Laeveld
Agrochem

MIRAVIS® Neo: ’n Hoeksteen vir die beheer van mieliesiektes (Syngenta)

Deur Hanlie Geldenhuys, Bemarkingsbestuurder
Navrae: Francois van Deventer, Tegniese Leier, Swamdoders, Suid-Afrika

Die heersende La Niña verskynsel en hoë-opbrengskultivars wat meer vatbaar is vir mielieblaarsiektes, vereis dat produsente hul opbrengs op alle fronte moet beskerm. Syngenta se nuwe MIRAVIS® Neo swamdoder voldoen perfek aan hierdie vereiste.

Op die hommeltuigfoto (bo) en die stroopkaart (links) is die verskil wat MIRAVIS® Neo aan plantgesondheid en opbrengs maak, duidelik sigbaar. Foto: LUMICO

Mieliesiektes, veral grysblaarvlek, noordelike blaarskroei en bruinroes, is ’n noemenswaardige produksierisiko en moet nooit onderskat word nie.

Effektiewe beheer berus op ’n goeie begrip van die drie elemente van die siektedriehoek. Wanneer die gewas vatbaar, die patogeen teenwoordig en die omgewing gunstig is – matige temperature (18o C tot 27o C), hoë humiditeit en lang periodes van dou of nattigheid – kan produsente maar weet siektes is besig om te ontwikkel.

Siektes kan tydens enige van die mielie se groeistadiums ontwikkel as hierdie drie elemente teenwoordig is. Die tydperk waarin die siekte ontwikkel, bv. voor bestuiwing in plaas van daarna, bepaal die omvang van die skade, hoe suksesvol die siekte-ontwikkeling gestop kan word en of die mielies vroeër sal doodgaan.

Patogeenteenwoordigheid word ook deur bewerkingspraktyke beïnvloed. Met bewaringsbewerking is die oesreste waarop noordelike blaarskroei oorleef geredelik beskikbaar, terwyl wisselbouprogramme grysblaarvlekdruk verlaag omdat mielies die siekte se enigste gasheer is.

Volledige beskerming in een program: MIRAVIS® Neo is ontwerp om saam met die Syngenta staatmakers AMISTAR® Top en ARTEA® ’n volledige oplossing vir blaarsiektes te bied as deel van ’n holistiese beheerstrategie.

MIRAVIS® Neo is besonder effektief teen grysblaarvlek, terwyl AMISTAR® Top ’n goeie pasmaat is vir die beheer van noordelike blaarskroei. Deur die twee saam in ’n swamdoderprogram te gebruik, kan blaarsiektes dus behoorlik in toom gehou word.

ARTEA® is ’n goeie aanvullende bespuiting later in die seisoen, na MIRAVIS® Neo toegedien is, wanneer siektedruk hoog is en die mieliefabriek beskerm moet word om die koppe vol te maak.

In gevalle waar twee of meer swamdodertoedienings die norm is, soos in besproeiingsgebiede of waar die siektedruk hoog is, moet ’n eerste toediening van AMISTAR® Top of MIRAVIS® Neo tydens die V5- of V6-groeistadium gedoen word. ’n Tweede MIRAVIS® Neo-toediening, rondom V8 tot V9, sal die plant beskerm tydens die kritiese V10- tot R1-stadiums wanneer landbouchemiese toedienings ’n risiko vir “arrested ear” sindroom kan inhou.

In gebiede met laer siektedruk waar ’n enkele toediening gewoonlik genoeg is, moet MIRAVIS® Neo tussen die V6- en V8-groeistadiums gespuit word voordat infeksie plaasvind.

Die MIRAVIS® Neo formulasie

MIRAVIS® Neo se trefkrag en uniekheid lê in die sinergie tussen sy drie aktiewe bestanddele en in die feit dat die produk rondom ADEPIDYNTM tegnologie geformuleer is. Geen ander mielieswamdoder tans op die Suid-Afrikaanse mark kan aanspraak maak op ’n soortgelyke drieledige formulasie nie, en ADEPIDYNTM tegnologie is ’n nuwe karboksamiedgroep aktiewe bestanddeel wat deur Syngenta ontwikkel is. Die grootste voordeel van ADEPIDYNTM tegnologie is sy hoë vlak van intrinsieke aktiwiteit wat beteken dat MIRAVIS® Neo hoogs aktief is teen laer dosisse, uitstaande beheer van siektes lewer en tot gesonder mielieplante lei.

ADEPIDYNTM tegnologie word vinnig en effektief in die waslaag van die mielieblaar opgeneem om ’n reservoir te vorm van waar dit stadig in die plant vrygestel en teen metaboliese afbreking beskerm word. Hierdie kenmerk verseker verbeterde reënvastheid en nawerking teen siektes.

Saam met ADEPIDYNTM tegnologie, bevat die MIRAVIS® Neo formulasie ook AMISTAR® tegnologie en propikonasool, elk met sy eie metode van werking. As gevolg hiervan, pas MIRAVIS® Neo uitstekend in by ’n weerstand-bestuurprogram.

Ekonomiese waarde

’n Swamdodertoediening se effektiwiteit en dus ekonomiese waarde word bepaal deur siektedruk, tydsberekening en kultivarvatbaarheid.

Vir noordelike blaarskroei spesifiek is daar nie ’n drumpelwaarde vir siektedruk nie. Studies het, inteendeel, bewys dat ’n swamdodertoediening ekonomiese voordeel inhou selfs wanneer siektedruk laag is. Siektedruk is ook nie dieselfde in elke produksieseisoen nie, en verskil van streek tot streek. In KwaZulu-Natal, byvoorbeeld, is druk veel hoër as in die sentrale produksiestreek.

Noordelike blaarskroei is ’n goeie voorbeeld van hoe belangrik tydsberekening is. Dit neem 10 tot 14 dae na infeksie voordat simptome sigbaar word. Dit is genoeg tyd vir die siekte om só goed gevestig te raak dat dit bykans onmoontlik is om te stop of selfs net te beheer.

Die gevolge kan verwoestend wees: noordelike blaarskroei wat voor baardvorming inkom en na die boonste blare versprei tydens graanvul, kan opbrengsverliese van tot 70% veroorsaak.

Wat die kultivarvatbaarheid betref, moet produsente onthou dat kultivars nie almal ewe vatbaar is vir die verskillende blaarsiektes nie. Verskille in siekteprofiele moet dus in ag geneem word met die beplanning van ’n swamdoderprogram.

Gegewe hierdie oorwegings, is MIRAVIS® Neo se drie-in-een formulasie ’n wenresep teen blaarsiektes. Die produk se veelsydigheid onder moeilike omstandighede, verseker gewasprestasie

LEES DIE PRODUKETIKET VIR VOLLE BESONDERHEDE.

MIRAVIS® Neo bevat ADEPIDYN™ tegnologie (pydiflumetofen), asoksistrobien en propikonasool (Reg. Nr. L11102, Wet

Nr. 36 van 1947) SKADELIK. AMISTAR® Top bevat asoksistrobien en difenokanosool (Reg. Nr. L7897, Wet Nr. 36 van 1947) VERSIGTIG. ARTEA® bevat propikonasool en siprokonasool (Reg. Nr. L6820, Wet Nr. 36 van 1947).

VERSIGTIG. MIRAVIS® Neo, AMISTAR® Top en ARTEA® is geregistreerde handelsmerke van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms.) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za.

© Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van hierdie dokument is voorbehou. Alle onregmatige kopiëring word verbied.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.