Laeveld
Agrochem

Laatroes en waarskuwingsdiens (Syngenta)

 André Labuschagne, Bemarkingsbestuurder
Navrae: Francois van Deventer, Tegnieseleier, Swamdoders

Laatroes is wêreldwyd waarskynlik die mees gevreesde siekte op aartappels. Vanweë Suid-Afrika se sonnige klimaat, is die siekte minder van ’n probleem vir groot dele van die jaar, maar wanneer die omgewingstoestande in sy guns tel, moet laatroes met respek en voorsorg hanteer word.

Die ou gesegde dat voorkoming beter as genesing is, geld vir enige pes en plaag, veral wanneer dit by aartappelproduksie kom. Laatroes, oftewel Phythophthora infestans, ontwikkel vinnig wanneer dagtemperature tussen 15 °C en 24 °C en nagtemperature rondom 10 °C is en daar genoeg vog is vir die swamstruktuur wat spore vrystel (bekend as sporangia) om te ontkiem. Meeste sporangia sal sterf as hulle vir selfs net een uur aan sonlig en droë lug blootgestel word.

Onder optimale toestande kan laatroes baie vinnig ontwikkel en letsels kan binne drie dae na infeksie sigbaar wees. Die feit dat 900 000 sporangia binne enkele dae in elke letsel kan ontwikkel, verklaar waarom laatroes soos ’n veldbrand deur ’n aartappelland versprei.

Syngenta het twee produkte wat laatroes op aartappels vasvat.

REVUS® bevat mandipropamied en RIDOMIL GOLD® Flo bevat MEFENOXAM™, beide aktiewe wat uitsluitlik ontwikkel is om oomisete, die patogeenklas waartoe laatroes behoort, te beheer.

REVUS® word voorkomend aanbeveel aangesien dit verhoed dat die swamspore ontkiem en groei. Aangesien die produk slegs translaminêr deur die blaar beweeg, moet die teikenarea deeglik benat word. REVUS® word in die waslaag van die plant opgeneem na toediening en dit verseker uitstekende reënvastheid sodra die spuitoplossing droog geword het.

In RIDOMIL GOLD® Flo word die MEFENOXAM™- komponent vinnig na toediening deur die plant se blare en groen stamme opgeneem en opwaarts vervoer om spoorvorming en miseliumgroei te inhibeer. RIDOMIL GOLD® Flo bevat ook die nie-sistemiese kontak aktiewe bestanddeel, chlorothalonil, wat die voorkomende beheer van ’n wye spektrum van plantpatogene moontlik maak.

Sy twee aktiewe bestanddele met hul verskillende metodes van werking, gee aan RIDOMIL GOLD® Flo ’n ingeboude weerstandbestuurfunksie wat dit ’n noodsaaklike komponent van ’n voorkomende laatroesbeheerprogram maak.

Wanneer die produsent onkant betrap word a.g.v. veranderde toestande, kan RIDOMIL Gold® Flo wel toegedien word om laatroes kuratief te beheer. Produsente moet egter onthou dat weerstand onder sulke omstandighede kan ontwikkel en dat beheer nie noodwendig effektief sal wees nie.

Om laatroes beter te bestuur, het Syngenta ’n waarskuwingsmodel ontwikkel om siekterisiko te voorspel op grond van weervoorspellings wat deur ’n groot aantal weerstasies regoor die land verskaf word. Die weermodel word twee keer per week gesimuleer om ’n vyfdagvoorspelling per weerstasie te genereer.

Indien die volgende vyf dae ’n risiko inhou vir die ontwikkeling van laatroes, kry die agent of boer wat geregistreer is vir die diens, ’n WhatsApp-boodskap wat dit aandui.

Indien daar geen risiko is nie, word geen boodskap uitgestuur nie.

Agente en boere kan vir verskeie weerstasies registreer en ook die maande kies waarin hulle boodskappe ontvang. Sodoende word verseker dat waarskuwings tot die spesifieke streek se produksietye beperk word.

Omdat die uitdagings ten opsigte van aartappelproduksie voortdurend verander, word die siektes en probleme waarteen die model waarsku, deurlopend aangepas. Tans word siektewaarskuwings uitgereik vir vroeë en laatroes en die nuutste toevoegings is waarskuwings vir hittestremming en ryp.

Die model gee slegs ’n aanduiding van hoe gunstig klimaatstoestande is vir die ontwikkeling van ’n spesifieke siekte en neem nie ander faktore soos die kultivar, groeistadium of mikro-klimaat in ’n aartappelsirkel in ag nie.

LEES DIE ETIKET VAN ELKE PRODUK VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE

REVUS® bevat mandipropamied (Reg. Nr. L 8617 Wet Nr. 36 van 1947). SKADELIK. RIDOMIL GOLD® bevat MEFENOXAM™ (Reg. Nr. L6669, Wet Nr. 36 van 1947). Beide is die geregistreerde handelsmerke van ’n Syngenta Groepmaatskappy.

Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000.
© Syngenta Ag, 2000.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.