Warning: Undefined variable $ip in /usr/www/users/laevebghsa/wp-content/plugins/wp-post-real-time-statistics/PostStatsHelper.php on line 258

Vakante poste

Elite Admin

Laeveld Agrochem Franchise

Laeveld Agrochem (LAC) het in 2018 na ’n franchise-model oorgeskakel om aan landboukundige verkoopsagente die geleentheid te bied om ten volle hulle eie besigheid te besit en so waarde op te bou. Met 30 agtereenvolgende jare van groei, het diegene wat by hierdie suksesvolle franchise-groep aansluit volkome gemoedsrus.

As landbou in jou are loop en jy lief is vir mense, is hierdie franchise geleentheid vir jou!

  • As jy voel jou doel op aarde is meer as om net geld te maak, en jy vreugde daarin vind om terug te ploeg in jou gemeenskap.
  • As jy saam opgewonde raak om ’n kliënt meer suksesvol te maak,
  • As jy ‘n daadwerklike verskil wil maak in ander minder bevoorregtes se lewens, dan is hierdie maatskappy net wat jy nodig het om jouself ten volle te kan uitleef.

dan is hierdie maatskappy net wat jy nodig het om jouself ten volle te kan uitleef.

LAC is slegs op soek na gekwalifiseerde landboukundiges.

Indien jy belangstel, stuur jou CV na vacancy@laeveld.co.za, met die klem op jou ondervinding, waar jy tans werk asook meer oor jouself en jou familie.

Aanstellings: Keuringskriteria

Kwalifikasie:

  • Tersiêre opleiding – graad in landbou

Alternatiewelike kwalifikasie:

  • Gegradueerd met boerdery ervaring
  • Werkservaring met sterk wetenskaplike agtergrond
  • Leerling (sonder graad kwalifikasie – minimum kwalifikasie graad 12) uit teikenarea ondergaan eers 2-jaar interne Laeveld Agrochem opleidingsprogram

Keuringsbattery:

  • ‘Sales Fit Test’
  • ‘Strength-Finder’ – word slegs gedoen indien die ‘Sales Fit Test’ se resultaat positief is.

Verdere opleiding en ontwikkeling:

  • Basiese finansiële opleiding
  • CropLife akkreditasie
  • BASOS akkreditasie
  • Villa akademie sertifikaat (basiese program) plus opleiding in spesifieke veld na gelang van die gebied waarin die persoon gaan funksioneer
  • Praktiese veldondervinding by sterk besigheidsgedrewe agente
  • Blootstelling en tydspandering met die Besigheidsbestuurders.

Landbou-areas waar tans franchise-geleenthede is:

Wes-Kaap

  • Sandveld
  • Worcester/De Doorns
  • Ashton
  • Caledon
  • Villiersdorp/Vyeboom

Oos-Kaap

  • Oos-Londen
  • Cradock

Noordwes

  • Schweizer-Reneke/Migdol
  • Hopetown/ Orania

Oos Vrystaat/Hoëveld

  • Vrede/Frankfort
  • Harrismith/Warden
  • Villiers
  • Clocolan/Ladybrand
  • Marquard