Laeveld
Agrochem

Belangrike vooroes-manipulasies om sitrusopbrengs te verbeter (Philagro)

Deur Jakkie Stander, Willem van
de Pypekamp en Schalk Reynolds
Philagro S.A.

Sitrusvrugset en die rol van hormone

Blaarbespuiting van gibbereliene (GA) tussen volblom en 100% blomblaarval is ’n goed ontwikkelde bestuurspraktyk in sitrus om vrugset te verbeter. (1;2;3;4) Eksogene GA kan die vrugbeginsel voorsien van ’n bron van GA wat vrugset veral in selfonverenigbare en swak partenokarpiese kultivars kan verbeter. (5;6;7)

In sitrus is GA3 die mees effektiewe vorm van eksogene GA wat sintese van die aktiewe GA1 in die vrugbeginsel kan induseer.(8) ProGibb® (Valent Bioscience, Libertyville, IL, VSA) is ’n spesiaal geformuleerde produk wat GA3 as die aktiewe bestanddeel bevat en word gebruik om vrugset te verbeter (Tabel 1, figuur 1&2), voorkoms van kraakskil te beperk en laat-hang te bewerkstellig.

Dit is veral effektief in die handhawing van vrugset en -opbrengs in gebiede wat sukkel met uiterste weerstoestande tydens blom, asook op kultivars wat saadlose vrugte produseer en wat bekend is daarvoor om moeilik partenokarpies te set.

Vrugsetverbetering met ProGibb®

Die effektiwiteit van ProGibb® is afhanklik van die opname en volharding van GA3 op die plantoppervlak, asook die behoud van die integriteit van die molekuul onder veldtoestande. ProGibb® is spesiaal geformuleer om dit te bereik. Die ProGibb® 40 SG formulasie, byvoorbeeld, los onmiddellik op wanneer dit by watertenks gevoeg word, maar behou integriteit onder veldtoestande vir ’n baie lang tyd. In veldproewe het ProGibb® 40 SG konsekwent beter prestasie gelewer in vergelyking met die tablet-, vloeistof- en poeierformulerings.

Om optimale kontak tussen die hormoonspuitoplossing en die oppervlak van jong vrugte te verseker, moet ProGibb® toegedien word as ’n blaarbespuiting tussen 65% en 100% blomblaarval (Figuur 2 A-C). Versuring van spuitoplossings wat ProGibb® bevat verhoog opname van die hormoon deur die blaar en vrugte, en die gebruik van ’n benattingsmiddel en die toediening van ProGibb® by hoë RH (hoër as 40%) en by optimale temperatuur laat GA3 in ’n mobiele fase bly vir ’n langer tydperk en verbeter sodoende opname.

Fig. 2. A) Te vroeg vir ProGibb® vrugsetbespuiting; B) Tyd 1 (65% bbv) vir ProGibb® vrugsetbespuiting; en C) Tyd 2 (100% bbv) vir ProGibb® vrugsetbespuiting.

Belangrik oorwegings by gebruik van ProGibb®

  • Lees die produketiket en volg alle aanwysings.
  • Bome moet gesond en in goeie toestand wees.
  • Besproeiing- en bemestingsbestuur is belangrik, bome mag nie oor- of onderbesproei word nie.
  • Blaardakbestuur moet effektief en op datum wees. Bome moet goed gesnoei wees sodat die spuit by al die dele van die boom kan uitkom.
  • Om ProGibb® opname te optimaliseer, word dit aanbeveel om ’n benattingsmiddel te gebruik.
  • Moenie koper- of oliebespuitings binne 4 weke na ’n ProGibb® toedien nie. Koper en olie bedek die vrugte en beperk dus die opname van ProGibb®. Indien moontlik, gebruik ProGibb® voor olie- en koperbespuitings.
  • Temperatuur by toediening is belangrik. Die weer moet koel wees en die vrugte droog wanneer ProGibb® toegedien word. Die beste tyd om te spuit is vroegoggend. Vermy oggende wanneer daar swaar dou of hittegolf-toestande verwag word tydens  en na spuit. Die optimale spuittemperatuur is 15 tot 30°C. Min tot geen opname van ProGibb® vind plaas by of onder 10°C of bo 30°C. Weerhou ’n bespuiting indien reën binne die volgende 6 uur voorspel word. Koue, nat toestande kan spuitskade  veroorsaak.
  • Gebruik die korrekte dosisse en kontroleer die pH van die water wat gebruik word vir bespuiting. Die optimale pH van ’n ProGibb® spuitmengsel moet tussen pH 4 en 7 wees, met pH van 5.5 optimum.
  • Vermy die gebruik van ProGibb® saam met ander produkte.

Fig. 3. Vrugsetverbetering met behulp van ’n ProGibb® vrugsetbespuiting.

Sitrusvruggroei en die rol van hormone

Sintetiese ouksiene word oor die algemeen toegedien vir vruggrootte-verbetering waar vruggrootte onbevredigend is. Tydens die blom- en vrugsetperiode kan ouksiene etileensintese stimuleer en die afsnoering van klein vrugte veroorsaak wat die tussen-vrug kompetisie verminder.(11;12;13;14) Toediening van sintetiese ouksiene teen die einde van fisiologiese vrugval (November tot Desember) lei egter tot ’n verhoogde sinksterkte van oorblywende vrugte en ’n toename in vruggrootte sonder beduidende uitdunning .(11) Verskillende tipes ouksiene het verskillende metodes van werking.

Fenoksie-ouksiene, soos 2,4-D en 2,4-DP of dichloorprop-p (Corasil®P), lei oor die algemeen nie tot etileensintese nie, maar vertraag die af-
snoer van vrugte of ander reproduktiewe organe wanneer dit toegedien word op die korrekte stadium en teen die korrekte konsentrasie. (15;13;16) 2,4-D, byvoorbeeld, vertraag die afsnoer van die blomstyl in sitrus wat lei tot geslote nawel-ente (17) of vermindering van vrugsplit van mandaryne. (18) Dit kan ook vrugval inhibeer wanneer toegedien kort voor oes.(14) Die toediening van 2,4-DP het ’n direkte stimulerende effek op vruggroei-tempo indien dit naby aan die einde van die fisiologiese vrugval toegedien word sonder om die aantal vrugte per boom betekenisvol te verminder.(19;20;21;22)

Vruggrootte-verbetering met Corasil®P

Die effek van 2,4-DP op sitrus is wel bekend (21;22;23) en Corasil®P (Nufarm) is kommersieel beskikbaar om vruggrootte te verbeter (Tabel 2). Corasil®P bevat 2,4-DP as ’n fenoksie ouksien en sy effek op uitdunning kan minder aggressief wees as ander ouksietipes.

Wanneer op die korrekte stadium toegedien, word sy positiewe effek op vruggrootte grotendeels verkry deur direkte stimulasie van vruggroei deur selvergroting. Corasil®P het ’n korter weerhoudingsperiode (slegs 90 dae) en word vroeër toegedien, wat die risiko vir MRL oorskryding verminder. Die huidige MRL vir sitrus na die EU is 0.30mg/kg vrugte. Al die resultate van residu-toetse dui egter daarop dat die residu van dichlorprop-p vêr onder die toegelate MRL toets by tyd van pluk. Dit is egter belangrik om die uitvoerder te raadpleeg oor spesifiek na watter supermarkte die vrugte bestem is.

 Corasil®P is tans die enigste sintetiese ouksien wat geregistreer is vir vruggrootteverbetering op laat-mandaryne soos ’Nova’, ‘Mor’ en ’Nadorcott’ (Tabel 3), en daar is geen alternatiewe vir Corasil®P gebruik in pomelo’s.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.