Markrevolusie in aksie
Een van Syngenta se vernaamste prestasies die afgelope paar jaar, is ongetwyfeld die ontwikkeling van gewasproduksieprogramme vir aartappels, mielies, veselperskes en koring.
Sedert Syngenta Suid-Afrika die eerste maatskappy wêreldwyd geword het om aartappelgewasoplossings na die mark te bring, is produsente teen dié tyd goed vertroud met Syngenta se verskillende PotatoPack™- oplossings wat verhoogde aartappelproduksie tot gevolg het.
Die PotatoPack™ is vandag ’n voorkeurproduk vir produsente – trouens, 20% van alle aartappelaanplantings word tans met hierdie oplossing beskerm.
Navorsing en ontwikkeling
- Syngenta het die afgelope tien jaar reeds meer as nege miljard dollar aan navorsing en ontwikkeling bestee – die 5 000 personeel wat vir hierdie doel aangewend word, ondersoek jaarliks 200 000 nuwe molekules.
- Syngenta se revolusionêre PotatoPack™ is die resultaat van deeglike navorsing en proewe wat regoor Suid-Afrika gedoen is.
- Meer nog, die resultate van Syngenta se meer as dertig plaaslike proewe, toon ’n beduidende hoër gemiddelde opbrengs van ses ton per hektaar. Dit is dus duidelik waarom Syngenta se PotatoPack™ ’n paradigmaskuif verteenwoordig: Ons produsente kyk ánders na volhoubare aartappelproduksie.
- Hierdie vindingryke program integreer spesifieke kombinasies van aanwendings volgens die plant se fisiologiese eienskappe – sodoende word verseker dat die verskillende sistemiese en kontakmiddels mekaar doeltreffend aanvul vir optimale pes- en plaagbeheer, en terselfdertyd die plant se gesondheid bevorder.
- PotatoPack™ bevat die korrekte voorkomende oplossings om siektes en insekte te beveg – dít alles verbeter risikobestuur en bevorder gesonder plante, verlengde vegetatiewe groei en natuurlik, verhoogde opbrengs.
Nuwe chemie, maksimum resultate
‘n Nuwe chemiese toepassing, die maksimum resultate Revus® (Syngenta se nuutste oplossing om laatroes op aartappels in sy spore te stuit) sal ook later vanjaar beskikbaar wees in die PotatoPack™. Revus® het in 2010 die Euroblight-toekenning ontvang as die beste swamdoder in sy klas. Lees gerus meer op www.euroblight.net.
Bekendstellingsfunksies vir Revus® is reeds landswyd onderweg.
Optimale potensiaal
Die vindingryke PotatoPack™ verpersoonlik revolusionêre navorsing – ’n markrevolusie in dié sin dat aartappelprodusente groter oeste met kleiner aanplantings kan lewer. In eenvoudige taal gestel: Syngenta se PotatoPack™ het suksesvol daarin geslaag om die waarde van landbougrond – een van die produsent se belangrikste hulpbronne – te herstel.
Die PotatoPack™ maak dit duidelik dat Syngenta die taal van plante verstaan en bied produsente ongetwyfeld die reuse bestuursvoordeel om progressief te boer.