Laeveld Agrochem is met woord en daad verbind tot die verbetering van jou boerdery, ons land en ons vasteland. Terwyl ons puik produkreeks en uitmuntende diens sprekende bewyse hiervan is, illustreer ons projekte by uitstek die vele maniere waarop ons ons vernuf en kultuur van deernis inspan om bystand te verleen waar dit die nodigste is.

Saadpakke

In ‘n poging om die siklus van armoede te breek, het Laeveld Agrochem met AgricultSURE saamgespan om ʼn volhoubare oplossing te bied in die vorm van hul Saakpakkie-projek.

Die projek verskaf innoverende saadpakke wat gebruikers in staat stel om hul eie groente te plant en te oes. Dit is beskikbaar in twee variante: ‘n somer groentepak en ‘n winter groentepak.

T. 060 458 8483 / E. HGSP@laeveld.co.za

AgriSkills

Agri Skills Transfer bied opleiding in die landbousektor aan en is geakkrediteer by AgriSETA.

Hierdie opleiding, wat op die SAQA-stelsel ontwikkel is, is in lyn met uitkomsgebaseerde onderrig. Die kursusse word volgens die Nasionale Kwalifikasieraamwerk ontwikkel.

Agri Skills Transfer bied sedert 2012 Nasionale Diploma (2-jaar) en Nasionale Sertifikaat (1-jaar) kursusse in Landbou aan op ‘n afstandsonderrigbasis. Hierdie kursusse bied ‘n wonderlike, geïntegreerde leerervaring waar leerders beide teoretiese en praktiese opleiding moet voltooi om hul Diploma- of Sertifikaatkursus suksesvol te verwerf.

Hierdie landbou-opleidingsfasiliteit bied studente die beste van beide areas – opleiding en praktiese kontaksessies gekombineer met werkservaring.

AgriSkills Nuusbrief aflaai

Uitgawe 1, Aug 2022

Uitgawe 2, Sep 2022

Genesis-produkreeks

GENESIS is ‘n reeks funksionele voedsel- en drinkbare produkte wat wetenskaplik geformuleer is spesifiek vir mense wat onder ekstreme toestande leef en dus bogemiddelde voedingsvereistes het

‘n Groot voordeel van die poeierformaat van Genesis is dat dit op ‘n verskeidenheid maniere geniet kan word:

  • As ‘n maaltyd (in ‘n bakkie), gemeng met warm of koue melk of water. Die verhouding van poeier tot vloeistof kan verander word na smaak.
  • As ‘n skommel (drankie), gemeng met koue melk, water, vrugtesap of jogurt.
  • As ‘n smoothie (dik drankie). Stukke vrugte en ysblokkies word by ‘n Genesis-skommel gevoeg en versap.

Genesis kan deur almal gebruik en geniet word: kinders, volwassenes, persone met glutenintoleransie, persone met diabetes of mense wat aan wanvoeding ly.