Laeveld
Agrochem

Nuwe elektroniese spuit vir veilige en vinnige toediening van Methastem 585 SL (Avima)

Deur Dr. Tian Schutte (Produkbestuurder, Avima)

Insekplae op sitrus

Suigende insekte het ʼn groot invloed op sitrusverbouing in Suid-Afrika wat in komplekse wissel tussen die sitrusverbouingstreke. Op sitrus in Suid-Afrika is daar meer as 20 suigende insekpeste met meeste van hulle wat van geen ekonomiese belang is nie, omdat hulle sporadies voorkom. Van die mees ekonomiese insekpeste sluit blaaspootjies, myte, dopluise, plantluise en bladvlooie in.

Die meeste van hierdie skadelike insekte behoort tot die orde Hemiptera, terwyl blaaspootjies en myte onderskeidelik tot die ordes Thysanoptera en Prostigmata behoort (Tabel 1 en Figuur 1).

Voorkomende vs. korrektiewe beheer van insekte met Methastem 585 SL

Voorkomende beheer is die beheer van die pes voordat skade aangerig word.

Korrektiewe beheer is om die landbouchemiese produk eers toe te dien wanneer die pes skade aanrig wat sekere drempelwaardes oorskry.

Oorsprong van stamtoedieningspuite

In die negentiger jare was daar ʼn behoefte om sistemiese insekdoders met geskikte rugsakspuite teen bome se stamme toe te dien. Dr. Carel Buitendag van Outspan (deesdae die CRI) het met die Calibraspuit vorendag gekom wat deur Quest Ontwikkelings gebou was (Figuur 2). Die spuit het nasionaal en internasionaal byval gevind in so ʼn mate dat Brasilië die Calibra ingevoer en kopieë daarvan gemaak het. Die spuit kon ongelukkig net spuitvolumes van 0,2 ml tot 10 ml met inkremente van 0,1 ml toedien wat baie tyd in beslag geneem het.

Ontwikkeling van die Stemdoc®

Met elektronika en selfone tot ons beskikking, het Green Trading op Avima se versoek ʼn presisiespuit ontwikkel om spuitvolumes van 0,35 ml tot 45 ml per boom volgens etiket toe te dien afhangende van die bome se stamdeursneë (Figuur 3). Die konsep is gepatenteer (2021/08016) wat met Apple- en Android- selfone geïntegreer word.

ʼn Spesiale diktemeter is ontwerp om bome se stamdeursneë te meet (Figuur 4). Ongeveer 10 boomstamme moet gemeet word om ʼn gemiddeld te bepaal. Op die toep (app) word die syfer dan gekies en die spuitvolume word met Bluetooth na die aangeskakelde spuit gestuur (Figuur 5). Vir klein boompies met ʼn stamdeursnee van 2 tot 4,5 cm, word deur een spuitkop in die middel van die spuit toegedien, terwyl die ander twee spuitkoppe aan die linker- en regterkant met stoppers geseel word. Vir bome met groter stamdeursneë van 5 tot 19 cm, is ander spuitvolumes in die toep beskikbaar.

Voordat die spuit gebruik word, moet tot 3 liter water verplaas word om die spuit te bloei om al die lug uit die sisteem te kry.

Die 5 liter-Methastemhouer word dan agter in die mandjie geplaas en ʼn lang naald word deur die induksieseel gesteek tot onder in die drommetjie. Dit sorg dat die houer geseel is en die produk nie kan mors nie.

Die Methastem 585 SL (wat blou gekleur is) word dan deur die vurk toegedien wat tot teen die boom se stam gedruk word alvorens die produk toegedien word. Om te verhoed dat die operateur die knoppie per ongeluk aktiveer, is ʼn spesiale veiligheidsmeganisme toegevoeg deurdat die knoppie twee keer na mekaar gedruk moet word alvorens die insekdoder toegedien word.

ʼn Spesiale funksie is ook ingebou sodat die masjien beperk sal word tot minder as 5 liter spuitstof van jou eie keuse om te verseker dat die masjien sal ophou spuit en sodoende ver- hoed dat die spuit lug insuig en weer gebloei moet word.

Dataversameling

Op die toep is 3 bladsye aan die onderkant beskikbaar:

  • Units: Dit is waar die selfoon kommunikeer met tot 5 spuite wat gebruik kan word, benoem en gekalibreer word. Die “Count”- en “Volume”-funksie word elke dag verfris. Die spuit begin tel sodra die knoppie gedruk word. So ook die spuitvolume. Die stand van die gel-battery word ook in volts aangedui. Dit moet tussen 12 en 14,2 volt wees. Onder 12 volt is die battery pap.
  • Methastem: Dis waar die spuitvolumes per boom gekies word en dienooreenkomstig gekalibreer word. Die stopvolume (“Air stop”) word ook hier gekies om te verhoed dat lug gesuig word.
  • History: Dit is waar rekord gehou word van hoeveel keer die toedieningsknoppie in totaal gedruk was en die hoeveelheid bome wat behandel is. Die totale spuitvolume wat toegedien was, word ook hier vasgevang.
Figuur 5: Diktemeter waarmee bome se stamdeursnee gemeet.

Ander eienskappe van die presisiespuitmasjien

Dis ʼn geslote stelsel wat vermorsing van produk beperk. Tot 4 000 bome kan per dag per operateur met gemak toegedien word onder meeste weerstoestande. Die verskeidenheid inkremente waarteen die insekdoder toegedien kan word, skakel die gevaar van oordosering uit teenoor waar daar byvoorbeeld van verfkwaste gebruik gemaak sou word. Die battery kan meer as ʼn dag hou en kan maklik herlaai en vervang word. Indien die battery tot onder ʼn volt-metingbeskerming van 10,5 volt daal, sal die masjien outomaties afskakel. Indien die masjien vir langer as 5 minute nie gebruik is nie, sal dit ook outomaties afskakel.

Methastem

Methastem 585 SL word in klein hoeveelhede in onverdunde formaat toegedien en is blou gekleurd om inspeksie na toediening te vergemaklik. Omrede die insekdoder op die stam toegedien word, het dit geen invloed op voordelige parasitiese insekte bogronds nie en pas dit by biologiese en geïntegreerde plaagbeheerstrategieë in. Stambehandelings is ook die primêre wyse waarop die vektore wat tristeza- en sitrusvergroeningsiektes verspreibeheer kan word. Omdat die produk ʼn organofosfaat is, moet die operateur die nodige beskermende klere dra.

Verdere ontwikkelings

Die etiket van Methastem 585 SL word tans uitgebrei om boomgewasse soos makadamias, mango’s, wingerd en avokado’s wat ook deur suigende insekte geaffekteer word, te dek.

Vir verdere inligting oor die spuit, kontak Renier Kriek by 082 327 9103.

RAADPLEEG DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS EN BEPERKINGS.

Methastem 585 SL bevat aktiewe bestanddeel: Metamidofos (organofosfaat). GROUP1B Insekdoder. Hanteer met sorg. Giftig indien ingeneem, in gesluk, inaseming en velkontak.

Reg. nr. L6639 Wet nr. 36 van 1947. Groep 1B Insekdoder. Geregistreerd en versprei deur AVIMA (Pty) Ltd. Reg. nr. 1961/001744/07. Aschenbergstraat 18, Chamdor, Krugersdorp. www.avima.co.za.

More than 100 agents
across South Africa

Laeveld Agrochem’s agents (franchisees) are qualified agronomists accredited by CropLife South Africa (formerly AVCASA).

In each region, agents receive support from experienced Business Managers, enabling detailed recommendations for both corrective and proactive measures on the farm.

Operating as a franchise business model, our dedicated team can assist growers with detailed recommendations to optimise yield per hectare.

Through strategic collaboration with our technology partner, Agri Technovation, we offer innovative solutions such as MyFarmWeb™ and Picklogger™, tailored to meet the evolving needs of modern agriculture.

GROEI tydskrif

Seisoen 8

We use cookies to improve your experience. By continuing to visit this website you agree to our use of cookies. Learn more.