Laeveld
Agrochem

Natutec – vlieg na nuwe hoogtes (Koppert)

Cornelius Oosthuizen
Bemarking & Tegniesebestuurder

Natutec Drone kombineer Koppert se meer as 50 jaar ervaring in die vervaardiging van biologiese middels, met uitgebreide kennis en ervaring in die veld. Hierdie hoë tegnologie-verspreidingsmeganisme word gebruik vir die effektiewe en doeltreffende vrystelling van ’n reeks biologiese organismes in rekordtyd oor groot landbougebiede, met doeltreffendheid oor 8 tot 50 hektaar binne ’n uur.

Koppert het sy spesifieke kennis oor die meganika wat nodig is om verskillende draermateriaal te versprei, in kombinasie met sy kennis van roofmyte en ander insekte, gebruik om hierdie gevorderde vrystellingstelsel ’n sukses te maak.

 Ontwikkeling het reeds in 2017 internasionaal begin en spesifieke wesenlike vereistes was die sleutel om sukses te behaal. Eerstens moes dit uit ’n tegniese oogpunt moontlik wees. Terwyl jy enigiets aan ’n hommeltuig kan heg, moet die organismes die val oorleef.

Terwyl die tegniek die organismes eweredig moet versprei, ongeag die draermateriaal, moes dit ook doeltreffend wees. Verder moet die koste van verspreiding via hommeltuie laer wees as die koste van handverspreiding.

Die Natutec Drone is in die veld getoets op groot persele vir die kweek van aarbeie in Kalifornië. Die oes is op ’n weeklikse basis gedurende ’n tydperk van tien weke gemonitor. Die resultate van daardie monitering het dit moontlik gemaak om gevolgtrekkings oor doeltreffendheid te maak.

Op die ou end was dit duidelik dat die hommeltuig in die ope lug gebruik kon word om ’n verspreiding te verkry wat ooreenstem met die handverspreiding, selfs wanneer hy reghoekig met die rye vlieg. Die voordelige organismes wat tussen die rye op die kaal grond beland het, kon die plante baie vinnig vind. In baie gevalle was die uitkomste na hommeltuiggebruik beter as handmatige verspreiding.

Die voordele van Natutec Drone verspreiding:

  • Beduidende arbeidsbesparing – jou personeel kan ander take verrig terwyl die hommeltuig hierdie werk doen; veral tydens spitstye wanneer mannekrag uitgerek word.
  • Tydbesparend – die hommeltuigstelsel versprei voordelige organismes oor 8 tot 50 hektaar per Dit is 20 keer vinniger as handmatige verspreiding!
  • Maklike bereik – die hommeltuig kan gebiede bereik wat moeilik bereikbaar kan wees op die grond – soos verhewe gebiede of nat grondtoestande.
  • Eweredige verspreiding – akkurate verspreiding van kwesbare organismes deur ’n gevorderde lugverspreidingstelsel.
  • Verspreiding uit die lug – dit verkort die tyd wat die voordelige organismes nodig het om hulself in die ekosisteem te vestig en sy werk in die gewas te doen.

Gewasse wat deur ’n hommeltuig bedien kan word, sodra deeglike plaaslike gesprekvoering en oorweging plaasgevind het, is:

  • Rygewasse (graan, groente, sagtevrugte).
  • Boomgewasse (sitrus, makadamia, kern- en steenvrugte).

Let wel! Nie alle produkte kan deur hommeltuie effektief bedien word nie. Roofmyt-toedienings oor boomgewasse moet versigtig oorweeg word. Roofmyte staan nie ’n goeie kans om te klou aan die blare of takke van bome wanneer dit uit die lug gestrooi word nie. Maar in rygewasse, waar die plantestand hoog is en die planthoogte beperk is, is die strooi baie effektief.

Gelukkig is daar reeds uitsonderlike vrystellingsprodukte soos die ULTI-MITE reeks.

ULTI-MITE bied doeltreffende en effektiewe aanwending asook vrystelling van roofmyte. Parasitoïde wespes soos Citripar vlieg self voldoende om hektaar-oppervlaktes te dek.

Dus maak dit die aanwending via hommeltuie onnodig. Waar papies gestrooi word moet gelet word op die uitbroei-periode. Dus is ’n statiese vrylatingstoestel soos die Citripar-eenheid die mees effektiefste.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.