Laeveld
Agrochem

Doeltreffende beheer van taai onkruide by mielies (Philagro)

Deur Bennie Buys
Philagro Produkbestuurder
Onkruiddoders Philagro SA

Yamato® 480 SC van Philagro is ’n bewese troefkaart in die stryd teen hardnekkige onkruidsoorte in mielielande.

Taai en weerstandbiedende gras- en breëblaar- onkruide huiwer nie om mielieopbrengste ’n knou te gee nie, en dit is juis hier waar Yamato® behoorlik sy staal wys. Met sy unieke chemie bied dié produk doeltreffende beheer van ’n wye verskeidenheid onkruidsoorte in talle grond- tipes; met aanpasbare voor- en na-opkoms toedieningsopsies.

“Weerstandbiedende gras- en breëblaaronkruid- soorte bly ’n uitdaging vir mielieboere in hul soeke na doeltreffende beheer van onkruid- mededinging in mielielande,” het Bennie Buys, Philagro se Produkbestuurder vir Onkruid- doders gesê. “Ons plaaslike navorsingsproewe het gewys dat Yamato® veilige gewasbeskerming bied en hoogs aanpasbaar aangewend kan word na gelang van elke boer se spesifieke behoeftes,” het hy verduidelik.

Die toename in weerstandbiedende onkruid- bevolkings het in die afgelope paar seisoene aansienlike verliese in verskillende gewasse veroorsaak. Die aanpasbaarheid van taai en weerstandbiedende onkruidsoorte in verskeie produksiegebiede laat ’n groot hoeveelheid sade agter wat uiteraard ’n impak op die volgende seisoen sal hê.

Unieke chemie

Yamato® is deur Kumiai Chemical Industries in Japan ontdek en is reeds in ’n wye verskei- denheid toestande en gewasse met groot sukses wêreldwyd gekommersialiseer. Die aktiewe bestanddeel, piroksasulfoon, spog reeds in verskeie lande met ’n benydenswaardige reputasie vir doeltreffende beheer van moeilik-beheerbare onkruide.

Vanuit ’n tegniese perspektief inhibeer piroksasulfoon onkruide vroeg in die ontkiemingsproses. Dit word hoofsaaklik deur die hipokotiel en koleoptiel opgeneem en tweedens deur die wortels van die onkruidsaailinge.

Verskeie plaaslik-beproefde kombinasies met ander geregistreerde middels bied Suid-Afrikaanse mielieboere nou bewese opsies vir veilige, langwerkende onkruidbeheer.

Boonop spog Yamato®, aangedryf deur “AZEEV Technology”, met talle uitnemende voordele onder andere dat die produk geskik is vir by- kans alle grondtipes, ongeag die klei-inhoud, en dit is veilig om voor- en selfs na-opkoms in mielies toe te dien.

Voorts gebruik Yamato® 10 tot 20 keer minder aktiewe bestanddeel as ander soortgelyke, vergelykbare produkte (byvoorbeeld, een liter geformuleerde produk kan tussen 5 en 10 hektaar behandel). Boonop loog Yamato® min en die produk bly dus langer in die boonste laag van die grond waar gras en breëblaar- onkruide gewoonlik ontkiem vir beduidende langer nawerking. Dit alles lei natuurlik tot bykomende voordele en besparings in stoorplek-, vervoer- en ander kostes.

Skoon lande dra altyd by tot gesonde gewasse en groter opbrengste.

Betroubare gewasveiligheid

Uitgebreide proewe in Suid-Afrika en verskeie ander lande wys dat Yamato®-tenkmengsels en spruitprogramme met Yamato® wat volgens etiket-aanbevelings gekombineer word, uiters betroubaar is wat gewasveiligheid aanbetref.

Weens die verskeidenheid groeitoestande in die verskillende streke van ons land, en die voorkoms van diverse gras- en breëblaaronkruidsoorte en kombinasies daarvan, beveel Philagro se navorsers tans altesaam 14 moont- like produkkonsepte aan met Yamato® as die ankerproduk. Hierdie kombinasies is spesifiek ontwikkel vir streke met verskillende klimaat- toestande en sones; met spesifieke weerstandbiedende en moeilik beheerbare onkruidsoorte in gedagte.

space

Yamato® se breë spektrum van beheer bied produsente ’n bewese metode om hardnek- kige onkruide te beheer. Skoon lande dra uiteraard altyd by tot gesonde gewasse en groter opbrengste.

Volgens Henk van der Westhuizen, Besturende Direkteur van Philagro, bied Yamato® aan mielie- boere die geleentheid om hul lande beter te kan bestuur deur gras- en breëblaaronkruidsoorte veilig en doeltreffend te beheer.

Die vermoë om verskeie kombinasies na gelang van spesifieke behoeftes toe te dien, bied produsente waardevolle opsies om hardnekkige onkruidprobleme hok te slaan.

Vir meer inligting hieroor besoek www.philagro.co.za of skakel Bennie Buys by 082 809 5447.

Yamato® 480 SC (Reg. nr. L10746, Wet nr. 36 van 1947) bevat piroksasulfoon, skadelik. Yamato® is die geregistreerde handelsmerk van Kumiai Chemical Industry Co., Ltd, Japan.

Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk l Reg. nr.: 98/10658/07. PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040. Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.