Die verbouing van uie kan ‘n boer se sak ruk

Elite Admin

Die verbouing van uie in Suid-Afrika het so duur geword, dat produsente alle faktore wat opbrengste negatief kan beïnvloed, na die beste van hulle vermoë moet bestuur. Hierdie faktore sluit in saadbedvoorbereiding, grondgedraagde siektes, oordraagbare siektes, blaarsiektes, insekplae en onkruid. Anna van der Merwe van Laeveld Agrochem vertel ons in 17 Julie 2019 se aflewering van Grootplaas meer hieroor. Daarna kuier Luan van der Walt van Graan SA in die ateljee, om oor voedselprysinflasie te gesels.