Laeveld
Agrochem

Kyk of jou makadamiaboom se batterye gelaai is

Deur Wilmé van Zyl
Plantfisioloog
Agri Technovation Plant Physiology Research Center

In plante word koolhidrate vervaardig deur fotosinterende blare, welke blare ook bekend is vir hul rol as pertinente energiebron en reserwe energiestoringskomponent. Die produk van fotosintese (koolhidrate) word getranslokeer vanaf die blaar na ander plantorgane soos blomme of wortels, en dit geskied via massa-vloei in die floëemweefsel. Koolhidrate voor- sien die plant van die energie wat benodig word vir blomontwikkeling, vrugset en neutgroei, asook vegetatiewe loot- en wortelgroei.

ITEST™CARBOHYDRATES

Deur Agri Technovation se ITEST™CARBOHYDRATES-diens, word suiker- en styselvlakke (energievlakke) akkuraat en deurlopend bepaal en word dit ook in blare en wortels tydens kritiese fisiologiese stadiums gemonitor. Die diens word reeds met groot sukses toegepas op gewasse soos sitrus en avokado’s.

Agri Technovation is opgewonde om binnekort ook hierdie kommersiële diens beskikbaar te stel vir makadamias.

Resultate word teen ’n norm vergelyk op die verskillende fenologiese stadiums, op grond waarvan makadamiaspesialiste aanbevelings kan maak om die koolhidraatvlakke aan te pas, sodat optimale oespotensiaal en neutkwaliteit behaal kan word.

Die belangrikheid van koolhidrate in makadamiabome

Makadamiabome is besonder afhanklik van gestoorde koolhidrate (stysel) en suikers vir voldoende ontwikkeling van die plantorgane. Hierdie bome blom baie sterk, welke proses deur genoegsame energie ondersteun moet word. Verder het die ontwikkelende neute ’n baie hoë olie-inhoud wat hoë vlakke van energie verg om te vervaardig. Dit is dus van kritiese belang dat genoegsame koolhidrate deurlopend effektief deur die proses van fotosintese in die plant vervaardig word. Energie wat verlore gaan deur blomme wat nie set nie, of wat verbruik word deur neutontwikkeling en -groei, moet vervang of aangevul word om sodoende gesonde bome met genoegsame koolhidraatvlakke en derhalwe ’n goeie opbrengs vir die opvolgende jaar te verseker.

VOORDEEL VAN GENOEGSAME KOOLHIDRATE

Gesonde wortels

Koolhidrate wat in die blare vervaardig word, word getranslokeer na ander plantorgane soos die wortels, om funksies te verrig asook om groei en ontwikkeling te verseker. Voldoende koolhidraatvlakke in wortels verhoog wortelgesondheid, wat dan die vervaardiging van belangrike plantgroeireguleerders soos sitokiniene aanhelp en ondersteun. Gesonde wortels voorsien die boom se bogrondse organe van water en minerale elemente vir optimale fotosintese en koolhidraatproduksie.

Genoegsame ondersteuning in die ontwikkeling van blomme en vrugset

Makadamiabome kan oorvloedige blomrisome oplewer (elke risoom bevat ongeveer 100 tot 300 blomme), ’n proses wat baie energie ver- bruik. ’n Tekort aan koolhidrate voor blom sal egter ’n verlaging in blomintensiteit teweeg bring en dus potensieel opbrengste verlaag. Alhoewel nie alle blomme set en neute vorm nie, word die energie steeds verbruik om blomorgane te ontwikkel. Nadat hierdie energie-intensiewe tydperk van blom verby is, moet die boom steeds oor genoegsame koolhidrate beskik om die neute wat wel geset het, verder te ontwikkel.

Verhoog neutgroei

Makadamianeute het ’n hoë olie-inhoud en die boom benodig derhalwe hoë koolhidraatvlakke om optimale neutontwikkeling te verseker. Lae koolhidraatvlakke het dus swak neutkwaliteit tot gevolg en dra ’n hoër risiko vir addisionele vrugval.

Verbeter vegetatiewe lootgroei

Lote word gewoonlik beskou as outonoom in terme van koolstofvoorraad, terwyl sterk sinke soos vernuwende lootgroei, ’n verbruiker van energiereserwes in makadamiabome is.

Alhoewel belangrike koolhidraatreserwes hierdeur verbruik word, is vegetatiewe groei steeds belangrik aangesien dit nuwe drahout produseer. Blare ontwikkel ook uit lootgroei wat dan op hul beurt weer bydra tot fotosintraatproduksie wat neutontwikkeling ondersteun en plant-groeireguleerders vervaardig.

Wat word gemonster vir die ITEST™CARBOHYDRATES-diens?

Monsters van blare en wortels word deur die seisoen geneem om die beskikbare en gestoorde koolhidraatvlakke te kwantifiseer.

Blare word gemonster vir koolhidraat-kwantifisering vir die volgende redes:

  • Blare is die primêre plek van fotosintese en is daarom ook die primêre bron van suiker.
  • Suikers is dadelik beskikbaar in die boom en kan dus deur die blaar self gebruik word of getranslokeer word na ander sinkorgane van die boom.
  • Suikers word deur ’n fotosinterende blaar vervaardig en ondersteun die naburige organe (soos blom) en fasiliteer vrugset.
  • Alhoewel blare nie die mees belangrike stoororgaan is nie, korreleer die konsentrasie stysel in die blare met fenologiese gebeurte- Die makadamiaboom is boonop bladhoudend, en daarom berg die blaar meer stysel as in bladwisselende gewasse.
  • Blaarmonsters kan herhalend geneem word sonder om destruktief tot die plant te wees.
  • Deur blare te monster, kan dit gekorreleer word met ander data soos mineraalontledings, aangesien laasgenoemde ook deur blaarontledings gedoen word.

Wortels word gemonster vir koolhidraat-kwantifisering vir die volgende redes:

  • Makadamiabome akkumuleer en stoor koolhidrate in die herfs- en wintermaande in hul hoofstoororgaan, naamlik
  • Gedurende lente gebruik die boom van hierdie gestoorde koolhidrate vanweë ’n tekort aan beskikbare koolhidrate, aangesien neutgroei en olie-akkumulasie (groot koolhidraatsinke) koolhidraatreserwes uitgeput het.

Koolhidrate is krities vir makadmiabome se groei asook optimale neutontwikkeling, -kwaliteit en produksie. Dit is daarom van kardinale belang om vas te stel wat die koolhidraatstatus is sodat die gewas daarvolgens bestuur kan word.

Blaar- en wortelmonsters word deur Agri Technovation veldtegnikuste geneem en gestuur na die PPRC (Plant Physiology Research Centre) laboratorium in Wellington, Wes-Kaap.

Kontak jou naaste Laeveld Agrochem-agent of Agri Technovation-landboukundige vandag om meer uit te vind oor die ITEST™CARBOHYDRATES-diens.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.