Laeveld
Agrochem

Gaan vir goud met DUAL GOLD® en METAGAN® Gold

Deur Ingrid Boshoff
Syngenta

sygenta

Metolachloor is in 1972 ontdek en bestaan uit die isomere CGA-77101 en CGA-77102 in ’n 1:1 verhouding. Syngenta wetenskaplikes het uitgevind dat CGA-77102 vyftien keer meer aktief as CGA-77101 is en grotendeels verantwoordelik is vir die mengsel se onkruiddodende aktiwiteit.

Op grond van hierdie bevinding, het chemici metolachloor op unieke maniere hersintetiseer om ’n nuwe produk met ’n verhouding van 9:1 in die guns van die aktiewe isomeer te ontwikkel. Hierdie innovasie, S-metolachloor, word as DUAL GOLD® en METAGAN® Gold bemark en bied dieselfde grasbeheer, maar met 35% minder aktiewe bestanddeel.

Die α-chloorasetamiede groep

Metolachloor en S-metolachloor is maar net twee van die onkruiddoders wat in die α-chloorasetamiedes groep val. Van die ander middels in dieselfde groep wat in Suid-Afrika beskikbaar is, is acetochloor, alachloor en dimeteenamied-P.

Die middels word deur die koleoptiel van ontkiemende grasse opgeneem en moet dus voor opkoms toegedien word. α-Chloorasetamiede val in Groep 15 (voorheen bekend as K3) onkruiddoders wat werk deur die sintese van baie lang vetsuur selverdeling te inhibeer. Dit beteken dat die ontkiemende onkruidsaad nie groter selle kan ontwikkel en selverdeling ondergaan nie. Die gevolg is ’n verwronge en verpotte saailing wat nie kan oorleef nie.

Alhoewel alle α-chloorasetamiedes dieselfde metode van werking het, is hulle geensins eenders of ewe effektief nie. Elke middel het sy eie kenmerke wat tot ’n groot mate bepaal hoe effektief dit is.

Tabel 1 toon dat die wateroplosbaarheid van metolachloor asook DUAL GOLD® en METAGAN® Gold in die middel van die spektrum val.

Dit beteken dat die middels geredelik oplos in water en gereed is om deur die wortels en lote van die ontkiemende onkruidsaad opgeneem te word.

DUAL GOLD® en METAGAN® Gold se mediumsterkte binding aan grond is optimaal. Adsorpsie wat te laag is, veroorsaak uitermatige loging van die aktiewe bestanddeel. Wanneer dit te hoog is, sit die aktiewe bestanddeel in die grondkolloiëde vas en is dit nie beskikbaar om deur die onkruid opgeneem te word nie.

As gevolg van hierdie eienskappe, het DUAL GOLD® en METAGAN® Gold ’n mediumlogingsindeks, wat beteken dat dit langer in die teikenonkruid se ontkiemingsone bly. Acetochloor en alachloor se lae wateroplosbaarheid maak dit moeilik vir die onkruid om die aktiewe bestanddeel op te neem. Beide hierdie middels bind ook sterk aan die grond en is dus minder beskikbaar vir die ontkiemende onkruid.

’n Besonder hoë wateroplosbaarheid en ’n relatiewe swak binding aan die grond, soos in die geval van dimeteenamied-P, sal lei tot oormatige loging en ’n gebrek aan die aktiewe bestanddeel in die sone waar dit benodig word. Dit sal ook bydra tot besoedeling van die grondwater en waterweë soos riviere, strome en damme.

DUAL GOLD® en METAGAN® Gold se halfleeftyd is ’n derde langer as metolachloor s’n en meer as dubbel dié van die ander α-chloorasetamiedes. Met hierdie lang halflewe en hul ander fisiese eienskappe, lewer DUAL GOLD® en METAGAN® Gold die langste nawerkende grasbeheer van alle α-chloorasetamiedes.

Gewasveiligheid

Wanneer S-metolachloor deur ’n gewas opgeneem word, word dit deur die ensiemsisteem glutatioon-S-transferase (GST) afgebreek tot ’n onaktiewe vorm. Mielies bevat heelwat meer GST as vatbare onkruidspesies, en kan dus S-metolachloor metaboliseer sonder om skade op te doen.

Syngenta verstaan die GST-proses en het verdere stappe geneem om S-metolachloor werklik veilig en effektief te maak. Die resultaat is benoksakor, ’n beveiliger in DUAL GOLD® wat mielieplante stimuleer om meer GST te produseer sodat hulle selfs in sub-optimale weerstoestande skade vryspring tydens vooropkomstoedienings.

Benoksakor se fisiese eienskappe stem grootliks ooreen met dié van S-etolachloor. Die beveiliger beweeg dus saam met DUAL GOLD® in die grondprofiel en word gelyktydig deur die gewas opgeneem. Dit illustreer die belangrikheid van produkformulasie.

DUAL GOLD® en METAGAN® Gold is van die veiligste gras-onkruiddoders wat op mielies gebruik kan word. Hulle is ook voorkeurprodukte vir wisselboustelsels omdat die gewasse wat gewoonlik met mielies afgewissel word, ook GST bevat om S-metolachloor af te breek.

METAGAN® Gold bevat nie benoksakor nie en is ontwikkel om gras-onkruide te beheer na mielies opgekom het, maar voor die grasse kop uitsteek. METAGAN® Gold is ook in 15 ander gewasse, van sojabone en sonneblom tot aartappels en denneplantasies, geregistreer.

Syngenta het S-metolachloor ontdek en verfyn, en DUAL GOLD® en METAGAN® Gold is al vir meer as 40 jaar in kommersiële gebruik. Syngenta hou nooit op om sy produkte te toets en te verbeter nie, sodat verbruikers altyd vertroue in ons gehalte kan hê.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.