Topgehalte gewasbeskerming
Die landboubedryf is soms uitdagend, en daarom is dit noodsaaklik om die regte besluite vir jou besigheid te neem. Laeveld Agrochem is ‘n leier in die gewasbeskermingsbedryf en ons produkreeks sluit swamdoders, onkruiddoders, plantvoedingsprodukte, insekdoders, blaarvoeding en dieregesondheidsprodukte in.
Ons bied ‘n wye verskeidenheid produkte wat ontwikkel is om aan kliënte se individuele behoeftes te voldoen. Plaagdoders is ‘n gewilde opsie vir mense wat van peste en plae in hul huise of tuine ontslae wil raak. Daar is verskilende produkte op die mark, en jy behoort jouself te vergewis van elk se veiligheidsvoorsorgmaatreëls, aangesien sommige produkte skadelik kan wees vir jou gesin. Insekdoders speel weer klaar met insekte in jou blombeddings of tuinplante en is baie doeltreffend indien dit korrek toegedien word.
Onkruiddoders is ideaal indien jy ontslae wil raak van spesifieke onkruidtipes of ongewenste grassoorte op jou grasperk of in jou tuin. Daar is verskillende tipes op die mark, insluitend selektiewe, kontak-, sistemiese, blaar- en grondprodukte. Hul aanwending sal afhang van jou behoeftes, maar al dié produkte wis onkruid doeltreffend uit. Jy kan ‘n korttermynoplossing kies wat jy kan toedien wanneer dit nodig is, of jy kan besluit op ‘n langtermynoplossing wat permanent van ongewenste onkruid en grassoorte ontslae sal raak.
Swamdoders is beskikbaar in organiese of sintetiese vorm. Oor die algemeen is sintetiese produkte meer skadelik vir die omgewing as hul organiese eweknieë, maar uiteindelik hang jou keuse weer eens af van die doel waarvoor jy die produk benodig. As jy nie seker is wat om te kies nie, raadpleeg ‘n kundige voordat jy enige produk aankoop. Vergewis jouself sodoende ook van enige newe-effekte om te verseker dat jy dit veilig toedien. Swamdoders is baie doeltreffend en kan help om ongewenste peste en plae in jou huis of tuin te beheer of te elimineer.
Laeveld Agrochem bied ‘n wye reeks produkte aan kliënte regoor Suid-Afrika. Die maatskappy het in 1991 tot stand gekom, het sedertdien hand oor hand gegroei en geniet tans ‘n reputasie vir ongeëwenaarde gehalte. Ons het ‘n network van handelstakke regoor die land, beman deur deskundiges wat geakkrediteer is met die Veeartsenyvereniging en die Gewasvereniging van Suid-Afrika (AVCASA).