Laeveld
Agrochem

Bemestingomstandighede (Atlantic Fertilisers)

Boerdery-omstandighede verander voortdurend:

  • Inkomste verminder;
  • Insette verhoog;
  • Risiko verhoog a.g.v. logistiek, afstand van die mark en regulasies; of
  • Kwaliteit, vruggrootte en rakleeftyd raak meer belangrik as groot oeste.

Indien plaasinkomste gelyk is aan uitgawes, beweeg ons na ’n nievolhoubare stelsel. Probeer die groot uitgawes verminder, veral waar die geld nie binne die eerste twee jaar verhaal kan word nie.

Besnoei kostes deur die reserwes van voedingstowwe te benut soos aangetoon word deur ’n grondontleding, asook boomreserwes op ’n tydelike basis te benut. Skep ’n omgewing waarin organismes kan voed, floreer en vermeerder en wat beskikbaarheid van voedingstowwe bevorder.

Bemesting en blaarvoeding:

  1. Besparing op kalk en gips kan oorweeg word indien hierdie toedienings in die verlede gedoen was.
  2. Volg ‘n meer organiese benadering deur gebruik te maak van mis en organiese produkte veral vir kalium- en fosforaanvullings.
  3. Meer gereelde en kleiner toedienings van mis en kompos kan meer effektief wees as oormatige groot en eenmalige toedienings.
  4. Kalium- en kalsiumopname kan met 20% verhoog in die teenwoordigheid van organiese bemesting.
  5. Waar gronde voldoende fosfor en kalium bevat, is stikstof die belangrikste element wat sinvol beplan moet word gedurende die groeiseisoen.
  6. Stikstofvrystelling uit grond en organiese materiaal kan bevorder word deur meer gereelde kleiner toedienings van organiese materiaal met vishidrolisaat te kombineer.
  7. Bemes minimum fosfaat indien dit benodig word.
  8. Bemes kalium betyds vir maksimum opname – nie alles aan die einde van die groeiseisoen nie.
  9. Blaarbespuitings met voldoende aktiewe elemente in blaarvoeding is noodsaaklik en besluite moet daarvolgens beplan word – verminder aantal bespuitings en vermeerder tyd van opname.
  10. Verbeter besproeiingskedulering en bestuur tydelike strestoestande (klimaat).
  11. Verminder die aantal bemestingtoedienings gedurende die seisoen – verhoog dus konsentrasie en bespaar tyd en toedieningskoste.
  12. Plaas bemesting naby aan die wortels van die plant teen veilige konsentrasies om verliese te beperk en opname te bevorder.
  13. Maak betyds aanpassings volgens die groeikrag en potensiële oes deur insette te verminder waar die inkomste dit nie regverdig nie en te verhoog waar die oes groter is.
  14. Wees bewus van geiler groei en verlaagde strestoestande onder nette.

Onder moeilike ekonomiese toestande is kennis en beproefde praktyke van groot waarde. Kontak jou LAC-agent vir ’n evaluasie van jou bemestingsinsette wat gepaard gaan met tegniese ondersteuning.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.