Laeveld Agrochem Settlers het amptelik sy deure geopen en dié spesiale geleentheid met ’n lekker boeredag gevier!
Die dag was ook ’n besonderse mylpaal vir die LAC familie. Ruan Allers, die agent van die nuwe depot, is die kleinseun van Laeveld Agrochem se stigter, Nick Liebenberg. Dit is besonders om te sien hoe die passie vir landbou nou reeds oor drie generasies voortleef!
Ons verskaffers, Syngenta, Agri Technovation, ADAMA, United Crop Solutions, BRANDT, en Westbury Supplement Feeds was ook deel van die dag met uitstallings, terwyl insiggewende praatjies waardevolle kennis en inligting met die produsente gedeel het.
Baie dankie aan elke produsent, verskaffer en gas wat die dag saam met ons kom vier het.
Vir meer inligting, kontak Ruan:
📞 079 518 4775
✉️ ruan@laeveld.co.za