Gustav Venter
Tegniese Hoof: Insekdoders
Syngenta se DENIM® Fit insekdoder voldoen aan al die vereistes van hedendaagse gewasproduksie.
Een + Een = Drie
Teen die agtergrond van die landbou-omgewing se nimmereindigende stryd teen vernietigende peste, bly produsente en wetenskaplikes op soek na die perfekte oplossing wat meer doeltreffend is as sy individuele komponente.
ʼn Omvattende benadering tot pesbeheer is nodig om te verseker dat gewasse oorleef en voedselsekuriteit nie in gevaar is nie.
Emamektien-bensoaat en lufenuron, twee kragtige aktiewe bestanddele, komplementeer mekaar se werking op ʼn sinergistiese manier wat ʼn “een + een = drie” impak op aktiwiteit het.
Emamektien-bensoaat, ʼn groep 6 insekdoder, is ʼn ware impakspeler in die bekamping van lepidoptera-peste. Die bestanddeel teiken senuwee- en spierfunksie om vinnig die voeding van insekpeste te inhibeer en stop sodoende die skade wat hulle aan gewasse aanrig.
Dit is effektief teen alle larwestadiums, werk translaminêr en deur direkte kontak, en het eier- en larwedodende eienskappe. Lufenuron val in die IRAC groep 15 en tree as ʼn chitiensintese-inhibeerder op. Die middel verhoed teikenpeste om van een fase na ʼn volgende te ontwikkel en sy transovariese werking verseker dat sy effektiwiteit na die volgende generasie oorgedra word. Deur die hoeveelheid eiers wat gelê word en hullewensvatbaarheid te verminder, het lufenuron ʼn beduidende ontwrigtende impak op die voortplantingspotensiaal van peste.
Afsonderlik het emamektien-bensoaat en lufenuron hulself bewys as betroubare en doeltreffende pesbeheermiddels. In kombinasie word hul werking egter tot nuwe hoogtepunte gevoer. Deur die krag van beide aktiewe bestanddele in te span, geniet produsente die voordeel van ʼn verhoogde, sinergistiese effek.
Meer as net DENIM® Fit
Die kombinasie van twee voortreflike aktiewe bestanddele is nie die enigste plan wat DENIM® Fit in die mou (of broekspyp!) voer nie. Die produk het ook ʼn unieke statiese formulasie met PEPITE™-tegnologie wat stofvlakke tydens afmeting drasties verminder en dus veiliger gebruik aan die hand werk.
Die feit dat DENIM® Fit onmiddellik in water oplos, asook sy vinnigvloeiende, stofvrye formulasie, maak die produk aansienlik veiliger as ander WG-formulasies. Afgesien van operateurveiligheid, verseker hierdie wêreldklasformulasie ook veilige berging omdat geen afsakking of afskeiding plaasvind nie, die aktiewe bestanddeel nie afbreek nie en die produk nie vries nie en ʼn baie lae vlambaarheidsrisiko het. Die klein produkdeeltjies verbeter ook mengbaarheid en bedekking van die teiken.
Een vir alles
DENIM® Fit bied ʼn omvattende, effektiewe eenkan-oplossing vir die beheer van lepidoptera en blaaspootjies op ʼn groot verskeidenheid gewasse, insluitend tamaties, mielies, sojabone en sonneblomme.
Deur die individuele sterkpunte van twee aktiewe bestanddele saam in te span, het ons ʼn kragtige en betroubare oplossing geskep wat in staat is om selfs die mees hardnekkige peste te bekamp. Die kombinasie teiken veelvoudige fases van die pes se lewensiklus en verminder terselfdertyd die ontwikkeling van weerstand.
Danksy DENIM® Fit se praktiese en veelsydige aard, is dit ʼn uitstekende pesbeheerkeuse. Met hierdie doeltreffende mengsel van aktiewe bestanddele kan produsente met vertroue hul gewasse beskerm om die beste moontlike opbrengs te verkry.
Met DENIM® Fit, is ware vooruitgang in landbou nie meer net ʼn droom nie, maar ʼn tasbare werklikheid.
LEES DIE ETIKET VAN ELKE PRODUK VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE
Denim® FIT bevat emamektien-bensoaat en lufenuron. (Reg. nr. L 9978 Wet nr. 36 van 1947). SKADELIK. Geregistreerde handelsmerk van Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaat sak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. © Syngenta Ag, 2000.