Deur Pieter Beyers
Nasionale Verkoopsbestuurder
Groei wat jy kan meet Atlantic Fertilisers

Die organiese en verrykte, verpilde produkte, asook vloeibare biostimulante (vishidrolisaat), van Atlantic Fertilisers, vervul ’n waardevolle rol in enige bemestingsprogram met die bydrae wat dit lewer tot konvensionele kunsmisprogramme. Die bydrae is natuurlik ten opsigte van ondersteunende agtergrond grondvrugbaarheid, gewasvoeding en ondersteuning van mikro-organismes en grondgesondheid.

Die produkte lewer ook ’n toevoeging van humien en fulviensure. Die katioon-uitruil, kapasiteit (KUK), en die struktuur van die verpilde produk, het stadige vrystelling van nutriënte tot gevolg. Die produkte kan 3 maal die water (besproeiing/reënval) weerstaan, teenoor konvensionele produkte, wat gevolglik verliese deur middel van loging aansienlik verminder. Daar is drie produklyne ten opsigte van ’n biologiese benadering wat onderskei kan word en word dus as volg aangewend:
Grondkondisioneerders: “Die Bio-reeks”
1) Bio Ganic is ’n gekomposteerde, verpilde hoendermisproduk wat as ’n grondkondisioneerder by enige konvensionele program ingesluit kan word. Dit dien as ’n “mis praktyk” en dra by tot die verbetering van die grondvrugbaarheidstatus, asook voeding aan die mikrolewe teenwoordig in die grond, gevolglik word die grondstruktuur ook oor tyd verbeter.
Tydens veldwerk in Vredendal is ondervind dat die doeltreffendheid van twee ton Bio Ganic glad nie terugstaan teenoor 43 kubieke meter rou mis nie. Dit het selfs ’n aansienlike kostebesparing tot gevolg gehad.
2) Bio Rock is ’n gekomposteerde, verpilde hoendermisproduk wat verryk is met sagte rotsfosfaat wat aangewend word vir die vestiging van meerjarige gewasse. Deur berekende hoeveelhede te vermeng met die grond van die plantgat, word ’n medium geskep met veilige konsentrasies van natuurlike voedingstowwe en humate wat wortel- en gewasontwikkeling ondersteun. Die gebruik van Bio Rock gee die gewas ’n voorsprong bo ander gewasse.
3) Bio Ocean is ook ’n gekomposteerde en verpilde hoendermisproduk wat verryk is met seewier en vismeel. Hierdie produk is veral gewild in akkerbou tydens vestiging deur dit op die rye te bandplaas of vooraf breedwerpig uit te strooi en vlak in die saadbed in te werk. Dit bied ’n sterk agtergrond vir ontwikkeling van saailinge en stadige vrystelling van voedingstowwe.
Verrykte verpilde produkte: “Die Bio Enrichreeks” asook voorskrifmengsels
Hierdie is gekomposteerde verrykte en verpilde produkte met ’n verskeidenheid van aanwendings bv:
1) Produkte vir die vestiging van grane, weidings en peulgewasse, (uitstrooi en deur middel van planters).
2) Produkte ter ondersteuning van meerjarige gewasse veral in sanderige en klipperige gronde.
3) Produkte vir die vestiging en verbouing van groentegewasse.
Vir meer gewasgerigte inligting, kontak gerus Atlantic Fertilisers se span wat gereed staan om hul ervarings en suksesverhale te deel.
Biostimulante
Ocean Nutrition van Atlantic Fertilisers, is ’n vishidrolisaat wat deur middel van ’n koue ensiematiese proses voorberei word. Hierdie produk is ryk aan aminosure, omega 3 visolie, peptiede, vitamiene, ensieme, spoorelemente en proteïene.
Die produk dra by tot wortelontwikkeling, voeding van mikro-organismes en die vrystelling van voedingstowwe, veral stikstof uit organiese materiaal. Hierdie is ’n produk met ’n onmisbare bydrae tot grondgesondheid wat as gevolg van die vorm waarin dit is, direk deur die plant opgeneem kan word.
Die produk is deur EcoCert (’n organiese sertifiseringsorganisasie) goedgekeur vir organiese boerdery ingevolge EC- en NOP-regulasies.
