Laeveld
Agrochem

Nuwe biologiese platform vir gewasbeskerming (FMC)

Deur Ben Schoonwinkel (Handelshoof: Suid-Afrika, FMC)

FMC, ʼn toonaangewende wêreldwye landbouwetenskappe-maatskappy, het ʼn nuwe handelsmerk-identiteit vir sy plantgesondheidsbesigheid bekendgestel om die maatskappy se voortdurende groei en uitbreiding van sy biologiese platform te weerspieël. Landboubiologiese middels verteenwoordig ʼn diverse groep gewasbeskermings- en stimulantprodukte afkomstig van lewende organismes en natuurlike verbindings

Die Biologicals by FMC-handelsmerk demon- streer die maatskappy se strewe om produsente te voorsien van wetenskap-gesteunde biologiese oplossings om te help om gewasse volhoubaar te bestuur, opbrengs te beskerm en weerstand te bestry

Biologiese oplossings kan gebruik word om die opname van voedingstowwe te verbeter, insekte te beheer en gewasse teen siektes te beskerm, terwyl opbrengsvoordele aansienlik verbeter word vir meer volhoubare boerdery- praktyke.

Sedert 2013 het FMC ʼn wêreldklas biologiese besigheid gebou met biologiese produkte wat beskerming bied vir veelvuldige hoëwaarde spesialiteitsgewasse en rygewasse in 50 lande. Die maatskappy het ʼn robuuste pyplyn van gedifferensieerde en gepatenteerde tegnologieë wat ontwikkel is deur sy biologiese navorsing- en ontwikkelingorganisasie sowel as goeie samewerking met derdepartye.

Volgens Ben Schoonwinkel, FMC se handels- hoof vir Suid-Afrika, kan boere binnekort van hierdie rewolusionêre produkte op eie bodem begin gebruik, sodra die toets- en registrasie-proses plaaslik voltooi word. “FMC in Suider- Afrika is oortuig daarvan dat innovasie in land- bou die verstommende potensiaal van ons sub- kontinent kan ontsluit. Met buitengewoon sterk vermoëns in navorsing en ontwikkeling is ons daartoe verbind om innoverende voedsel- sekuriteitsoplossings aan te spreek sonder om die natuur en die omgewing op te offer.”

“Ons toewyding tot volhoubare landbou dryf ons navorsing om biologiese produkte te ontwikkel met prestasie-eienskappe wat die kompetisie oorskry, insluitend langer raklewe, prestasie teen laer gebruikskoerse en verenigbaarheid met ander chemie. Ons robuuste portefeulje en pyplyn van gedifferensieerde biologiese middels, gekombineer met beleggings in biologiese en aangrensende tegnologieë, maak die voort- gesette uitbreiding van ons bekroonde portefeulje moontlik.

“Ons doel is om verantwoordelike veranderings te maak, met ʼn geïntegreerde benadering, waar biologiese middels hand-aan-hand met sintetiese stowwe gaan,” het Ben verduidelik.

Biologicals by FMC is die oorkoepelende handelsmerk vir FMC se nuwe generasie, bekroonde biologiese middels, met die volgende kenmerke:

  • Produkte wat gemaak is om in kombinasie met sintetiese produkte te werk vir optimale werkverrigting en hoër opbrengste;
  • Oplossings wat geproduseer word om volhoubaarheid vir generasies van produsente te verseker; en
  • ʼn Produkportefeulje wat werk om grond- gesondheid en biodiversiteit op die plaas te verbeter.

Biologiese middels bring nuwe maniere van werking en help om die bruikbaarheid van bestaande chemie uit te brei.

As ʼn voormengsel, tenkmengsel of as ʼn rotasieproduk, kan biologiese middels ʼn volhoubare hulpmiddel wees om produsente se ontwikkelende behoeftes aan te spreek en weerstand aan te pak, terwyl dit help om die lewensiklus van sintetiese middels te verleng en die omgewing te beskerm.

Wanneer dit saam met FMC se presisie- en digitale landbouplatforms gebruik word, kan die gekombineerde oplossings gewasbeskerming en plantgesondheid regdeur die groeiseisoen verbeter om opbrengskwaliteit en -hoeveelheid te verbeter.

“Ons glo dat ware volhoubaarheid verder gaan as net bewaring. Dit vereis dat almal van ons nuwe maniere vind om die gesondheid van ons planeet en die lewenskragtigheid van ons gemeenskappe te verbeter. Ons omgewingsdoelwitte verteenwoordig ʼn beduidende sprong vorentoe vir ons verbintenis tot volhoubaarheid. Met aggressiewe teikens vir netto-nul-vrystellings, energie, water en afval, stel ons nuwe standaarde vir volhoubaarheid in ons bedryf,” het hy gesê.

Produsente kan gerus uitkyk vir dié rewolusionêre FMC-produkte met die handelsmerk Biologicals by FMC, wat binnekort aan die plaaslike mark bekendgestel gaan word.

Ben Schoonwinkel

FMC handelshoof

Suid-Afrika

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.