Laeveld Agrochem (Edms) Bpk is ‘n lid van CropLife Suid-Afrika en voldoen aan die vereniging se gedragskode.

In die huidige mededingende en onvoorspelbare landbou landskap is dit deurslaggewend belangrik om die koring van die kaf te skei. Vooruitgang is immers sinoniem met goeie besluitneming. Dit is vir Laeveld Agrochem is ‘n topprioriteit om op ons uniek sorgsame manier die grootste verskeidenheid uitmuntende beskermingsprodukte beskikbaar te stel wat ‘n wye spektrum van kategorieë dek, insluitend:

Bymiddels

Sproeiwysigende bymiddels verbeter die toediening en plasing van die spuitoplossing. Dit maak die onkruiddoders in sproeivorm makliker om te mik, dit verlaag die residu van onkruiddoder in die lug, en sorg dat die spuitmiddel beter aan die plant kleef.

Onkruid- en insekdoders

Laeveld Agrochem fokus op geïntegreerde oplossings vir gewasbeskerming sowel as -optimalisering, dissiplines wat ontwikkel is om verdere waarde aan produsente sowel as die res van die voedselketting toe te voeg.

Biologiese produkte

Laeveld Agrochem is ‘n voorloper in die Suid-Afrikaanse mark op die gebied van biologiese produkte, gerugsteun deur ‘n toegewyde, hoogsopgeleide verspreidingsnetwerk van franchisees om gehaltediens te alle tye te verseker.

Grondverrykingsprodukte

Laeveld Agrochem bied ‘n volledige reeks grondverrykingsprodukte wat ‘n positiewe bydrae tot die ondersteuning en aanvulling van die biologiese komponent van grond sal lewer.

Swamdoders

Swamdoders voorkom en genees siektes wat andersins ‘n hoogs nadelige uitwerking op die gehalte van gewasse en jou opbrengste sou hê.

Dieregesondheid

Ons is ook voorlopers met die ontwikkeling van nuwe en beter maniere om siektes in plaasdiere te identifiseer en te behandel.

Produkreeks

Vir professionele bystand met ons verskaffers se produkte, gesels met een van ons franchisees.