Grondgesondheid is ʼn term wat oor die jare toenemende populariteit in die landboubedryf geniet. Dit is egter ʼn komplekse onderwerp waar goedgegronde wetenskaplike beginsels noodsaaklik is.
Grondgesondheid word gedefinieer as die vermoë van grond om ʼn lewensvatbare ekosisteem te onderhou wat bevorderlik tot hoë produktiwiteit en omgewingsgehalte is.(1) Dit word bepaal deur 1) fisiese grondeienskappe, 2) chemiese faktore en 3) biologiese prosesse.(1)
Die gevolgtrekking kan gemaak word dat grondgesondheid nie slegs ʼn produk of praktyk omskryf nie, maar ʼn holistiese en geïntegreerde benadering. Die gebruik van toepaslike produkte, gebruike en metodes is gereedskap wat lei tot die vorming van ʼn suksesvolle grondgesondheidstrategie wat jare mag neem om ten volle te ontwikkel en implementeer.(1)
Biologiese prosesse is ʼn sleutelfaktor wat tot grondgesondheid bydra, mikro-organismes kan tot en met 90% van alle biogeologiese prosesse in grond fasiliteer.(1) Verskeie grondverwante funksies word deur mikro-organismes ondersteun insluitend nutriëntverwerking en -retensie, afbreek van afvalstowwe, siekte-onderdrukking asook die ontbinding en stabilisering van grondaggregate.(1)
Vele tipes mikro-organismes dra tot grondgesondheid by. Mikorisa speel ʼn sleutelrol in die grondekosisteem omdat dit al drie komponente van die grondgesondheid-definisie kan beïnvloed:(2)
- Mikorisa vervaardig ʼn glukoproteïen genaamd glomalien, wat gronddeeltjies aggregeer en verbetering in grondstruktuur tot gevolg kan hê.
- Mikorisa kan toegang tot potensiële nutriënte aan plante bied, wat buite die bereik van die fisiese wortelsisteem is. Dit kan ook toegang tot vasgelegde fosfor bied deur die vrystelling van fosfatase ensieme.
- Mikorisa, asook ander voordelige grondmikrobes, dra by tot die algehele biodiversiteit van die grond met voordele vir plant- en grondgesondheid. Sekere spesies van voordelige grondbakterieë word as “mikorisa-helpers” beskou en kan voordele in sporulering, groei van miselium, vestiging op wortelstrukture en vermindering in omgewingstres tot gevolg hê.
Mikorisa kan as voordelige grondmikrobes beskryf word en het ʼn simbiotiese verhouding met gasheerplante d.m.v. die wortelsisteem.(2,3,4) Gasheerplante verskaf koolstofryke nutriënte aan die swam terwyl water en nutriënte terug aan die plant gegee word.(1) Die verhouding tussen mikorisa en plante het oor miljoene jare ontwikkel met duisende spesies wat reeds ontdek is.(2)
Mikorisa kan as twee hooftipes geklassifiseer word en word bepaal deur die gedeelte waar die swam se hifusnetwerk voorkom in vergelyking tot die plant se wortelsisteem:(2,3)
- Endo-mikorisa. Die mees algemene voorbeeld is arbuskulêre mikorisa. Die swam se hifus verleng binne die korteksselle van wortels en vorm stoororgane. Die uitruiling van water en nutriënte tussen die swam en gasheerplant vind hier plaas. Hierdie tipe mikorisa assosieer met meeste plantspesies op aarde.
- Ekto-mikorisa. Hierdie tipe mikorisa vorm ʼn dik laag hifus (miselium) wat die oppervlakte van die wortelsisteem bedek. Die hifus penetreer die spasies tussen die kortikale selle sonder om die selle self te penetreer. Hierdie tipe mikorisa assosieer oor die algemeen met houtagtige plante.
Philagro SA bied toegang tot MycoApply EndoMaxx®, ʼn multispesie arbuskulêre mikorisaseleksie in ʼn benatbare poeierformulasie afkomstig vanaf Mycorrhizal Applications LLC uit die Verenigde State van Amerika. Dit is in Suid-Afrika geregistreer vir die gebruik op somergrane, peulgewasse, sonneblomme en aartappels. MycoApply EndoMaxx® word tydens plant aangewend om bemarkbare opbrengste en grondgesondheid te ondersteun.
MycoApply EndoMaxx® bevat Rhizophagus irregularis, Claroideoglomus luteum, Claroideoglomus claroideum en Claroideoglomus etunicatum. Elke spesie bring sy eie genetiese vermoë na die formulasie. MycoApply EndoMaxx® kan prakties saam met verskeie tipes produkte gebruik word, insluitend sekere tipes konvensionele chemie, biostimulante en biokunsmisstowwe.
RAADPLEEG DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS EN BEPERKINGS
MISSTOFGROEP 3. EndoMaxx® (Reg. nr. M200, Wet nr. 36 van 1947), bevat Arbuscular Mycorrhizal Fungi (Rhizophagus irregularis (5 625 propagules/g), Claroideoglomus luteum (5 625 propagules/g), Claroideoglomus claroideum (5 625 propagules/g), Claroideoglomus etunicatum (5 625 propagules/g). EndoMaxx® is ʼn geregistreerde handelsmerk van Mycorrhizal Applications LLC, Grants Pass, OR, VSA.
Verwysings:
- AWALE, R., MACHADO, S., GHIMIRE, R. and BISTA, P. 2017. Soil health. In: G. Yorgey and C. Kruger, ed. 2017. Advances in Dryland Farming in the Inland Pacific Northwest. Washington: Washington State University. pp. 47-98.
- DUNN, B., LECKIE, R. and SINGH, H. 2017. Mycorrhizal fungi. https://extension.okstate.edu/fact-sheets/ print-publications/hla/mycorrhizal-fungi-hla-6449.pdf. Date of access: 12 May 2021.
- FREY-KLETT, P., GARBAYE, J. and TARKKA, M. 2007. The mycorrhiza helper bacteria revisited. New Pathologist, 176:22.
- KOKKORISID, V., HAMEL, C. and HART, M.M. 2019. Mycorrhizal response in crop versus wild plants. PLoS ONE, 14(8):1-16pp.