Deur Sias Leipoldt en Wilma MacPherson
Area Bestuurders
Madumbi Sustainable Agriculture
Ses redes om Double Nickel 55® in jou geïntegreerde plaagbestuursprogram in te sluit
Dit is ’n biologiese swamdoder vir die onderdrukking van witroes en donsskimmel op tafeldruiwe, en witroes op grondrankgewasse (pampoengewasse, komkommers en ander).
Double Nickel 55® is ’n onlangse toevoeging tot die Madumbi BioBestuur-reeks.
Met die huidige wêreldtendense wat die belangrikheid en beduidende groei in die gebruik van biologiese plaagbestrydingsmiddel-oplossings duidelik uitlig, is Double Nickel 55® beslis ’n produk om deeglik van kennis te neem.
Ons het die kundiges van Madumbi gevra om elkeen ’n belangrike rede te gee en te verduidelik waarom Double Nickel 55® hierdie seisoen by spuitprogramme ingesluitmoet word.
- Breëspektrum swamdoder
– Sias Leipoldt
Double Nickel 55® is ’n breëspektrum bio-swamdoder wat voorkomend toegedien moet word om die beste doeltreffendheid te verseker. Die uiteenlopende en unieke werkswyse van Double Nickel 55® dra by tot die produk se doeltreffendheid (sien maniere van aksie). Bacillus amyloliquefaciens
D747-bakterieë is breedvoerig getoets teen ’n verskeidenheid swam- en bakteriese siektes, waaronder witroes (poeieragtige skimmel), donsskimmel, grysskimmel (vaalvrot, Botrytis), suurvrot, vroeë roes en bakteriese blaarvlek, om slegs ’n paar te noem.
Plaaslik is dit geregistreer vir die onderdrukking van poeieragtige skimmel en donsskimmel, met meer registrasies wat volg.

- Veelvuldige maniere van aksie
– Dr Brendon Neumann
Een van die belangrikste voordele van mikrobiese biobeheerprodukte is dat dit oor die algemeen meer as een manier van werking gebruik om die teikenplaag of -siekte te beheer. Dit beteken dat die kans dat die patogeen weerstand kan opbou teen hierdie tipe produkte baie laag is, en maak hierdie produkte ideale weerstandbestuursopsies in GPB-programme.
Dit is in teenstelling met ’n aantal sintetiese produkte wat van enkelvoudige werkswyses gebruik maak. ’n Effense genetiese verskuiwing in die populasie van die teikenplaag kan weerstandigheid teen sulke produkte tot gevolg hê. Met verskeie werkswyses is dit vir die teikenplaag of patogeen baie moeiliker om weerstand op te bou.
Double Nickel 55® het drie belangrike werkswyses. Kontak u Madumbi-verteenwoordiger vir meer duidelikheid hieroor.
l Antibiose (produksie van antimikrobiese metaboliete).
l Mededingende uitsluiting (kompetisie vir spasie en voedingstowwe).
l Sistemies-verworwe weerstand (geïnduseerde weerstand, oftewel GW).
- OMRI genoteer
– Mark Hutton
Double Nickel 55® is op OMRI genoteer. Die Organic Materials Review Institute (OMRI) is ’n private, nie-winsgewende organisasie wat be-paal of ’n produk as organies kwalifiseer onder USDA se National Organic Programme (NOP).
Die gebruik van OMRI-gelyste produkte maak voorsiening vir die organiese sertifisering van produkte en is van kardinale belang vir alle organiese produsente.
- Geen MRV’s (maksimum residuvlakke)
– Helgard van Rooyen
Dir is die ideale hulpmiddel om by ’n siektebestuursprogram in te sluit. Die aktiewe bestanddeel Bacillus amyloliquefaciens D747 kan tot en met oestyd gespuit word en bied beskerming voor, tydens en na oes.
Double Nickel 55® het geen residue nie, wat help om aan die streng uitvoermarkte se eise ten opsigte van lae MRV te voldoen. Dit help die produsent om residuvlakke te beheer en dit tot ’n minimum te beperk.
- Aktiewe bestanddeel op Bacillus-bakterieë gebaseer
– Wilma MacPherson
Bacillus-spesies is van die natuur se sterkste organismes. Mikrobioloë klassifiseer dit as gram-positief en dit bevat ’n baie unieke selwand. Dit word in byna alle omgewings op aarde aangetref.
Bacillus amyloliquefaciens, die aktiewe bestanddeel in Double Nickel 55®, vorm endospore wat die ergste omgewingstoestande vir ’n baie lang tyd kan oorleef. Sodra die omgewingstoestande verbeter en voedingstowwe beskikbaar is, ontkiem en vermeerder hierdie bakterieë op die oppervlak waarop dit is, en vorm dit ’n biofilm. Dit is presies wat gebeur as die spore op die plantoppervlak beland.
Biologiese produkte wat Bacillus-spore bevat, is baie gehard met ’n lang rakleeftyd en maklik opbergbaar by normale stoorkamertemperature.
- Geen weerhoudingstydperk nie
– Dawid Maree
Double Nickel 55® is ’n uitstekende produk om in ’n GPV-program in te sluit. Met geen weerhoudingsperiode nie, kan dit enige tyd gespuit word, sodat arbeid en ander aktiwiteite op die spesifieke gewas kan voortgaan sonder dat dit ’n negatiewe uitwerking op die personeel of omgewing het.
Geen weerhoudingsperiodes is veral nuttig tydens oes, aangesien die gewas behandel kan word sonder om die oes- en pakaktiwiteite te beïnvloed.
Double Nickel 55®-formulering bestaan uit ’n hoë konsentrasie lewensvatbare spore en is geskik vir tenkmengsel-kombinasies met baie ander landbouprodukte, wat die toediening vergemaklik en meer kostedoeltreffend maak. Dit is ideaal vir GPB-programme.
Kontak u Madumbi-verteenwoordiger vir landbouprodukte wat nie die doeltreffendheid van Double Nickel 55® beïnvloed wanneer dit as tenkmengsel toegedien word nie.
Madumbi glo in ’n holistiese benadering tot landbou en verskaf geïntegreerde oplossings vanaf saad tot vurk. As ’n voorkeurvennoot lewer Madumbi bio-rasionele produkte wat plaaslik sowel as internasionaal verkry word, tesame met tegniese ondersteuning en bystand.
Madumbi Sustainable Agriculture – markleiers in biostimulante en biobestuur-oplossings.
Besoek www.madumbi.co.za vir meer inligting of skakel 033 342 3984.
Double Nickel 55® bevat Bacillus amyloliquefaciens stam D747. Reg. nr. L10053, Wet nr. 36 van 1947.
Madumbi Sustainable Agriculture (Pty) Ltd, Postnet Suite 20, Privaatsak X6011, Hilton 3245, Reg. nr. 2009/020798/07.
