Baanbreker granulovirus tegnologie vir die onderdrukking van Vals Kodlingmot (VKM – Thaumatotibia leucotreta) vanaf markleiers in virus vervaardigings tegnologie – Andermatt Biocontrol.
Cryptex® word vervaardig deur Andermatt Biocontrol, die wêreldleier in bakulovirus produksie. Andermatt Biocontrol ontwikkel, formuleer en vervaardig al vir die afgelope 32 jaar virusse produkte vir gebruik in landbou. Cryptex® se unieke formulasie bedien die Suid Afrikaanse sitrus industrie sedert 2006 met konstante effektiwiteit waarop gereken kan word.
Wat bied Cryptex® die Suid Afrikaanse industrie?
- Plaaslike, hoogs-virulente en effektiewe virus isolaat – uitverkies tussen ‘n wye reeks Suid Afrikaanse VKM virus isolate.
- Switserse virus-spesialis vervaardigers se uitmuntende formulasie
- Hoogstaande kwaliteit – elke lot word getoets vir virulensie teen VKM larwes.
- Lang rakleeftyd – onbeperkte rakleeftyd by -18°C, en ten minste 24 maande by 4°C. Weens die uitstekende formulasie is daar geen afname in effektiwiteit selfs wanneer dit vir 3 maande gestoor word onder 20°C nie, wat die transport van die produk baie vergemaklik.
- Gebruikersvriendelik – kan saam met die meeste landbouprodukte toegedien word, solank die tenk mengsel se pH tussen 5 en 8 is. Die produk vries ook nie en kan direk vanuit die vrieskas in die tenk doseer word.
- Koformulante is ingesluit om die meeste uit die virus produk onder Suid Afrikaanse toestande te kry – laer sensitiwiteit teen UV straling met ‘n langer effektiwiteit in die veld.
- Die byvoeging van lokmiddels, soos molasse, is onnodig om die produk meer effektief te maak. Als wat nodig is, is reeds ingebou in die formulasie.
- Die lipofiliese eienskappe van die formulasie verseker uitstekende vashegting en reën vastheid.
Granulovirus deeltjies word omsluit deur ‘n natuurlike okklusie kapsule, wat die virus beskerm teen omgewingsfaktore. Oneffektiewe produksie prosedures, verkeerde tydsberekening met betrekking tot oes, verkeerde formulering en onvanpaste bymiddels tydens die produksie proses kan swak gevormde of beskadigde virus deeltjies tot gevolg hê. Die gevolg is verlaagde stabiliteit wat die doeltreffendheid van die virus beïnvloed.
Andermatt Biocontrol het die produksie prosedure vervolmaak om te verseker dat die virus deeltjies se virulensie onder verskillende toedienings omstandighede gehandhaaf word. Produk gehalte is baie belangrik vir die Switserse maatskappy, en daarom word hul produk doeltreffendheid bepaal deur die produk op die betrokke gasheer insek self te evalueer. In die geval van Cryptex® word elke lot getoets deur biologiese evaluering teen VKM larwes. Die kwaliteitskontrole op VKM larwes verseker dat slegs die mees effektiewe produkte beskikbaar gestel word aan die industrie.
Cryptex® se hoë virulensie, uitmuntende formulasie en maklike gebruik verseker hoogs effektiewe beheer van Vals Kodlingmot populasies waarop gereken kan word.
Hoekom Cryptex® gebruik?
KENMERKE | VOORDELE |
---|---|
Plaaslik geïsoleerde granulovirus isolaat, vervaardig in Switserland deur wêreldbekende virus spesialiste, Andermatt Biocontrol | Bewese en konstante effektiwiteit teen VKM op ‘n verskeidenheid gewasse |
Hoogs effektiewe VKM – en skade vermindering wanneer toegedien word soos aanbeveel | ‘n Effektiewe granulovirus produk is een van die beste metodes om teiken plaag bevolkings te verminder |
Baie spesifieke teiken reeks | Cryptex® sal geen voordelige organismes beïnvloed nie en is skadeloos vir bye |
Unieke wyse van werking | Die werking van virusprodukte verskil van chemiese insekdoders, wat hulle ideaal maak vir gebruik in geintegreerde- en weerstandsbestuurs programme |
Gebruiksvriendelike SC formulasie | Gevorderde formulering maak voorsiening vir:Veelsydige toedienings opsiesGeen voedingstimulant (melasse) word benodig nieLipofiliese eienskappe verseker uitstekende vashegting en reënvastheidKan in tenk mengsels gemeng word met die meeste landbouprodukte, mits die pH korrek bestuur wordUitstekende rakleeftyd; minimum 24 maande by 4 °C, onbeperk indien geberg by -18 °C |
Nie-giftig, geen MRL-vereistes nie en het geen onthoudingstydperk nie | Cryptex® is geskik vir organiese en konvensionele landbou en kan gedurende die oestyd toegedien word |
Vervaardig deur:

Geregistreer, Bemark en Versprei deur:

Citrus Protection False Codling Moth Madumbi Protection Madumbi Sustainable Agriculture Vals Kodlingmot