Laeveld
Agrochem

Deur George Prinsloo
Besigheidsbestuurder
Laeveld Agrochem

Een van die grootste voorregte wat ek as Besigheidsbestuurder by Laeveld Agrochem het, is dat my proefperseel nagenoeg 300 000ha groot is. Ek beweeg en werk in die Noordwes-, Wes-Vrystaat- en Noord-Kaap-gebiede. Ek leer elke dag by die boere en sien daagliks hul proewe. By sommige leer ek verseker wat om nie te doen nie, maar ander is verseker van die topboere in Afrika of selfs die wêreld

Soos ek rondbeweeg en sekere programme, produkte en bestuurspraktyke leer ken, sien ek tog duidelike suksesresepte wat hulleself herhaal. Die winsgewendste boere het ’n paar dinge in gemeen; en wins per hektaar is die faktor wat tot sukses lei. Ek hanteer ook die klagtes in hierdie gebiede, en dit bied ongelooflike geleenthede vir leer en groei.

Ek deel graag ’n paar van die lesse uit die weste, wat verseker kan bydra tot groei in jou boerdery:

1. Daar is nie ’n plaasvervanger vir goeie onkruidbeheer nie

Dit is ’n wetenskaplike feit dat die meeste rygewasse se opbrengspotensiaal al vroeg in ’n plant se lewe bepaal word. Enige vorm van kompetisie wat die gewas se sonlig, water en voedingstowwe steel, sal die opbrengs negatief beïnvloed.

Maak dus seker jy begin reg deur die beste moontlike vooropkoms-program te gebruik. Regmaak ná die tyd is altyd duurder as ’n voorkomende strategie, veral as jy ’n gras- of uintjie-probleem het. Die waarde van ’n program is in die wins per hektaar, en nie in die rande wat jy spaar met goedkoper onkruiddoders nie.

2. Gewasveiligheid word direk gemeet in opbrengsverskille

Verskeie proewe is die afgelope paar jaar gedoen, wat herhaaldelik bewys het dat sekere onkruiddoderprodukte baie veiliger vir gewasse is as ander. Gewasveiligheid word direk gemeet in opbrengsverskille en nie net in onkruid se doeltreffendheid nie. Twee verskillende programme kan ewe skoon lande lewer, maar een kan baie harder op die gewasse wees en só die opbrengs en wins negatief beïnvloed. Aktief is dus nie net aktief nie, want die formulering van ’n produk speel ook ’n ontsettende groot rol.

Die uitwerking van chemie se oordrag van een jaar na ’n volgende kan ook hier gesien word. Ek sien herhaaldelik dat boere skoolgeld betaal in skade op gewasse, net omdat hulle die goedkoopste onkruiddoderprogramme wou koop.

Gewasveiligheid is ’n baie belangrike maatstaf om die regte produkte te kies. Boere moet dié aspek in gedagte hou met die gebruik en aankoop van produkte om optimale wins te verseker, maar ook om hul risiko’s te beperk. Net ’n paar kilogram graan betaal hiervoor.

3. Winteronkruidbehandelings word ’n al groter strategiese hulpmiddel in onkruidbeheer en vogbestuur

Op die foto links kan jy die uitwerking van ’n winterbehandeling, teenoor geen behandeling nie, in die Wes-Vrystaat duidelik sien.

Onkruide soos die skraalhans-familie en Emex-dubbeltjies word optimaal beheer in die wintertyd. Veral ná ’n natter ná-seisoen word jong, ontkiemende onkruide makliker in die herfs en winter beheer. Indien jy onkruide soos skraalhanse los, word hulle al hoe sterker, veral as hulle deur vee afgevreet word. Skraalhanse word dan baie moeilik tot glad nie beheer in ons vroeë somer nie.

4. Net so belangrik soos ’n goeie produk wat veilig is maar ook die werk kan doen, is die doeltreffende toediening daarvan deur spuittoerusting

’n Groot persentasie van klagtes kan met die regte toediening verhoed word. Op die foto bo regs kan jy swak onkruidbeheer aan die regterkant sien as gevolg van ’n spuit waarvan die filters verstop was, en dit nie op die regte druk en volume kon lewer nie.

Die spuit is met damwater skoongemaak en die alge het die siwwe verstop. Baie boere se spuite is onder druk om ’n groot aantal hektare per dag te doen en die watervolume begin dan ’n groot probleem word.

Sekere onkruide soos duwweltjies of porselein moet goed natgespuit word vir doeltreffende beheer, veral in ons midsomersituasies. Die wind, regte spuitnewels en tyd van die dag speel ook ’n groot rol. Dit help nie jy spandeer duisende rande aan ’n uitstaande produk, maar gooi tydens die toediening geld in die water nie.

5. Nog ’n groot les, is dat die regte benatter en ander byvoegmiddels soos ammoniumsulfaat, net so belangrik is
vir optimale resultate en wins

Die watergehalte wissel baie in ons gebied en in sommige streke werk glifosaat baie swak teen slegs 1% byvoeging. Ons kry eers met
2% tot 3% ammoniumsulfaat optimale resultate met glifosaat. Buffers en benatters kan produkte maak of breek.

Moenie aanneem jou water is reg nie. Veral damme en riviere kan só besoedel wees dat die organiese materiaal daarin, veral insekmiddels, baie swak kan laat werk. Die regte byvoegmiddels onder veral moeilike voorseisoentoestande op byvoorbeeld skraalhanse of opslagmielies maak ’n reuse verskil in die werking. Niks is so duur soos oorspuit of regmaak nie. Maak dus seker jy kies die regte produk en dosis.

6. Voorkomende planne en programme bly die winsgewendste boerderypraktyk

Wanneer jy voortdurend op probleme en siektes moet reageer, is daar alreeds skade aan jou gewasse. Bo is ’n foto van mielies waar voeding (seekelp/sink, magnesium en swael) voorkomend saam met ’n onkruiddoderprogram gespuit is. Die voordeel was optimale voeding, asook om die gewas met die metabolisering van die onkruiddoder te help. Die voordeel is uitgestroop, met baie goeie wins op die belegging.

Baie min voedingsprodukte is geregistreer en getoets om saam met ander chemiese produkte op rygewasse gespuit te word.

Soms is produkte versoenbaar in ’n tenk, maar beïnvloed dit mekaar se werking negatief. Ek het al dikwels gesien dat die verkeerde mengsel van produkte in ’n spuittenk baie skade aan ’n gewas veroorsaak. Maak dus seker by jou agent en hou by produkte waar die registrasiewerk gedoen is.

Die visuele inspeksie van gewasse bo die grond wys nie altyd die verskille tussen programme uit nie. Onder is ’n foto van wortelontwikkeling waar ’n goeie blaarvoedingsprogram gevolg is, teenoor ’n kontrole. Die opbrengsverskille was sowat 500kg meer per hektaar in die stroperbak. Jy moet meet om te weet.

Die sukses van jou boerdery is ’n sameloop van verskeie faktore. Verminder jou risiko’s deur seker te maak jy kies die beste waarde vir geld vir jou gewasse. Die wins per hektaar betaal jou rekeninge.

By Laeveld Agrochem wil ons jou graag help om die optimale wins te maak.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.