede ook al nie moontlik was om die mikroelemente met planttyd toe te dien nie.
- Aartappels reageer baie goed op blaarvoedings en realiseer twee maal die droë aartappelmoermassa vergeleke met die kontrole. Dit is is dus ’n goeie manier om mikro-elemente aan te vul vir die bestuur van plantfisiologiese behoeftes.
- Die gebruik van sowel die blaarvoeding en grondtoediening van mikro-elemente ná opkoms het gelei tot ’n toename van 197% in die droë aartappelmoermassa.