Help asseblief ons navorsingspan by UP, en uiteindelik ook SA landbou in die geheel, om oplossings te
vind vir hierdie uiters skadelike, nuwe uitheemse onkruid in ons midde.
Prof Charlie Reinhardt het 'n gids saamgestel met die doel om almal in staat te stel om Palmer amarant (Amaranthus palmeri) te kan identifiseer. (Sien skakel hieronder)
Identifikasie van Palmer amarant word bemoeilik omdat sekere kenmerke daarvan soortgelyk is aan dié van ander amarant-soorte, waarvan daar altesaam 17 soorte in SA alleen aangetref word.
U kan help deur op die uitkyk te wees vir Palmer amarant en ons in kennis te stel van gevalle waar u vermoed dit voorkom. Die aanstuur van foto’s per WhatsApp sal waardeer word. Kontak Prof Charlie Reinhardt: Selfoon 083 442 3427 of die Die CropLIfe Palmer Amarant Aksie Groep.