Markleier met mikro-elemente steek sy kleim af
Met innoverende produkte help Zinchem boere om winsgewender te boer.
- Zinchem is die markleier op die gebied van mikro-elemente. Spoorelemente, mikrovoedingstowwe of mikroelemente, wat jy ook al verkies om dit te noem, dit is belangrik vir oes opbrengste. Zinchem ken van mikro-elemente.
- Zinchem is deel van ’n groot multinasionale groep van maatskappye met ondernemings in Amerika, Europa en Suid-Afrika.
- Elkeen van die groep se maatskappye is leiers in hul gebied, en invloedryk in hul velde en geografiese gebiede.
- Die internasionale groep van meer as 30 maatskappye glo in die hoogste standaarde van etiek, produkgehalte, omgewingsverantwoordelikheid en klantediens. En met ’n jaarlikse omset van meer as R35 miljard is die groep in staat om innovasie aan te help en te ondersteun.
- Zinchem benadruk van 2006 af die belangrikheid van sinksulfaat as bron van sink as gevolg van sinksulfaat se wateroplosbaarheid. Gedurende die tyd is baie navorsing oor en produkontwikkelingswerk van produkte gedoen wat uit ’n kombinasie mikro-elemente bestaan.
- Aan die begin van die jaar het Zinchem ’n nuwe reeks produkte geregistreer, genaamd multi-mikro. Hierdie reeks van elf produkte, vier formulasies vir grondtoediening en sewe vir blaartoediening, bestaan uit bronne wat ten volle wateroplosbaar is.
- Die formulasies bevat die ses belangrikste mikro-elemente, naamlik sink (Zn), koper (Cu), mangaan (Mn), yster (Fe), boor (B) en molibdeen (Mo). Humate is ook ingesluit in die grondtoedienings.
- Die produkte is by takke van verskeie groot kleinhandelsgroepe beskikbaar. Kyk op ons webwerf www.multimikro.co.za vir nog inligting.
- Hierdie reeks produkte is in twee opsigte revolusionêr: Eerstens, die bekostigbaarheid daarvan en, tweedens, die gemak waarmee die boer dit kan toedien. Vantevore het die toediening van mikro-elemente boere hoofbrekens besorg, veral met grondtoedienings. Bekostigbaarheid, veral vir kostesensitiewe graangewasse, was ook altyd ’n groot struikelblok.
- Zinchem het albei hierdie probleme in die jongste paar jaar suksesvol aangepak.
- Dit plaas Suid-Afrikaanse boere in die bevoorregte posisie vergeleke met boere elders in die wêreld om nou die eerste keer enige tekort aan mikro-elemente met ’n maklike, enkelbediening-produkoplossing aan te vul. En ook om dit kostedoeltreffend te kan doen. Van die produkformulasies vir grondtoediening kos so min as R100/ha.
- Ernstige tekorte in grond kan met meer uitgebreide regstellingsprogramme aangepak word. Zinchem kan help met die neem van grondmonsters en om vir spesifiek mikro-elemente te toets. Boere toets nie altyd vir mikro-elemente nie, maar dit is uiters belangrik om wel daarvoor te toets. Zinchem werk saam met vooraanstande laboratoriums, soos EnviroTek in Suid-Afrika en Brookside in Amerika. Laat ons landboukundiges vir jou ’n unieke aanbeveling vir die regstelling van mikro-elemente doen.
- Verder het Zinchem ook begin (saam met Lake International) om kunsmisvermengers te oorreed om korrelbedekkingstegnologie te gebruik. Lake International se produk BioFix is ’n hegmiddel waarmee Zinchem-sinksulfaat en Zinchem se mikroelemente aan die buitekant van die korrel geheg kan word.
- Kunsmisbedekking is die optimale toedieningsoplossing vir die boer. Die boer kry die mikro-elemente reg by die wortelsone (waar dit benodig word), die mikroelemente maak nie regstreeks kontak met die fosfaat binne-in die korrel nie (wat verhoed dat dit omskep word in onoplosbare fosfaatvorme) van al ses mikro-elemente kan in volle wateroplosbare vorms regstreeks saam met NPK toegedien word. ’n Paar vooraanstaande vermengers is besig om hul produksieprosesse om te skep in die nuwe tegnologie.
- “Ons is voorwaar trots op die deurbrake wat ons produkontwikkelingspan oor die laaste paar jaar gemaak het,” sê mnr. André Immelman, besturende direkteur van Zinchem. “Die produkinnovasie plaas ons aan die voorpunt van ’n mikro-elementrevolusie wat die landbouwêreld oor die volgende twee dekades gaan aangryp.
- “Tekorte in mikro-elementvlakke is in hierdie stadium een van die mees beperkende faktore in landbou. Dit is ’n aangeleentheid wat in die toekoms baie aandag onder landbouers gaan geniet,” sê hy. Zinchem het nie net ’n oorspronk like benadering tot produkontwikkeling gevolg met die ontwikkeling van die multi-mikroreeks nie.
- Die maatskappy se produkontwikkelingspan het ook ’n nuwe sinkstofvervaardigingsproses ontwikkel en gepatenteer. Lees meer daaroor op die webwerf. Innovasie is deel van Zinchem se kultuur en Zinchem sal aanhou om aan die voorpunt van produkontwikkeling te wees. Hou die toekoms dop.
- Zinchem is ’n Trots Suid-Afrikaans maatskappy met ’n groot bewondering vir sy kliënte en die wonderlike werk wat boere in hierdie land verrig. Ons hoop dat ons nuwe reeks produkte kan help en waarde kan byvoeg vir ons boere wat in sulke moeilike omstandighede moet winsgewend bly. Nee, eintlik wéét ons ons reeks produkte gaan vir boere baie waarde toevoeg.Immelman raai verder aan dat boere moet aandring dat vermengers kyk na korrelbedekkingstegnologie. Dit gee die boer die beste toedieningsoplossing. Zinchem se vervaardigings aanleg is in Benoni, Gauteng. Zinchem het ’n ISO-9001-sertifisering sowel as ’n OHSAS18000-sertifisering.