Deur Gerrit Badenhorst
Direkteur: Verkope en Bemarking
Rolfes Agri
Gewasse ly aan skade wat veroorsaak word deur slakke, isopode, duisendpote en verskeie ander insekte. Slakke veroorsaak skade by verskillende gewasse deur te voed op jong lote en blare. Kanola word aangeval gedurende die saad opkoms periode (April – Junie). Kanolasaad word onder die grond deur jou naakslakke en isopode aangetas. Druiwe is onderhewig aan besmetting vanaf voor bot (wanneer slakke wingerdblokke indring), tot middel-somer waar slakke skuiling soek tussen die takke en blare.
Daar is verskeie chemiese produkte beskikbaar op die mark wat gebruik word vir die bestryding van hierdie plae. Hierdie produkte bevat dikwels Metaldehied, Methiocarb, Carbaryl en ander chemiese verbindings.
Hierdie chemiese produkte is vinnig en effektief, maar druk vanaf die produsente neem toe om oor te beweeg na meer omgewings-
vriendelike aktiewe bestanddele.
Rolfes Agri het ’n meer omgewingsvriendelike slaklokaas geformuleer.
Die ongevrete aas sal afbreek en deel word van die grond. Die aktiewe bestanddeel is ’n verbinding wat in die grond voorkom wat nie skadelik is in die voorgeskrewe dosisse wat toegedien word nie en is dus ’n nuwe en innoverende produk wat die weg na ’n groener en meer volhoubare toekoms lei.
EcoBait se wyse van aksie is anders as chemiese produkte op die mark. Meeste chemiese produkte wat gebruik en geregistreer is vir die beheer van slakke in gewasse, het ’n vinnige afslaan-effek. EcoBait het nie so ’n vinnige werking sodat daar dooie slakke langs die slakpille in die lande gevind word nie.
Dit is ’n stadiger proses en werking wat die slakke buite aksie stel en dan vrek hulle uiteindelik. Die slakke vrek gewoonlik binne 1-2 uur, terwyl duisendpote binne 1-3 uur vrek. EcoBait gee die slakke tyd om in los grond in te beweeg voor hulle vrek, in vergelyking met chemiese produkte wat die slakke byna onmiddellik laat vrek.
Vanweë die stadiger sterftesyfer van EcoBait moet ’n mens op die oesbedekking fokus en nie soseer op dooie slakke en slakke bo-op die grond nie. Dit word bewys en bevestig deur die registrasieproewe wat op verskillende gewasse en gebiede gedoen is.
Vanuit hierdie proefresultate is EcoBait duidelik effektief in die bestryding van slakke en duisendpote in kanola, gars en druiwe. Aangesien die aktiewe bestanddeel ’n verbinding is wat
natuurlik in die grond voorkom, is die persentasie aktiewe bestanddeel wat in hierdie gewasse toegedien word, baie minder as die beperkte daaglikse dieetinname. Volgens die Departement van Gesondheid is die aktiewe bestanddeel nie op die MRL lys nie.
As jy opsoek is na ’n omgewingsvriendelike insekdoder om slakke en duisendpote vir kanola, gars en druiwe te beheer, hoef u nie verder te soek nie!
PROEFRESULTATE GARS:
EcoBait het staties net so goed presteer soos ander geregistreerde produkte. Albei standaardprodukte Escargo en Speedy het ’n baie vinniger slaksterfte getoon as EcoBait. Duin- en bruinslakke wat gevoed het op hierdie chemiese saamgestelde produkte, het binne enkele ure gesterf en selde buite die 1,5-meter skoongemaakte strook onder die wingerde beweeg.
In teenstelling hiermee het die slakke wat op EcoBait gevoed het, oor ’n tydperk van dae gevrek en dikwels weer in die dekgewas tussen die rye of op die wingerdstamme beweeg waar die vrektes plaasgevind het.
Dit verklaar waarom die EcoBait laer of veranderlike sterftesyfers vir slakke in vergelyking met die ander standaard-produkte.
As gevolg hiervan is dit nog steeds baie effektief vir die beheer van slakke, maar slegs oor ’n langer tydperk en gedurende die proewe is daar geen skade aan die nuwe blare en lote waargeneem nie.