Sinksulfaat gee sojabone hupstoot
Zinchem sit ’n glimlag op ’n sojaboonboer van Leandra se gesig.
Wimpie Oosterhuis (Mariwija Bk) boer op die plaas Kortlaagte in die distrik Leandra waar hy ’n gemengde boerdery bedryf met mielies, sojabone en Bonsmaras. Tradisioneel plant hy sojabone sonder enige kunsmis. Hy dien later slegs ’n blaarvoeding toe met ’n kombinasie van mikro-elemente. Hy plant 80 kg saad per hektaar en handhaaf op lang termyn ’n gemiddelde opbrengs van 2,5 ton/ha.
Nadat hy ’n promosie-artikel oor mikro-elemente van Zinchem in Landbouweekblad gelees het, het hy besef dat sy sojaboonaanplantings in daardie stadium vi suele tekorte getoon het. Die blare was geel en dwerggroei het voorgekom. Sy sojabone is op 11 November teen ’n stand van 350 000 plante per hektaar aangeplant. Die saad is met Rhizobium-bakterieë behandel en is sonder kunsmis geplant.
Wimpie het Zinchem gekontak om die probleem met die vergeling en dwerggroei by sy sojabone op te los. Daar is besluit om op Zinchem se aanbeveling op ’n blok van 17,9 ha ’n proef met ’n sinksulfaatblaarvoeding te doen. Elke tweede kontoer sou as ’n kontrole dien. Die normale kombinasie mikro-elemente is toegedien en 4,8 kg/ha sinksulfaatmonohidraat (34) teen ’n 2%- konsentrasie as ’n proef op die res. Die blaarvoedings is gespuit op 29 Desember, ongeveer ses weke ná opkoms. Binne drie weke ná die bespuiting het Wimpie ’n duidelike verskil tussen die kontrole- en behandelde blok gemerk.
Twee verteenwoordige plante van elke blok is uitgetrek en daar was reeds ’n merkbare verskil in die wortelvorming asook die ontwikkeling van die stikstofnode.
Wimpie het opgemerk dat die sojabone wat met sinksulfaat behandel is, in die groeityd deurgaans beter as die kontrolegedeeltes vertoon het.
Die opbrengs op die kontrole stroke was 2 642 kg/ha en op die Zinchem-proefstroke 2 779 kg/ha. Die Zinchem-proefstrook het dus 137 kg/ha oftewel 5,2% beter gepresteer as die kontrolestrook met die normale mikro-elementblaarvoeding. Met ’n sojaboonprys van R3 500/ton het Wimpie R405/ha meer wins gemaak nadat die koste van R75/ha vir die sinkbehandeling afgetrek is.
Wimpie sê hy sal aanbeveel dat alle boere met die professionele hulp van Zinchem begin met mikro-elementregstelling om ’n meer volhoubare boerdery te verseker.
Zinchem beveel aan dat boere voor die volgende planttyd grondmonsters neem en seker maak dat die volledige reeks mikro-elemente ook bepaal word. Sodoende kan vroegtydig beplan word watter mikro-element kortkom en stappe kan gedoen word om die tekorte reg te stel.
Zinchem kan boere help met ’n boerdery se behoeftes aan mikro-elemente. Ons beskik oor ’n volledige reeks mikro-element-produkte. Dit bestaan uit enkel-mikro-elementprodukte wat as grondregstelling gebruik kan word, sowel as kombinasieprodukte (multi-mikroreeks) wat as grondtoedienings gebruik kan word om in die gewas se volledige reeks mikro-elementbehoeftes te voorsien. Daar is ook ’n volledige reeks blaarvoedings beskikbaar wat gebruik kan word om potensiële mikro-elementtekorte reg te stel. Dit is maklik om ons produkte te gebruik en die pryse is billik. Boere kan ons produkte kry as ’n hoogs gekonsentreerde poeier wat 100% in water oplosbaar is.
Die grondtoedienings kan gespuit word voor die begin van die seisoen as ernstige tekorte voorkom. Dit kan ook met planttyd oor die planterry gespuit of met Zinchem se mikro-elementgrondtoediener in die plantervoor toegedien word.
’n Boer kan ook sy kunsmisverskaffer vra om hul kunsmis met ons mikro-elemente te bedek. Daar bestaan reeds tegnologie waarmee die mikro-elemente enige droë kunsmiskorrel kan bedek. As ’n kunsmisverskaffer nie van die tegnologie weet nie, is ons bereid om hom te besoek en of in verbinding te bring met die regte mens.
Navrae: Tel. 011 746 5000; faks 011 421 2235