Hoekom jy topgehalte-onkruiddoders in Suid-Afrika behoort te kies
Onkruiddoders het ‘n goeie baanrekord vir doeltreffendheid in Suid-Afrika. Met so baie opsies om uit te kies, weet ‘n mens nie altyd presies hoe om elke produk te hanteer en aan te wend nie. Om die aanwending op jou eie aan te pak, kan moelik wees, en daarom behoort jy jouself te vergewis van die veiligheidsvoorsorgmaatreëls en newe-effekte van die produk wat jy kies.
Onkruiddoders bestaan hoofsaaklik uit chemiese of organiese bestanddele wat spesifiek ontwerp is om van ongewenste onkruid in tuine en tussen plante ontslae te raak. Die chemikalieë in die produkte werk deur die onkruid te destabiliseer, wat dit moeilik en soms onmoontlik maak om in die behandelde omgewing te groei. Dié produkte is baie doeltreffend, en wanneer dit korrek aangewend word, kan dit duursame beskerming teen ongewenste onkruid bied.
As jy vind ‘n spesifieke onkruiddoder is nie meer doeltreffend nie, kan dit wees dat jou plante weerstand daarteen opgebou het. Die rede hiervoor kan wees dat die dosis te laag, of die aanwending ondoeltreffend was. Juis daarom dat dit so belangrik is om die nodige voorbereiding te tref en te weet hoe om ‘n produk korrek toe te dien. Daar is verskillende produkte op die mark en as een nie vir jou werk nie, kan jy eenvoudig ‘n ander een op die proef stel. Om oor te skakel, is egter iets wat jy wil vermy. So probeer om dit die eerste keer reg te kry deur by die regte kundiges aan te klop om uit te vind presies waarmee jy te kampe het.
Daar is ‘n verskeidenheid onkruiddoders beskikbaar in Suid-Afrika. Jy kan kies uit selektiewe, nie-selektiewe, sistemiese, grondtoedienings-, blaartoedienings- of kontakprodukte. Sekere produkte werk slegs op sekere tipes onkruid en is dus ideaal as jy ‘n spesifieke tipe plant wil uitwis aangesien dit geen uitwerking op die res van die tuin of grasperk sal hê nie. Nie-selektiewe produkte is ietwat gevaarliker, aangesien dit enige plant sal vernietig waarmee dit in kontak kom. Kontakprodukte sal onmiddellik enigiets doodmaak waarmee dit in kontak kom, terwyl sistemiese produkte geleidelik deur die plant geabsorbeer word en die plant uiteindelik sal doodmaak namate dit deur die plant se stelsel beweeg.
Blaartoedieningsprodukte word aan die blare van die onkruid toegedien. Die produkte beperk proteïensintese en belemmer die groei van die onkruid. Grondtoedingsprodukte word toegedien in die grond waar die onkruid is, en sal die vorming van nuwe selle voorkom en die wortels van die onkruid vernietig.
Laeveld Agrochem is ‘n professionele verskaffer van topgehalte onkruiddoders in Suid-Afrika en bied ‘n groot verskeidenheid produkte waaruit kliënte kan kies. Dit maak nie saak wat jou vereistes is nie – by ons sal jy die regte produk kry om klaar te speel met die onkruid in jou tuin, op jou grasperk of op jou plaas.