Laeveld
Agrochem

Boer vooruit met Geïntegreerde Plantenergiebestuur (World Focus Agri)

Deur At van Schalkwyk
Direkteur
World Focus Agri

’n Wenboer is ’n boer wat produkte aan die verbruiker lewer wat voldoen aan die verbruiker se verwagtinge, teen ’n prys wat die verbruiker bereid is om te betaal. Hierdie boer:

  • produseer gesonde en bekostigbare voedsel volgens aanvaarde en volhoubare metodes en gebruike;
  • gebruik meer, natuurlike produkte om tred te hou met die voedingsbehoeftes van die wêreld;
  • konsentreer op die ontwikkeling en gebruik van omgewingsvriendelike produkte en metodes wat menslike gesondheid bevorder.

Dit is wat die moderne verbruiker verwag en wat die varsprodukteboere moet vermag. Om die boer al die pad met hierdie proses te ondersteun, kan hy reken op World Focus Agri se tegnologie en natuurlike oplossings vir gewasproduksie en gevolglike rykdomskepping deur volhoubare landboukundige praktyke. World Focus Agri gebruik natuurlike produkte, verryk met minerale voedingstowwe, om die beste van albei wêrelde te benut. Dit kan net bereik word as dit kommersieel lewensvatbaar is en ’n aanvaarbare opbrengs op belegging lewer. Dit is waar die konsep van Geïntegreerde Plantenergiebestuur ter sprake kom.

Wat is Geïntegreerde Plantenergiebestuur?

In die groeisiklus van ’n gewas is daar verskillende mylpale waar meer energie benodig word as wat die reserwes kan verskaf. In graan gebeur dit by inisiasie en wanneer die plant van vegetatiewe na reproduktiewe stadium oorgaan. By groente, meerjarige plante en bome gebeur dit tydens blom, vrugset (seldeling) en vrugvul.

As daar nie in hierdie unieke energiebehoefte voldoen word nie kan die plant ’n “energiekrisis” beleef. Dit is sogenaamde metaboliese stres. Tydens so ’n fase word die produksiepotensiaal van die plant negatief beïnvloed en die vatbaarheid vir siekteveroorsakende organismes en insek-aanvalle, verhoog weens die gebrek aan beskikbare energie om die ensimatiese hormoonstelsels van die plant aan die gang te hou.

Hierdie stelsel is verantwoordelik vir optimale metabolisme en verdediging teen siekteveroorsakende organismes.

Hoe om plantenergie te optimaliseer

Dit kan bereik word deur op die volgende noodsaaklike plant- of gewaskomponente te fokus:

  • Ensimatiese stelsel.
  • Kalsium en funksionele komponente daarvan.
  • Funksionele en beskikbare koolstof (-COOH).

Die byvoeging van ’n voortreflike natuurlike organiese stofwisselingsproduk, funksionele koolstof (-COOH) en Ca+, kan die balans in die plant se energiekurwe herstel.

Hierdie meer aktiewe en gebalanseerde metabolisme, het die volgende biologiese uitwerking in die plant:

  • Verbeterde ensiemaktivering vir metaboliese veranderinge en opname van voedingstowwe.
  • Toename in hormoonaktiwiteite.
  • Voortgesette groei van haarwortels   (belangrik vir opname van Ca++).
  • Toenemende konsentrasie van plantsuiker of minerale (BRIX).
  • Toenemende balans van absisiensuur  en ʼn toename in plantsap-beweeglikheid.
  • Toenemende fotosintese-aktiwiteit.
  • Buffer pH van die grond/medium, beskerm saailinge en jong plante teen hoë soutindekse van chemiese bemestingstowwe.
  •  Optimale balans tussen fotosintese en respirasie.

Vanweë hierdie veranderinge in die plant se metabolisme, is daar ’n beduidende toename in glukose-, suiker-, stysel- en aminosuurproduksie. Die is ’n optimale toestand vir blomvorming, vrugset en vrugvul, dus ’n verbeterde opbrengs.

Vir die beste resultate in Geïntegreerde Plantenergiebestuur, gebruik die volgende produkte wat deur World Focus Agri verskaf word:

  • Ensimatiese stelsels: Gliogrow, Gliosense, Gliomax, Glionut.
  • Kalsium: CCM, Complex Calsus, Complex Calsul, Complex SuperCa.
  • Funksionele, beskikbare koolstof (-COOH):    Complex SuperCa, COA Fertigation, COA Root.

Vir meer inligting, kontak At van Schalkwyk by 082 452 8983 of www.worldfocusagri.com of op Facebook: World Focus Agri. Of kontak  jou plaaslike Laeveld Agrochem-agent.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.