’n Suksesvolle inligtingsdag is in Tarlton aangebied deur Carl van Heerden (LAC Tarlton), waar Elim Kunsmis, Syngenta en AST hul kundigheid gedeel het.
Die fokus was op die belangrikheid van saadbehandeling in sojabone, met produkte soos Apron Plus Beans en die nuwe ATUVA- en ATUVA BOLD-entstofpakke wat uitgelig is. Daar is ook aandag gegee aan die korrekte instelling van planters om optimale stand en spasiëring te verseker, ’n sleutelfaktor vir beter opbrengste.
Praktiese ervaring en resultate uit langtermynproewe in Delmas is gedeel, saam met waardevolle insigte oor sojaboonkultivars.
Die dag is afgesluit met ’n heerlike Espetada-braai demonstrasie deur Portugese boere van die kontrei.






