Laeveld
Agrochem

Aalwurms – Aanval is die beste verdediging (FMC)

Sallie Herbst
Verkoopsbestuurder

Plantparasitiese nematodes, oftewel aalwurms, is ’n hoogs beperkende faktor vir aartappelproduksie. Hierdie peste veroorsaak verminderde opbrengs, fisiese en chemiese veranderinge in aartappelknolle, misvormings en swak knolgehalte wat aartappels oor die algemeen onbemarkbaar maak.

Met meer as 28 000 spesies wat reeds geïdentifiseer is en baie meer wat nog ontdek moet word, word aalwurms gewoonlik beskou as die grootste plaag ter wêreld. Die meeste landbougewasse is vatbaar vir een of meer van hierdie spesies. Aartappels is geen uitsondering nie en is kwesbaar vir ’n aansienlike aantal van hierdie Nematode spesies.

Die bekendste daarvan is die knopwortelaalwurm (Meloidogyne spp.) wat baie wydverspreid voorkom. Die letselaalwurm (Pratylenchus penetrans) kom ook algemeen voor, maar word nie maklik deur produsente geïdentifiseer nie, aangesien dit nie die ronde swellings op die wortels veroorsaak wat met die knopwortelspesie verband hou nie.

In plaas daarvan maak dit rooibruin letsels op die wortels, terwyl klein, ronde letsels op die aartappelvel naby volwassenheid ontwikkel. In aartappels kom aalwurmbesmetting dikwels in kolle voor. Boere identifiseer aalwurmbesmetting baie keer net voordat die gewas besproei moet word, wanneer droogtesimptome begin wys. Plante sal ook ’n ligter kleur hê as gevolg van ’n aangetaste wortelstelsel.

Aalwurms alleen kan ernstige opbrengsverliese in aartappels veroorsaak.

Desondanks hang verliese weens aalwurmparasitisme ook af van ’n kombinasie van faktore, insluitend kultivar, gunstige omgewing, grondstruktuur, bevolkingsdigtheid en planttyd.

Goeie wisselboupraktyke is natuurlik die mees ekonomiese manier om hierdie gevaar sowel as sekere aartappelsiektes te verminder. Aangesien baie ander gewasse ook aalwurmgashere is, moet boere die wortelstelsel van ’n gewas op ’n gevorderde stadium nagaan voordat hulle dit met aartappels opvolg.

As boere enigsins twyfel, is dit die moeite werd om ’n grondtoets aan te vra om die spesie en die bevolking te bepaal. Die LNR (Landbounavorsingsraad) lewer so ’n diens. Aartappels is ’n hoëwaarde gewas om te kweek en daar is nie ruimte vir kanse vat nie.

Aalwurms is waarskynlik ’n baie groter gevaar in ligter (sanderige) grond en in warmer toestande. As gevolg van hul vinnige lewensiklus kan aalwurms tot ses generasies binne ’n seisoen bereik. Dus, hoe vroeër die aartappels volwassenheid bereik, hoe minder letsels kan verwag word.

In baie gevalle moet chemiese bestryding uitgevoer word. In sekere gevalle kan dit gedoen word deur ’n berokingsmiddel voor plant toe te dien, of boere kan eenvoudig produkte gebruik wat voor of na plant toegedien kan word. Dis beslis die moeite werd om dit met ’n spesialis in landbouchemikalieë te bespreek.

Die beste verdediging teen aalwurms op aartappels is voorkomende behandeling, en behoort reeds voor planttyd te begin.

 FMC se bekende Rugby® 10 ME is ’n emulsie kontak-aalwurmdoder vir die beheer van aalwurms met die beproefde organofosfaat kadusafos as aktiewe bestanddeel. Rugby® 10 ME word wêreldwyd gebruik om ’n beskermende groeisone vir die gesonde ontwikkeling van aartappels te skep. Toediening met Rugby® 10 ME voor plant skop die seisoen reg af, en gee aartappelgewasse ’n uitstekende kans om te presteer.

Hierdie middel word toegedien as ’n algehele oppervlakbehandeling ongeveer 7 tot 14 dae voor plant. Deeglike meganiese inwerking met ’n tweerigtingdis of ’n roltandimplement word aanbeveel, tot op ’n diepte van ten minste 15 cm – maar verkieslik tussen 15 en 25 cm diep.

Daar behoort altyd ’n laag behandelde grond onder die geplante moer te wees om die wortels en knolle te beskerm. Die toediening en inwerk aksies moet opgevolg word met ’n minimum besproeiing van 20 mm op dieselfde dag. Sorg moet gedra word in sanderige gronde om oorbesproeiing te voorkom en om moontlike wegwas van die produk te verhoed.

Boere word aangeraai om slegs aalwurmvrye gesertifiseerde saad te plant, en net gebruik te maak van ’n akkurate en goed gekalibreerde toedieningsapparaat

Rugby® 10 ME bevat kadusafos (organofosfaat). Reg. Nr. L6368 Wet Nr 36 van 1947, gevaar. Rugby® is die handelsmerk van FMC Corporation en sy affiliale.

Vir meer inligting oor Rugby® 10 ME aalwurmbeheer of ander FMC-produkte, kontak Sallie Herbst, Verkoopsbestuurder: Gauteng, Noordwes, Westelike Vrystaat, Noord-Kaap & Mpumalanga.

Sel +27 83 457 7583; e-posadres: sallie.herbst@fmc.com. FMC Chemicals (Pty) Ltd. Blok C, Vloer 1, Suite 7, Westend Besigheidspark, 254 Hallstraat, Die Hoewes, Centurion, 0157.www.ag.fmc.com/za/en

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.