Laeveld
Agrochem

Buitengewone insekbeheer met wêreldklas aktiewe bestanddeel (FMC)

A part of: , ,

Die nuwe generasie Circaden® insekbeheerproduk, aangedryf deur die Cyazypyr®- aktief, is ʼn baanbrekerproduk wat vroeë-seisoen beskerming teen insekte bied vir gesonder plante van begin tot einde. Dit lewer ʼn unieke aksie teen ʼn wye spektrum van suigende en kouende plae vir ʼn meer veerkragtige gewas.

Toedienings vroeg in die gewassiklus kan help om sagte saailinge te beskerm teen voedingskade asook teen sekere siektes wat deur insekte oorgedra word, veral wanneer dit as deel van ʼn plaagbestuursprogram gebruik word.

Circaden® 200 SC insekbeheer van FMC is nou beskikbaar in Suid-Afrika en bied breë- spektrum beheer in gewasse teen skadelike insekte waaronder belangrike spesies soos witvlieë, plantluise, blaaspootjies, bladmyners en Lepidoptera-plae.

Circaden® 200 SC verbeter gewasvestiging in gewasse soos tamaties, soetrissies en kool deur vroeë-seisoen grondtoediening tydens plant of oorplant (deurdrenkte saailinglaaie of drupbesproeiing).

“Die Cyazypyr®-aktief in Circaden® 200 SC is ʼn wêreldklas aktiewe bestanddeel wat ʼn wye spektrum van kou- en suigende plae beheer,” verduidelik Ben Schoonwinkel, FMC se sakehoof vir Suid-Afrika.

“Dit is ʼn uitstekende opsie vir produsente om in ʼn vroeë toediening te gebruik om plantvestiging en groeikrag te bevorder, veral in groente. Gewasse reageer baie goed en toon uitsonderlike plantgesondheid in die vroeë stadiums as gevolg van die vermindering van gewasstres.”

Cyazypyr® is ʼn kragtige antranieldiamied- insekdoder wat produsente in staat stel om verskeie sleutelplae te beheer. ʼn Groot aantal veld-, kweekhuis- en laboratoriumstudies in baie lande het getoon dat Cyazypyr®-bevat- tende produkte baie effektief is teen verskeie spesies van beide kou- en suigende plae in ʼn verskeidenheid gewasse.

Die unieke eienskappe van Cyazypyr® laat selektiewe beheer van plae toe, terwyl voor- delige geleedpotiges bewaar word. Cyazypyr®- gebaseerde insekdoders het ʼn uitstekende ekotoksikologie en omgewingsprofiel. Hierdie eienskappe maak Cyazypyr® ʼn waardevolle element van geïntegreerde beheer van plae, en is versoenbaar met Geïntegreerde Plaag- bestuur GPB-programme.

Afhangende van plaaslike gewasstelsels en tydelike plaagvoorkoms, kan Cyazypyr® óf as ʼn grondtoediening (vooroorplanting deurdrenk) of deur drupbesproeiing toegedien word.

Cyazypyr® is deel van Groep 28 volgens die IRAC-klassifikasieskema. Danksy die unieke manier van werking op suigende plae, het Cyazypyr® gelyke prestasie teen vatbare en weerstandbiedende plaagbevolkings getoon. Laboratoriumdata toon dat Cyazypyr® nie beïnvloed word deur weerstandsmeganismes wat bekend is dat dit weerstand teen ander insekdoders verleen nie.

Die insekdoder bind aan ryanodienreseptore wat in insekspiere voorkom. Die aktivering van daardie reseptore veroorsaak die vrystelling en uitputting van intrasellulêre kalsium wat lei tot spiersametrekking en verlamming. Vergif- tigingsimptome sluit in vinnige voedingstaking, algemene lusteloosheid, verlamming en uitein- delike plaagsterftes. Hierdie kenmerke help om direkte gewasskade te voorkom en vertraag die oordrag van sommige plantvirus- en bakteriële patogene wat deur blaaspootjies en Hemiptera- plae soos witvlieë of plantluise versprei word.

Met al die voordele van Cyazypyr® bied lang- werkende Circaden® 200 SC ʼn unieke aksie wat insekgedrag doeltreffend beïnvloed deur spierfunksie te benadeel. Insekte hou vinnig op om te voed, wat uitstekende plantbesker- ming tot gevolg het. Boonop het Circaden® 200 SC ʼn gunstige omgewingsprofiel en is ideaal vir GPB-programme.

Circaden® 200 SC Reg. nr. L11488, Wet nr. 36 van 1947, bevat syantraniliprool (antraniliese diamied) – 200 g/L (Cyazypyr). Waarskuwing: skadelik indien ingeasem, baie giftig vir waterlewe met langdurige effekte.
FMC Chemicals (Edms.) Bpk., Posbus 44, Postnet Menlyn, Waterkloof Glen, 0181, Republiek van Suid-Afrika.
Circaden® 200 SC en Cyazypyr® is handelsmerke van FMC Corporation of sy affiliate.
Besoek https://ag.fmc.com/za vir meer inligting.

Northern Cape
Western Cape
Eastern Cape
Free State
Gauteng
North-West
Mpumalanga
Limpopo

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

[language-switcher]
We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.