Laeveld Agrochem is trots om weer een van die borge van Afrikaans is Groot te wees.
Afrikaans is Groot is sonder twyfel ’n hoogtepunt op die jaarlikse musiekkalender en sedert sy ontstaan, meer as 10 jaar gelede, het dié gesogte produksie gegroei na ’n tuiste vir Afrikaanse mense – ’n veilige hawe waar die taal, musiek en kultuur gevier kan word.
Vanjaar se konserte vind plaas in November by die SunBet Arena by Time Square in Menlyn Maine. Hierdie wêreldklas-arena bied die Afrikaans is Groot-span die geleentheid om op ’n internasionale vlak met die gehoor te toor.
Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2023 open Dinsdag, 28 Maart om 10:00, slegs by iTickets.
Kliënte van Laeveld Agrochem, kan hulle Laeveld Agrochem-agent kontak vir kaartjies en meer inligting.
Dagboek solank 25 November vir ‘n feesaand saam met ons.
