“Skhokho sangempela” is ’n Zoeloe-uitdrukking wat beteken “’n ware kampioen” of “’n ware held.” Dit beskryf iemand wat uitstaan, aanhou en ’n positiewe verskil maak. Iemand wat kies om nie verbitterd te wees nie, maar BETER.
Die betekenis agter Skhokho Sangempela is geïnspireer deur Betereinders en hul boodskap om nie verbitterd te raak nie, maar eerder te kies om beter te wees en saam aan ’n beter einde te bou.
Ons personeel het elkeen ’n paar Skhokho-baadjies ontvang met die doel om dit aan iemand in hul gemeenskap te skenk en só die boodskap verder te dra.




