Deur Erald Smith
Hoof van Dienste en MyFarmWebTM
Agri Technovation het vier jaar gelede ’n visie gehad: om ’n digitale oplossing te ontwikkel wat die beperkende en frustrerende papier-gebaseerde benadering tot boerderypraktyke sou vervang. Sedert die ontwikkeling van MyFarmWeb™ (MFW), kon hierdie landbou vennote ’n baanbreker digitale tegnologiese oplossing aan vele kommersiële produsente regoor die land verskaf.
Dit is juis as gevolg van hierdie sukses, dat die bekendstelling van MFW) Mobile, ’n volledige mobiele weergawe van die baanbrekersplatform MFW), ’n golf van afwagting in die Suid-Afrikaanse bedryf geskep het – want hierdie mobiele weergawe sit nou die bemagtiging wat vloei uit presisie-gebaseerde besluitneming letterlik in die sak van die
produsent.
Tegnologie het die afgelope paar jaar aansienlik ontwikkel en gevolglik benut al hoe meer industrieë die innoverende voordele wat tegnologie bied. In die landbou industrie is hierdie verskuiwing baie duidelik. Gedurende die afgelope paar jaar het ‘n reuse digitale evolusie plaasgevind – veral met betrekking tot presisie-boerderypraktyke. Produsente kan deesdae slimmer en meer produktief boer met die hulp van tegnologie soos groot data, hommeltuie, kunsmatige intelligensie (AI) en sensors. ‘n Draagbare sagte-ware platform, spesifiek gerig op plaasbestuur was egter nog nooit in die Suid-Afrikaanse landbouarena beskikbaar nie. Dit was egter net tot nou toe.
Innoverende insette lei tot verbeterde uitsette
Sedert 2015 stel MFW Laeveld Agrochem produsente in staat om digitale tegnologie te gebruik ten einde hul veld data by ’n enkele toegangspunt in te voer, vanwaar hulle deur die gebruik en in-diepte besigtiging van hierdie insetdata, berekeninge, analises en vasstellings kan uitvoer met die doel om boerderypraktyke te verbeter. Die wolk-gebaseerde web platform stel ’n produsent in staat om landbou-inligting vanaf die grond tot die mark vas te lê, en het so ‘n totale omwenteling te weeg gebring in die manier waarop produsente data vir besluitneming aanwend. Deur data te akkumuleer en te kalibreer, maak die stelsel dit moontlik vir produsente om inligting – van die fisiese, chemiese en mikrobiese analisering van grond, die teenwoordigheid van peste, satelliet- en ander afstand-waargeneemde inligting, tot die data van verskillende internet-gekoppelde boerdery-verwante sensors soos grondvog sensors, voertuig ‘trackers’ en weerstasies – te meet en vas te lê, ten einde die mees winsgewende opbrengs uit die beskikbare grond en omgewing onder hulle beheer, te lewer.
Saam met die toenemende behoefte om tydige en ingeligte besluite te neem ten einde risikos te verminder en winsgewendheid op die plaas te verhoog, het dit duidelik geword dat ’n volledige mobiele weergawe van MFW nodig is. “In die landbou-oplossingsmark is dit nie soseer ’n kwessie van oorlewing van die mees fikse, as wat dit gaan oor die oorlewing van die mees innoverende en toepaslike nie,” sê Erik de Vries, Direkteur van Bemarking en Verkope by Agri Technovation.
Met die bekendstelling van MFW Mobile, kan produsente nou hierdie rewolusionêre digitale instrumen t tot in die veld neem en daar gebruik.
’n Slim boerdery-instrument vir slimfone
Die wydverspreide opgewondenheid oor die bekendstelling van MFW Mobile is te danke aan die feit dat hierdie tegnologie naatloos inpas by ’n produsent se besige, buitemuurse leefstyl – dit plaas die bemagtiging wat die rekenaar-gebaseerde MFW bied in die hande van die produsent, waar en wanneer ook al benodig.
MFW Mobile, wat op Android- en IoS-slimfoontoestelle beskikbaar is, verskaf produsente toegang tot alle plaas-gegenereerde kaarte en puntdata vir enkellaaganalise, asook in-die-veld-georiënteerde besluitneming, danksy slimfoon-GPS-funksionaliteit.
Die mobiele weergawe maak dit vir produsente moontlik om data in die veld te besigtig en besluite daar te neem. Die produsent kan ook bykans op enige plek toegang tot sy/haar data verkry, vanweë MFW Mobile se af-lyn funksionele vermoë waardeur vooraf-gesinkroniseerde inligting beskikbaar gemaak kan word in gebiede met beperkte konnektiwiteit.
MFW Mobile se kykerfunksionaliteit sluit ’n regstreekse GPS-ligging-oriëntasiepunt in, wat die gebruiker as ’n groen kolletjie op ’n kaart aandui. Dit stel produsente in staat om probleemareas te vind en oorsaak-analises
net daar en dan te kan doen.
Baanbrekerswerk
Ontwikkelaars werk daaraan om te verseker dat toekomstige opdaterings so gou moontlik aan gebruikers beskikbaar gemaak word. Opkomende noodsaaklike ontwikkelings sluit in Kennisgewings en Aktiwiteits-opspoorders.
Kennisgewings sal dit vir die produsent moontlik maak om ’n kennisgewing per e-pos, SMS of WhatsApp-boodskap te ontvang, met ’n skakel na die data-inskrywing wat opgedateer is, hetsy dit ‘n blaarontleding, grond-chemiese analise-data, PPM™ (Precision Pest Monitoring)-lae, en dies meer is. Dit sal die produsent in staat stel om ’n lewendige tydlyn van inkomende data te hê wat deur Agri Technovation GIS (Geografiese Inligtingstelsels)-spesialiste opgelaai word.
Die Aktiwiteits-opspoorder en tydlyn sal gebruikers in staat stel om spesifieke boerdery-aktiwiteite soos bespuiting, bemesting, aanplanting, veldwerk en hul oes te beplan, te bestuur en daaroor verslag te doen.
Dit sal gebruikers in staat stel om gesamentlik opkomende kwessies in ’n besprekingsforum te bespreek en enige aanbevelings en terugvoer maklik na te gaan.
Die MFW-platform en sy mobiele eweknie is dus meer as net slim boerdery-instrumente – dit is die digitale adviseur wat elke produsent in die plaas-kantoor en in die veld nodig het.
Vir meer inligting, kontak u naaste Laeveld Agrochem agent of skakel +27 21 300 5288.
Besoek www.myfarmweb.com of stuur
’n e-pos na info@myfarmweb.com.