LAC het nasionale verspreiding vir ADAMA se nuwe aalwurmdoder – Nimitz®.
Dit is op aartappels, tamaties en pampoengewasse vir knopwortelaalwurm geregistreer.

Hoekom NIMITZ®?
NIMITZ® is ’n innoverende aalwurmdoder wat fluensulfoon bevat. Dit bied uitsonderlike verrigting vir die beheer van knopwortel-aalwurms (Meloidogyne-spp.). Binne een uur ná kontak hou aalwurms op voed. Algehele vrekte van alle aktiewe stadiums van die aalwurmlewensiklus word tussen 24 en 72 uur bereik. NIMITZ® het ook ’n baie gunstige toksikologiese profiel.

Innovering
- Die kragtigste nie-berokingsmiddel aalwurmdoder.
- Unieke metode van werking.
- NIMITZ® vernietig die teiken op kontak deur permanente verlamming en dood te veroorsaak.
Verrigting
- Navorsingsdata van meer as 1 000 praktiese proefnemings bewys NIMITZ® keer oesverliese weens selfs die mees uitdagende aalwurmbevolkings.
- NIMITZ® bied uitstekende wortelbeskerming.
Veiligheid & Volhoubaarheid
- Voordelige grondorganismes word nie beskadig nie.
- Versoenbaar met biobeheer-agente.
- Veiliger vir die gebruiker en die omgewing.

Doeltreffendheid
NIMITZ® is sedert 2007 oor die wêreld heen grondig getoets. Duisende proefnemings is oor die wêreld heen gedoen, van toetse in petribakkies in laboratoriums tot kweekhuis-pottoetse, klein plot-gerepliseerde veldtoetse en volskaalse veldtoetse.
In veldtoetse het NIMITZ®® konsekwent gelyke of beter aalwurmbeheer getoon wanneer dit met die geregistreerde standaard aalwurmdoders of -berokingsmiddels vergelyk is. In baie toetse het die beter aalwurmbeheer wat deur NIMITZ® bereik is, ’n beduidende toename in opbrengs tot gevolg gehad. NIMITZ® is in wese aalwurm-dodend, nie bloot nematostaties soos ander chemiese middels wat die aalwurms “verlam” wanneer dit in kontak met die behandeling kom en dan toelaat om te herstel wanneer die aktiewe bestanddeel wegbeweeg het nie.
Eienskappe en voordele
- Uitstekende beheer van belangrike aalwurmplae in verskillende gewasse
- Eg aalwurm-dodend aksie en nie bloot aalwurm-dodend nie
- Nie onderhewig aan verhoogde degradering soos organofosfaat- en karbamaataalwurmdoders nie
- Versoenbaar met geïntegreerde plaagbestuur
- Gemaksimaliseerde potensiaal van gewasse en groter opbrengs vir boere
- Geen belegging in bykomende toedieningstoerusting nodig nie
- Vertroue dat doeltreffende aalwurmbeheer nou en in die toekoms bereik sal word wanneer in doeltreffende beheerstrategie gebruik word
- Hoogs doeltreffend teen vatbare aalwurms, maar met minimale impak op voordelige en nie-geteikende spesies.

Onderskrif: Hierdie foto’s illustreer die verskil in groeikrag tussen die NIMITZ® -behandelde deel van die veld (regs van die blou lyn) en die deel wat met ’n bedryf standaard (links van die lyn) behandel is. Verbeterde beskerming van die wortels teen aalwurms deur NIMITZ® het beter groei moontlik gemaak en, in die geval van hierdie demonstrasietoets, ook ’n beter opbrengs. Die proefneming is in KwaZulu-Natal uitgevoer.

Raadpleeg die NIMITZ®-etiket vir voorsorgmaatreëls en ander belangrike aanwysings. Kontak jou ADAMA-veldspan vir meer inligting.
NIMITZ®: Aktiewe bestanddeel fluensulfoon (heterosikliese fluoroalkenielsulfoon) | Registrasienommer met verwysing na Wet 36 van 1947: L10436 | Adres van registrasiehouer: Jip de Jagerrylaan 99, The Vineyards-kantoorlandgoed, Simeka House | De Bron 7530, Suid-Afrika
NIMITZ® is ’n geregistreerde handelsmerk van ’n maatskappy van die ADAMA GROEP.