Meer artikels deur Agri Technovation
Alternerende drag in avokado’s (Agri Technovation)
Alternerende drag in avokado’s bly ’n komplekse produksie-uitdaging, veral in die afwesigheid van geregistreerde blom- en vruguitdunningsmiddels. Die artikel, saamgestel deur Dr. Elmi Lötze, Waldo Krige en Wilmé Brown van Agri Technovation, ondersoek hoe ’n holistiese benadering wat fokus op hormonale, voedings- en koolhidraatbestuur kan help om balans in die boom te herstel. Deur strategiese ingrypings tydens die aanjaar toe te pas, soos voedingsprogramme en biostimulante, kan set verbeter en vrugval verminder word. Die uiteinde: meer volhoubare, voorspelbare opbrengste.