Agribonus is die eerste lojaliteitsprogram wat spesifiek ontwerp is om boere te beloon vir hulle aankope. Die program is aktief al van September 1998 en het begin met 6500 melk produsente as lede en 5 vennote. Vandag is daar 80 000 aktiewe lede op die sisteem en sowat 23 vennote.
Agribonus se lojaliteitsprogram
Die lojaliteitsprogram beloon boere met Agribonus punte wanneer hulle produkte aankoop by eksklusiewe besighede in die landbou industrie wat saamstaan as vennote van Agribonus. Hierdie vennote is gekies van ‘n verskeidenheid maatskappye in die landbou industrie wat markleiers is in hulle onderskeie velde. Hulle is gekwalifiseerde landbou kenners wat die beste produkte en dienste in die landbou industrie lewer. Hulle verstaan dat boere weet wat hulle wil hê en glo dat die verskaffers wat hulle kies, hulle verwagting moet
nakom.
Agribonus en vennote glo saam dat boere belangrik en gewaardeerd is en verdien om beloon te word.
As ‘n Agribonus lid
As ‘n Agribonus lid kry u Agribonus punte elke keer as u ‘n produk van ‘n Agribonus vennoot koop. Hierdie punte kan gebruik word vir
eksklusiewe wegbreekvakansies, elektronika, huishoudelike toestelle, kampeertoerusting of enige iets wat u hart begeer.
Agribonus se vennote
Agribonus se unieke vennote sluit in Laeveld Agrochem (plant/plaag), Toyota SA, Hino, BF Goodrich, Michelin, Marsh (versekering), Zoetis (diere medisyne), De Heus (veevoer), K2 Saad (saad), Constantia Kunsmis (kunsmis) en vele meer. Ons volledige vennote lys kan gesien word op die Agribonus webwerf.
Agribonus poog om langtermyn verhoudings te bou tussen ons vennote en ons lede. Registreer nou en raak sommer gou gewoond aan ’n hoër vlak van kliëntetevredenheid en beloning.
Algemene Vrae
Hoe registreer ek? Hoe word ek ‘n Agribonus lid?
U kan registreer op Agribonus se webtuiste (www.agribonus.co.za), klik op ‘lede’ heel bo, links, in die blou kieslys en kies dan ‘Sluit aan as lid’. Vul die vorm in, en u sal dan registreer as ‘n lid. Alternatiewelik, skakel ons vriendelike dienssentrum en ons dienssentrum agente sal u telefonies assisteer en registreer.
Waar kan ek Agribonus punte kry?
U kan Agribonus punte kry by Agribonus se vennote. U kan die volledige lys op ons webtuiste sien by www.agribonus.co.za
Hoe weet ek wat my lidnommer is?
Agribonus se vriendelike dienssentrum kan u assisteer om uit te vind wat u lidnommer is. Skakel die dienssentrum by 012 843 5660, kies opsie nommer 1 en ons dienssentrum agent sal u lidnommer opspoor deur om vir u pos adres te vra of selfoon nommer.
Waar kan ek my punte balans sien?
Jou punte balans kan gesien word op Agribonus se webtuiste (www.agribonus.co.za). Klik op ‘lede’ heel bo, links, in die blou kieslys en kies dan ‘lid inteken’. As dit u eerste keer is dat u in teken, u kaart nommer en wagwoord is u lidnommer. Hier sal u, u punte balans
kan sien asook u laaste 10 transaksies.
Ek koop by Agribonus se vennote, maar ek kry nie my punte nie?
As u aankoop by ‘n koöperasie, maak seker die koöperasie weet u is ‘n Agribonus lid en stuur wel vir ons u inligting. Nie alle koöperasies stuur u informasie na ons toe nie wat meen dis veiliger om vir ons dienssentrum die fakture aan te stuur na info@agribonus.co.za. Die volgende kooperasies stuur glad nie u inligting na ons toe nie:
Coastal Farmers Co-op, GWK, TWK, Kaap Agri, KLK en KKK (Klein Karoo Koöp). NWK Beperk en VKB kort asseblief u toestemming om u inligting vir ons te stuur. Daar is ook ‘n paar vennote wat glad nie u inligting vir ons stuur as u direk byhulle koop nie, hierdie vennote sluit in: K2, Plusnet, BF Goodrich, Michelin, Toyota en Hino.
Kan ek my punte omruil vir kontant?
Agribonus mag glad nie u punte uit betaal in kontant nie. Agribonus sal egter verseker dat u, u punte in enige manier moontlik kan gebruik.
Wat kan ek doen met my punte?
U punte kan om geruil word vir enige produk wat u hart begeer. Stuur u versoek aan awards@agribonus.co.za OF ruil u punte om by die Bonus Winkel by www.thebonusshop.co.za.
Kan ek my punte gee vir ‘n ander Agribonus lid?
U kan ongelukkig nie al of ‘n gedeelte van u punte vir ‘n ander lid gee nie. Profiele kan wel saam gesmelt word.
VIR ENIGE ADDISIONELE VRAE, SKAKEL ONS DIENSSENTRUM BY 012 843 5660