Andries Burger Sleutelrekeningbestuurder
Sitrusvrugte is ʼn beduidende ekonomiese kommoditeit vir produsente wêreldwyd en is bekend vir hul lewendige kleure, verfrissende geure en oorvloedige gesondheidsvoordele. Die meeste siektebestuursprogramme maak staat op koperbespuitings om blare en vrugte teen infeksies te beskerm. Verskeie uitdagings kan egter sitrus se voorkoms, kwaliteit en bemarkbaarheid beïnvloed.
Een so ʼn bekommernis is koperstippeling, ʼn toestand wat die visuele voorkoms van sitrusvrugte negatief beïnvloed na aanleiding van koperswamdodertoedienings. In hierdie artikel ondersoek ons die oorsake van koperstippeling en effektiewe versagting strategieë om die kwaliteit en kosmetiese voorkoms van sitrusvrugte te handhaaf.
Verstaan koperstippeling
Koperswamdoders word algemeen in sitrus boorde gebruik om swaminfeksies te beheer. Hierdie swamdoders bevat koperverbindings wat plantpatogeniese swamme effektief beheer. Wanneer hierdie produkte egter onbehoorlik of in oormatige hoeveelhede toegedien word en nie volgens registrasie nie, kan koperverbindings lei tot chemiese brand op die skil van sitrusvrugte, en dit staan bekend as koperstippeling op sitrusvrugte.
Koperbespuitings kan die weefsel tussen die talgkliere beskadig, wat veroorsaak dat dooie (nekrotiese) areas verskyn. Dit gee die vrugteskil ʼn gevlekte voorkoms.
Koperstippeling verwys na die ontwikkeling van klein, bruinerige letsels op die skil van sitrusvrugte. Hierdie letsels kom voor as gevolg van die akkumulasie van koperneer slae op die vrugte se oppervlak, dikwels as gevolg van ongeregistreerde aanwending, omgewingsfaktore, kulturele praktyke of siektebesmetting. Koperstippels kan die bemarkbaarheid en visuele aantrekkingskrag van sitrusvrugte beïnvloed, wat dit noodsaak om hierdie kwessie doeltreffend aan te spreek. Koperstippels is hoofsaaklik kosmeties van aard en beïnvloed dus die bemarkbaarheid van die vrug deur die kwaliteit negatief te beïnvloed. Dit is daarom noodsaaklik om die voorkoms van koperstippels uit te skakel of tot die minimum te beperk.
Warm en vogtige toestande bevorder ʼn verskeidenheid sitrusswamsiektes. Suksesvolle behandeling van hierdie siektes hang af van beide eenvormige verspreiding en benatting, asook goeie retensie van koper op alle plant oppervlakke.
Oorsake van koperstippeling
Koperstippeling vind plaas wanneer koperione op die vrugoppervlak akkumuleer. Hierdie akkumulasie, gekombineer met omgewings faktore soos hoë temperature en sonligbloot stelling, veroorsaak oksidatiewe stres op die vrugteskilselle.
Gevolglik verskyn klein, bruinerige spikkels of kolletjies op die vrug se oppervlak, wat dit ʼn gestippelde of gevlekte voorkoms gee.
Verstaan koper
Koperbespuitings is beskermende en voorkomende swamdoders wat eweredig op die oppervlak van die plant of vrugte toegedien moet word voordat die siekte ontwikkel, om infeksie te voorkom. Koper is nie ʼn sistemiese chemikalieë nie, en kan nie intern deur die plant vervoer word om die patogeen te dood nie. Sodra dit toegedien is, plak koper letterlik net waar dit tref en versprei nie wyd oor die oppervlak van die vrug of blaar nie.
Dit is nie toevallig dat koper die doeltreffendste is vir siektes wat vryvog nodig het om te ontwikkel nie. Wanneer vryvog op die plant oppervlak teenwoordig is, soos reën, dou of besproeiingswater, skei die plant organiese sure af wat die pH van hierdie oppervlakwater verlaag. Soos die pH afneem, neem die oplosbaarheid van die koperverbindings toe, wat stadig oplos om ʼn klein en konstante voorraad koperione vry te stel. Wanneer swamspore of bakterieë in aanraking kom met oppervlak water wat hierdie koperione bevat, dring die ione die patogeen se selwande binne en ontwrig die aktiwiteit van sellulêre ensieme, waarna die patogeen gedood word en siekte ontwikkeling voorkom.
Met verloop van tyd neem die koperbedekking op die plantoppervlak af as gevolg van die groei van blare en vrugte. Reën en wind erodeer ook die koperverbindings met verloop van tyd. In gebiede met hoë reënval bied koperswamdoders ʼn korter tydperk van beskerming as in droër toestande. Meer gereelde heraanwending van die beskermende koperlaag is dus nodig in hoë reënval gebiede. Gereelde toediening kan ook vereis word waar oorhoofse besproeiing gebruik word.
Kopervoorbereidings
Daar is hoofsaaklik vyf koperaktiewe bestanddele geregistreer vir die beheer van sekere swamsiektes in sitrus.
Dit sluit in koperoksichloried, koperhidroksied, kopertrisulfaat en koperoksied. In die verlede was die meeste koperprodukte benatbare poeiers. Vandag se aktiewes word geformuleer as waterdispergeerbare korrels, vloeibare suspensies, benatbare poeiers, of water oplosbare vloeistowwe.
Koperprodukte kan ook klein hoeveelhede onsuiwerhede bevat. Sommige goedkoper produkte kan hoë vlakke van ongewenste swaarmetale soos arseen, kwik, lood en kadmium bevat. Net hoë kwaliteit koper produkte moet gebruik word.
Partikelgrootte en retensie
Navorsing het getoon dat koperswamdoder se doeltreffendheid aansienlik verbeter word deur ʼn kleiner partikelgrootte. Hoe kleiner die partikelgrootte, hoe groter is die aantal deeltjies per gram en hoe groter is die swamdodende of bakteriedodende aktiwiteit.
Bedekking word verbeter met kleiner partikels en daar is aansienlik meer oppervlakte per gram produk waaruit koperione in die teenwoordigheid van vog vrygestel kan word.
Kleiner partikels bied beter weerstand daarteen om los te raak omdat dit ligter is en meer oppervlakte het relatief tot hul gewig. Dit lei tot ʼn toename in algehele kleefsterkte. Die hoë aanvanklike verweringsverliese spruit uit die vinnige en volledige verlies van groot deeltjies, terwyl die oorblywende koperreste uit klein deeltjies bestaan. Die kopersamestelling met kleiner deeltjies verbeter siektebestuur deur beter bedekking, beter reënweerstand en langer leeftyd van koperione op die plantoppervlak.
Koperfeite
Daar is min verskil in die vlak van beheer per eenheid metaalkoper tussen vloeibare of droë formulasie. Vloeibare of SC-produkte se partikels is gewoonlik kleiner en dit lei tot die verskil in effektiwiteit. Die belangrikste faktor wat die doeltreffendheid van die produk beïnvloed, is die partikelgrootte van die formulasie en hoe goed dit aan die plantoppervlak kleef.
Produkte met kleiner partikelgrootte het beter bedekking, reënweerstand en langlewendheid. Meer gereelde kopertoedienings teen laer dosisse is meer effektief as dieselfde hoeveelheid koper in minder toedienings.
Kopergewasskade (Fitotoksisiteit)
Die gevlekte voorkoms lyk soortgelyk aan die kolle wat veroorsaak word deur die siekte melanose of swartvlek, maar is amper swart van kleur en is dikwels op die blootgestelde oppervlak van die vrugte. Koperbespuitings kan ook bestaande merke, soos windmerke en blaaspootjiemerke op vrugte verdonker.
Kopergebaseerde swamdoders kan gewoonlik veilig toegedien word met lae hoeveelhede (< 0,5%) minerale-olie. Sommige tenkmengsels wat koper bevat kan sitrusvrugte beskadig. Daar is gevind dat hierdie gevaar groter is wanneer hoë hoeveelhede olie by die mengsel ingesluit is en teen lae spuitvolumes toegedien is.
Sommige kopergebaseerde swamdoders kan plantgroeikragtigheid beïnvloed. Hierdie vermindering word veroorsaak deur te veel koperione wat deur die plant opgeneem word en/of ander onsuiwerhede in die produk.
Kopersoute soos koperchloried (ʼn onsuiwerheid) kan teenwoordig wees in koperhidroksied en oksichloried as dit nie heeltemal geoksideer word tydens vervaardiging nie.
Hierdie vlakke kan hoog wees in sommige laegraad kopersamestellings.
Koperchloried los vinnig op en kan die hoeveelheid koperione tot buitensporige vlakke verhoog. Dit bevat ander swaar metale soos lood en kadmium. Lae kwaliteit koperaktiewes met ʼn hoë inhoud onsuiwerhede kan plantgroei nadelig beïnvloed en vrugdefekte veroorsaak. Ander swaar metaalonsuiwerhede soos lood en kadmium is ook betrokke by verhoogde stippeling. Daar moet ook gekyk word na die toelaatbare maksimum residue van hierdie swaarmetale. Tydsberekening, frekwensie en tempo van toediening is ook baie belangrik.
Dit is belangrik om koper toe te dien met watervolumes wat goeie bedekking bied, maar nie oormatige afloop veroorsaak nie (dit is daarom belangrik om die etikette van die betrokke produkte sorgvuldig te lees). Oortollige spuitdruppels vloei na die laagste punt en vloei óf af en laat visuele strepe op die oppervlak van die vrugte, óf laat koperreste na afdroging. Hierdie gekonsentreerde koperreste kan plantweefsel brand en ook stippeling verhoog.
Koper kan ook in sommige gronde ophoop en skade aan sitruswortels en grondmikro-organismes veroorsaak en kan inmeng met die opname van ander plantvoedingstowwe.
Oormatige water lei tot spuitafloop, vermorste spuitchemie en grondbesoedeling.
Beide sitrusblare en vrugte is soms moeilik om te benat omdat die blare wasagtig is en die vrugte rond, met ʼn dik wasagtige kutikula. Die byvoeging van ʼn nie-ioniese benattingsmiddel sal help om produkretensie te verbeter. Volg altyd die aanbevelings op die produketiket.
Kopergebaseerde swamdoders kan saam met ʼn aantal swam en insekdoders toegedien word.
Kontroleer produketikette volgens die vervaardiger se instruksies voor vermenging en toediening.
Kopergeïnduseerde fitotoksisiteit is meer algemeen wanneer:
- koper toegedien word met produkte wat die pH van die spuitmengsel in die tenk verlaag;
- koper toegedien word by hoë temperature (> 30 °C);
- koper se maksimum toelaatbare dosisse oorskry word of wanneer drie of vier opeenvolgende toedienings aangewend word;
- koper toegedien word op nat vrugte en stadige afdroogtoestande (bv. laataand of vroeg in die oggend voor dou op vrugte en blare voorkom of onmiddellik na reën);
- afdroogtoestande koel en stadig is of humiditeit hoog en wolkbedekking hoog is;
- wanneer koper gemeng word met ʼn hoë proporsie (> 0,5%) minerale-olie.
Verwysing:
Symptoms of citrus melanoses diseases (A, B) and damaged by copper sprays (C, D).
The Plant Pathology Journal 2021;37(6):681-686. Aanlyn gepubliseer: 1 Desember 2021.
Copstar 120 SC, Reg. nr. L7026, Wet nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: koperhidroksied. Copstar 360, Reg. nr. L11167, Wet nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: koperhidroksied. Geregistreer, vervaardig en versprei deur: Rolfes Agri (Pty) Ltd. Reg. nr. 1998/013411/07.
Mundt Straat 288, Waltloo, RSA. T: 012 803 0145, www.rolfesagri.co.za.