Ons het in vroeg April 2026 saam met ons verskaffers en produsente ‘n lekker proewe braai geniet, aangebied deur Hardie Holtshauzen (LAC Bethal).
Die fokus van die proewe was om die waarde van in-voor behandelings tydens plant sowel as blaarvoedings- en biostimulant programme te kwantifiseer in sojabone en mielies, met spesifieke aandag aan opbrengsvoordele, fisiologiese reaksies en stresbestuur.
Baie dankie aan al die verskaffers wat betrokke was en bygedra het tot die sukses van die dag – BRANDT (Elim Fertiliser), BioCo Crops, Guanoboost, Agri Technovation SA, Bass Agri, Rolfes Agri en Bancella.








