
Agri Technovation-dienste is slegs deur Laeveld Agrochem beskikbaar
Laeveld Agrochem se Agri Technovation tegniese ondersteuningspan lewer gespesialiseerde dienste aan die landbousektor. Die span bestaan uit gekwalifiseerde kundiges met ervaring in akkerbou, tuinbou, grondwetenskap, geografiese inligtingstelsels, chemie en proses- en produkingenieurswese. Kommersiële produsente kry advies en ondersteuning van deskundiges wat ook nou betrokke is by produk- en diensontwikkeling en navorsing. Die doel van hierdie betrokkenheid is om te verseker hul kliënte kry gespesialiseerde oplossings wat lei tot praktiese, volhoubare en finansiële resultate.
Agri Technovation glo tegnologie en vernuwing is die formule vir die toekoms. ‘n Passie vir presisieboerdery het gelei tot die skepping van ‘n maatskappy waar ‘n groep deskundiges hul omvattende ervaring in akkerbou, tuinbou, grondwetenskap, mikrobiologie, geografiese inligtingstelsels, chemie en proses- en produkingenieurswese inspan om winsgewende, volhoubare en gesogte oplossings aan produsente te lewer.

My FarmWebTM
‘n Wolk-gebaseerde platform waar al jou data – deur ons òf deur ander diensverskaffers gegenereer – veilig gestoor word en waartoe jy maklik toegang kan verkry.

IFLYTM
Visuele en NDVI beelde, afgeneem deur hommeltuie, vliegtuig of sateliet – diagnoseer en reageer op gewassterkte-beelde.

ITEST SoilTM
Individuele monsters en kaarte van alle tipes grondontledings, met aanbevelings vir die regstelling en optimalisering van voedingstatus.

PPMTM
Presisie- plaagmonitering:
Weeklikse kaarte van plaag – en siekte-omvang – interpreteer en reageer vinnig.

ITEST LeafTM
Individuele monsters en kaarte met interpretasie van blaar- (weefsel-) analise, insluitend verhoudings tussen voedingstowwe en regstellende aanbevelings.

My Soil ClassificationTM
Jou plaas se boustene – fisiese grondeienskappe en grondpotensiaal-kaarte.

ITEST PetioleTM
Monsters en die interpretasie van blaarsteel-analise oor ‘n wye spektrum gewasse.

My YieldTM
Ontleding en interpretasie van opbrengskaarte.

ITEST WaterTM
Analise en interpretasie van, en regstellende aanbevelings vir water vir besproeiing of menslike/dierlike gebruik.

ICONSULTTM
Agronomiese tuinboukundige grondwetenskap en ander programme.