Laeveld
Agrochem

Interlock – Produk van die jaar!

Deur Brian de Villiers
Produkbestuurder, Byvoegmiddels

Villa Crop Protection

Dis altyd lekker om ʼn splinternuwe motor te bestuur. As dit egter as motor van die jaar aangewys word, kry ʼn mens sommer baie gemoedsrus! Daar is ʼn soortgelyke gevoel as die produk wat ʼn mens gebruik of bemark, as produk van die jaar aangewys word. Interlock, ʼn Winfield United byvoegmiddel wat in Suid-Afrika bemark word, is in die VSA as produk van die jaar vir 2019 deur Agri Marketing aangekondig. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is dat Interlock al vir dertien jaar in die VSA bemark word, en nog steeds hiervoor geëer word.

Wat is Interlock?

Kortliks is Interlock ʼn byvoegmiddel wat as ʼn neerslaghulpmiddel bekend staan. Dit verminder dus die fyn partikels (minder as 150 mikron) in die spuitpatroon om die druppels meer eenvormig te maak. Omdat die persentasie fyn druppels verminder word, is daar meer druppels van die optimale grootte wat dan die teiken kan bereik.

Interlock verhoog dus bedekking en indringing van spuitdruppels deur die blaredak, terwyl dit wegdrywing en vinnige verdamping van spuitdruppels verlaag. Sodoende bereik meer gewasbeskerming produk (GBP) die teiken en die beheer van die produk word verhoog.

Interlock help die GBP om meer van sy potensiaal te bereik

Elke GBP het ʼn sekere potensiaal. Ongelukkig bereik die GBP nooit die volle potensiaal nie omdat swak omgewingstoestande dit belemmer. Byvoegmiddels word gebruik sodat meer van die GBP se potensiaal bereik word. Interlock verminder die invloed van klein druppels, wind en lae humiditeit om verbeterde en stabiele beheer te bewerkstellig.

Hoekom hierdie toekenning eers na 13 jaar?

Die navorsers by Winfield United gebruik ʼn ultra-moderne en gesofistikeerde windtonnel om ʼn wesentlike deel van die Interlock navorsing te doen. Hierdie windtonnel meet die druppelgrootte onder optimale toestande, maar dit kan ook die invloed van dwarswind en turbulensie akkuraat meet. Deur hierdie toerusting te gebruik kon hulle presies bepaal wat gebeur met onkruiddoders as dit wegdryf en skade veroorsaak. Met hierdie navorsing en die gebruik van Interlock, kan die proleem tot ʼn groot mate aangespreek word.

Slot

Die toekenning aan Interlock as produk van die jaar vir 2019 is ʼn bewys van die noodsaaklikheid om dit te gebruik. Dit kry meer GBP op die teiken om beheer te verbeter. Interlock is dus ʼn koste-besparende produk en behoort ʼn integrale deel van bespuitings in rygewasse te wees.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.