Deur Francois van Deventer
Tegniese Produkkundige, Swam- en Onkruiddoders
Syngenta
Syngenta se opwindende nuwe swamdoder, MIRAVIS® Duo, het oorspronklik sy buiging op die mark gemaak vir uitsonderlike voorkomende beheer van vroeëroes (Alternaria solani) in aartappels. Intussen is die etiket egter uitgebrei om vroeëroes ook op tamaties, en poeieragtige meeldou (Leveillula Taurica en Oidium neolycopersici) op beide tamaties en soetrissies te beheer.
Poeieragtige meeldou word met reg die droeë-weersiekte genoem omdat spore nie vrywater nodig het om te onkiem nie, slegs hoë humidi-
teit. Hierdie eienskap verklaar waarom die siekte so ’n reuse kopseer is op tamaties en soetrissies wat in tonnels of glashuise verbou word. Opbrengsverliese hou direk verband met die mate waartoe poeieragtige meeldou fotosintetiese blaaroppervlak vernietig.
In hoë-druksituasies veroorsaak dit selfs dat blare afsterf en kan oesverliese van so hoog as 50% tot gevolg hê.
Nog ’n siekte van groot ekonomiese belang, is vroeëroes op tamaties. Dit word veroorsaak deur die swam Alternaria solani – dieselfde patogeen wat vroeëroes op aartappels veroorsaak. A. solani benodig vrywater op die oppervlak van die plant om te kan infekteer. Onder gunstige toestande kan die siektesiklus homself deur die seisoen herhaal en herinfeksie veroorsaak.
Eerste infeksietekens is klein swart of bruin kolletjies; namate die letsels vergroot word die konsentriese ringe, wat so kenmerkend
van vroeëroes is, al hoe duideliker.


Letsels kan op die blare, stingels en vrugte vorm en, afhangend van waar dit voorkom, kan dit ernstige blaarverlies, voortydige vrugspeen of skade aan plantstamme tot gevolg hê. In sommige lande is verliese van tot 79% op opbrengs waargeneem in uiters hoë siektedruk toestande.
MIRAVIS® Duo is ’n mengsel van ADEPIDYN™ tegnologie en difenokonasool, spesifiek geformuleer om uitstekende beheer van poeieragtige meeldou en vroeëroes te gee wanneer dit korrek gebruik word. MIRAVIS® Duo word aanbeveel as ’n voorkomende behandeling, aangesien ADEPIDYN™ tegnologie geen genesende aksie het nie. Alhoewel die mengsel van verskillende aktiewe bestanddele in MIRAVIS® Duo help met weerstandbestuur, behoort die produk gebruik te word as deel van ’n program wat aktiewe bestanddele met verskillende metodes van werking bevat.
MIRAVIS® Duo is ’n voortreflike produk in ’n optimale formulasie wat maklike en gerieflike gebruik waarborg. Die feit dat dit deeglik onder uiteenlopende toestande deur Syngenta se ervare span plaaslike en internasionale ontwikkelingsnavorsers getoets is, gee aan kliënte die gemoedsrus dat konsekwente resultate gewaarborg is wanneer MIRAVIS® Duo korrek toegedien word. Daarmee saam kan produsente altyd op Syngenta se kommersiële span steun vir kundige raad.

LEES DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE
MIRAVIS® Duo bevat ADEPIDYN™ tegnologie (pydiflumetofen) en difenokonasool (triasool) (Reg. nr. L10750, Wet 36 van 1947) SKADELIK.
MIRAVIS® Duo en ADEPIDYN™ is geregistreerde handelsmerke van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Private Bag X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000.
