Gedurende 16–18 Oktober 2025 het Laeveld Agrochem saam met Westbury Supplement Feeds deelgeneem aan NAMPO ALFA in Bothaville; ’n hoogtepunt op die landboukalender waar vaardigheid, jeugontwikkeling en biosekerheid sentraal gestaan het.
Laeveld Agrochem was die trotse borg van die 2025 Farmskills Kompetisie, waar jong en ervare deelnemers hul landbouvernuf getoets het met aktiwiteite van kaskarre bou tot draadspan. Die kompetisie het gewys hoe belangrik praktiese vaardighede en spanwerk in die landbou is.
Besoekers kon ook gaan loer by die FMD Guard-stalletjie vir belangrike inligting oor hoe om bek- en klouseer te voorkom, met die fokus op biosekeruriteit, ’n noodsaaklike aspek van volhoubare veeboerdery.
Verder het Dries Reynecke en Albert Loubser van NAMPO ALFA gesels met Dawie Roodt tydens ontbytSAKE, waar die rol van landbou en vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika bespreek is. Die gesprek kan op YouTube bekyk word.
Die jeug is ons toekoms. Deur in vaardighede en kennis te belê, bou ons saam aan ’n sterker landbou-sektor!
Laeveld Agrochem: SAAM boer ons vooruit!





