Deur Henk Terblanché
Philagro S.A.
Myte is sekerlik die minsbekende dieregroep op aarde, waarvan statisties 40,000 spesies wêreldwyd – en ongeveer 2250 spesies in talle nisse as roofdiere, parasiete, afbrekers en vegetariërs in Suid-Afrika (S.A.) voorkom. Sowat 40 spesies is ernstige plae op landbou- en tuingewasse.
Mytskade aan gewasse word gewoonlik te laat opgemerk wanneer skade reeds aangerig is, omrede myte moeilik sigbaar en mikroskopies klein – minder as 1mm – is.
Myte teel vinnig aan, met kort lewensiklusse – selfs minder as 14 dae van eier tot reproduserende wyfie. Eiers broei binne enkele dae uit tot ’n sespotige larfstadium. Dié voed en vervel tot agtpotige nimfstadia (Proto- en Deutonimf), wat weer vervel tot volwassenes. Min insekmiddels dood myte ook, en moet gewoonlik met spesiale mytmiddels (Akarisiede) beheer word. Onoordeelkundige herhaaldelike gebruik van dieselfde gifstofgroep lei vinnig tot bestandheid. Ouer harde tipe insekmiddels wat vroegseisoen op groente en vrugte gebruik word, dood meestal hul natuurlike vyande (soms ander roofmyte).
Dit gee aanleiding dat Rooispinmyt as ʼn sogenaamde reperkussieplaag aangehits kan word.
Mytplaagfamilies
ERIOPHYIDAE: Roes- en Knopmyte
Klein myte met gereduseerde ledemate en kenmerkende lang spoelvormige lywe (0.2 – 0.4 mm by 20x vergroting te siene). Vreetskade manifesteer as verkleuring op blare en vrugte (“roesmyte”); maar ook as vergroeisels en knoppe op blare en vrugbeginsels (“Knopmyte”). Knopmyte is moeilik beheerbaar weens hul verskuilde lewenswyse agter skutblare van botsels. Korrekte tydsberekening is krities vir beheersukses. Gewasse soos tamaties, wingerd, sitrus, steenvrugte en mango’s word aangeval.
TARSONEMIDAE: Bleekmyte
Ook bekend as Silwermyte, met dorsaalplate wat om die liggaamssye vou waarbinne patogene en swamspore versamel wat tussen plante versprei kan word. Ernstige plae van gewasse soos sitrus, pynappels en sierplante. Suurlemoene is veral vatbaar. Volwassenes en nimfe voed op die skil van jong vrugte – wat later versilwering meebring, internodusse van jong groei verkort en by jong blare word verkrompeling veroorsaak.
TENUPALPIDAE: Platmyte
Afgeplat, wye gasheerreeksplae van sitrus, sagtevrugte, subtropiese vrugte, katoen, tuin- en veldplante.
TETRANYCHIDAE: Spinmyte
Verbasend kleurryke myte in skakerings van rooi. Rooispinmyte koloniseer onder blare waaroor hulle symatte spin, om natuurlike
vyande te ontmoedig. Floreer onder warm, droë toestande en populasies piek veral in die najaar. Voedingsplekke veroorsaak stippel-
agtige vergeling en later afsterwing van blare. Van die moeilikste plae op groentes, sitrus, vrugte, koring, mielies, soja, huis- en tuin-
plante, tabak, katoen en tee.
Die Sitrus Rooimyt (Panonychus citri) takel die gewas wêreldwyd toe, en is reeds sedert die 1950’s in S.A. doenig. Met die gebruik van organofosfate soos: Parathion vir Rooidopluisbeheer en Temephos vir Blaaspootjie-beheer, meestal op Valencias en Navels het Rooimyt laat eskaleer. Onder vogstres veroorsaak hul erge ontblaring, vrugverkleuring en vrugval. Wanneer kosskaarste of oorpopulasie voor-kom, word sydrade gespin, wat dien as valskerms vir windverspreiding (“ballooning”).
Mytbeheer
Na die tweede wêreldoorlog het sekere organofosfate goeie mytbeheer verskaf, maar natuurlike mytvyande is terselfdertyd ook vernietig, en organofosfaat-weerstand, asook kruisweerstand met ander ouer chemiese groepe, was gou ’n werklikheid. Philagro beskik tans oor moderne chemie met drie verskillende werkingswyses (IRAC groepe) om mytplae die hoof te bied. Afwisseling binne spuitprogramme tussen IRAC chemiese groepe bied ʼn volhoubare oplossing teen mytweerstand. Sekere myte oorleef wintermaande op onkruide en daarom is onkruidbeheer in gewasse ook baie noodsaaklik.
Milbeknock® 1% EC
Van natuurlike oorsprong, ʼn bakteriële fementasie mytdoder, onder meer geskik vir organiese boerdery. Rooispinmyt en Europese rooimyt word in alle lewenstadia beheer deur die uitstekende translaminêre sistemiese werking. Voedende myte word ook aan die onderkant van blare bestry, sonder direkte raakbespuiting. Myteiers word ook gedood mits dit raakgespuit word. Geregistreer vir gebruik op tamaties, komkommers, aarbeie, appels en sierplante, met kort onthoudingsperiodes wat mytbeheer kort voor oes toelaat.
Smite® 100 SC
ʼn Bloubandproduk wat die normale vervellingsproses van spesifiek myte inhibeer (IRAC:10A). Smite beheer net die onvolwasse stadia (eier, larwe en twee nimfstadia) en steriliseer ook die volwasse mytwyfies wat opvolgende generasie-getalle drasties inperk. Nie nadelig vir bye, meeste roofmyte of voordelige insekte nie, en kan dus gebruik word in geïntegreerde plaagbestryding-programme. Smite is temperatuurbestand en gou reënvas ná afdroging, met ’n redelik lang nawerking. Registrasies sluit mytplae van sitrus, appels, pere, tamaties en rose in. Smite word teen lae dosisse toegedien met kort onthoudingsperiodes met sekere MRL toleransies vir die uitvoermark in plek.
Meothrin® 200 EC
Dit is van die min piretroïed-insekdoders met mytdodende eienskappe, as kontaksenuweemiddel met ’n vinnige uitklopaksie, ideaal om volwasse mytbevolkingste beheer. Meothrin bestry Rooispinmyt op katoen, rose en tamaties asook Sitrusrooimyt en Laeveldmyt op sitrus.
Boere beskik dus oor ʼn keuse tussen drie mytdoders uit die Philagro-stal om hul mytprobleme te bestuur. Deur die verskillende chemiese groepe afwisselend teen myte in te span, sal suksesvolle en volhoubare mytbestryding verkry word.
Milbeknock® 1% EC (Reg nr. L6655, Wet nr. 36 van 1947) bevat milbemektien, versigtig. Milbenock® is die geregistreerde handelsmerk van Mitsui Chemicals Agro Inc., Japan. Sumitomo Corporation Africa (Edms) Bpk. (Reg. nr.: 2013/198830/07), Posbus 2253, Parklands 2121. Meothrin® 200 EC (Reg. nr. L6385, Wet nr. 36 van 1947) bevat fenpropatrien, giftig. Smite® 100 SC (Reg. nr. L6011, Wet nr. 36 van 1947) bevat etoksasool, versigtig. Meothrin®, en Smite® is die geregistreerde handelsmerke van Sumitomo Chemical Company, Japan. Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk, (Reg nr. 1998/010658/07), PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040.