Deur Brian de Villiers en Juta Mentz
Villa Crop Protection
Alhoewel glifosaat vir meer as veertig jaar gebruik word, is daar gereeld nuwe bevindinge oor hoe om die effektiwiteit nog verder te verbeter. Byvoegmiddels staan aan die voorpunt van hierdie tegnologie en dit word gebruik om glifosaat effektiwiteit en stabiliteit te bevorder.
Glifosaat behoeftes
ʼn Sekere persentasie glifosaat spuitdruppels is geneig om van die blaar af te hop en die bedekking te verlaag. Verder word daar ʼn sekere mate van verspreiding van spuitdruppels benodig om die bedekking nog verder te verbeter. Net sekere benatters kan suksesvol met glifosaat hiervoor gebruik word. Benatterkeuse is dus van kardinale belang om glifosaat bedekking te bevorder.
Glifosaat het ʼn relatief lang opnameproses wat dan die onopgeneemde druppelresidu aan nadelige omgewingstoestande soos lae humiditeit blootstel. Die manier om hierdie probleem aan te spreek, is om ʼn herbenatter (humectant) te gebruik. Dit is egter belangrik om die korrekte herbenatter te kies want nie alle produkte is ewe effektief met glifosaat nie. Dit is alom bekend dat glifosaat deur opgeloste antagonistiese katione in water benadeel word. Die effektiefste metode om hierdie katione te neutraliseer, is om ʼn tegniese graad ammoniumsulfaat byvoegmiddel te gebruik. Ammoniumsulfaat bind met die nadelige katione op die blaar voordat die ione met die glifosaat kan bind. Verder bevorder dit ook die opnameproses van glifosaat.
Class Act NG – die drie in een byvoegmiddel
Class Act NG (L 10477) is ʼn byvoegmiddel wat al drie hierdie probleme aanspreek. Dit bevat ʼn volle dosis benatter om bedekking, verspreiding en opname te bevorder. Verder bevat dit die Winfield gepatenteerde CornSorb tegnologie wat die druppels langer vogtig hou asook om die opnametempo te verhoog. Dit bevat ook genoeg ammoniumsulfaat om antagonistiese katione te bind. Class Act NG is dus ʼn multi-funksionele byvoegmiddel om glifosaat effektiwiteit onder die nadelige Suid-Afrikaanse weersomstandighede te bevorder.
Class Act NG vaar ook uitstekend met Villa se glufosinaat, vir soortgelyke redes as met glifosaat.

Class Act NG onder kommersiële toestande
Johan Dyason, Laeveld Agrochem in Viljoenskroon sê die volgende: “Class Act NG is ʼn skitterende produk. Met behulp van die CornSorb tegnologie in die Class Act NG kry ek beter beheer van die moeiliker onkruide soos Conyza.
Ek het in die begin ook my bedenkinge gehad oor die meer effektiewe werking wat Class Act NG aan ʼn glifosaatproduk kan gee, maar nadat ek dit die eerste keer met glifosaat gebruik het, is ek oortuig van die produk se uitstekende werking.
Dit is ʼn maklike produk om te gebruik omdat dit ʼn een-drom oplossing is. Een produk wat ammoniumsulfaat asook ʼn benatter bevat, om nie eers te praat van die verbeterde opname van die glifosaat deur middel van die Cornsorb tegnologie nie. Class ACT NG werk puik in ʼn vliegtuigbespuiting saam met Glygran 710 SG (L 8449).”
CLASS ACT NG: AKTIEWE BESTANDDELE
Bevat Ammoniumsulfaat, plus ’n nie-ioniese benatter (Alkylpolyglycoside C8-10 / Agnique PG 8105)
Reg. No. L 10477 Act/Wet No. 36 van 1947
Winfield Solutions Registration Holdings (Pty) Ltd. Co. Reg. No. 2015/312008/07
Posbus 10413, Aston Manor, 1630; Tel: 011 396 2233; www.villacrop.co.za
