Deur Juta Mentz
Bemarkingsadviseur
Villa Crop Protection
Glifosaat is al vir meer as veertig jaar maklik verkrygbaar en redelik bekostigbaar, maar met die huidige prysverhogings en probleme met beskikbaarheid word dit belangriker om die optimale werking van glifosaat te verseker.
Uitdagings van glifosaat
Opgeloste antagonistiese katione in water benadeel glifosaat. Die effektiefste manier om katione se negatiewe werking op glifosaat te oorkom is om ’n tegniese graad ammoniumsulfaat byvoegmiddel te gebruik. Die ammoniumsulfaat bind dan met die nadelige katione op die blaar voordat die ione ’n negatiewe uitwerking op die glifosaat kan hê. Ammoniumsulfaat bevorder dan die opname van die glifosaat.
Nog ’n uitdaging van glifosaat is die vorming van skuim wanneer dit in die tenk gemeng word. Sonder die gebruik van ’n teen-skuim-middel saam met die glifosaat sal daar gewoonlik baie skuim uitloop en selfs wegwaai wanneer dit gemeng of vervoer word.
’n Sekere persentasie van die druppels in spuitmengsels wat glifosaat bevat is geneig om van die teiken af te spat wat sodoende die bedekking verlaag. Dit is noodsaaklik om die bedekking te verbeter en die verspreiding van die spuitdruppels te verseker. Ongelukkig kan alle benatters nie suksesvol met glifosaat gekombineer word nie, so die keuse van benatter is dus van kardinale belang om die optimale bedekking van glifosaat te verseker.
Die laaste uitdaging van glifosaat is die lang opnameproses wat nodig is vir effektiewe onkruidbeheer. Omgewingstoestande soos lae humiditeit, hitte en stof wat in ons lande voorkom, kan baie nadelig wees vir die effektiewe werking van glifosaat omdat druppels nie behoorlik opgeneem word nie.
Dit is dus belangrik om nie nét ’n goeie benatter te gebruik nie, maar ook ’n herbenatter (bevogtiger) sodat die druppel vir ’n langer tydperk vogtig kan bly.
’n Viervoudige oplossing
CLASS ACT® NG is ’n goeie opsie want dit spreek al vier uitdagings van glifosaat aan. CLASS ACT® NG bevat ammoniumsulfaat om die antagonistiese katione te bind, ’n teen-skuimmiddel sodat so min as moontlik aktiewe bestanddeel deur die skuimproses verlore gaan, en ’n volle dosis benatter wat spesifiek saam met glifosaat werk om sodoende die bedekking te verhoog.
CLASS ACT® NG bevat ook WinField United se gepatenteerde CornSorb®-tegnologie wat nie net die spuitdruppels langer vogtig hou met sy herbenattingsvermoë nie, maar ook die opnametempo van die glifosaat verhoog.
CLASS ACT® NG is ’n multi-funksionele byvoeg- middel wat glifosaat se effektiwiteit verhoog om die uitdagings hok te slaan wat deur nadelige Suid-Afrikaanse omgewingstoestande veroorsaak word. CLASS ACT® NG vaar ook uitstekend met Villa se glufosinaat (BOUND 200 SL, BOUND DRY 880 WDG) vir soortgelyke redes as glifosaat.

VOORDELE VAN CLASS ACT® NG
- Pas by glifosaaten glufosinaattoepassings.
- Kondisioneer water in die tenk en werk op die blaaroppervlak om die onkruiddoder in die plant in te werk.
- Bevat gepatenteerde CornSorb®-tegnologie om opname en spoed van die onkruiddoderwerking in die plant te optimaliseer.
- Die formule is ontwerp om skuimvorming te verminder.
Lees altyd die produketiket vir volle besonderhede.
BOUND 200 SL Active ingredient: glufosinate-ammonium 200 g/ℓ (Reg. No. L9280 Act 36 of 1947) (harmful) Registration holder: Villa Crop Protection (Pty) Ltd. Co. Reg. No. 1992/002474/07 PO Box 10413, Aston Manor, 1630 Tel: 011 396 2233. CLASS ACT NG Active ingredient: Ammonium sulphate 480g/ℓ Reg. No. L10477, Act 36 of 1947 (caution) Registration holder: Winfield Solutions Registration Holdings (Pty) Ltd Reg. No. 2015/312008/07 PO Box 10413, Aston Manor, 1630 Tel. (011) 396-2233. BOUND DRY 880 WDG Active ingredient: glufosinate-ammonium 880 g/kg (Reg. No. L10940 Act 36 of 1947) (caution) Registration holder: Villa Crop Protection (Pty) Ltd. Co.
Reg. No. 1992/002474/07 PO Box 10413, Aston Manor, 1630 Tel: 011 396 2233